Nouja, as ‘n mens blog, is jy lief vir skryf, ne! Sommige van ons skryf oor ons gevoelens, of ons eie idees oor dinge. Sommige van ons skryf stories. Sommige van ons skryf inspirered en opbouend oor positiewe denke. En sommiges van ons het selfs ons eie e-boek uitgewery. Wat ek wel weet, is dat die Overbergers lief is vir stories vertel en stories skryf. Van die beste skrywers is Suid Afrika vind jy net hier; in die OVERBERG.Lees ook hier.
Nou is hier is storiefees vir oud en jonk, professioneel en amateur, en ek wil graag vir julle almal nooi om te kom deelneem. Trisa, met jou kennis kan jy dalk die wereld van die e-boeke vir ander verbreed, en so nuwe werk kry. Sal dit nie wonderlik wees as Chanette Paul ook haar boeke hier kom uitstal nie?
Aandag alle Overberg skrywers en bloggers en belangstellendes. Kyk asb na Ernie Mellet se skrywe en advertensie:
“Hallo almal,
Hoop dit gaan goed. Ek is darem ook weer aan die gang en sien baie uit na die Storiefees. Ons kan verstaan dat sommige van die skrywers van die Suid-Kaap dit nie sal bywoon nie as gevolg van die afstand, maar ons wil ‘n beroep doen op mense van die Overberg, Strandveld en Boland om moeite te doen om daar te wees. Dit is ‘n geleentheid waar niemand op niemand gaan neersien nie, maar julle sal vriende kan maak wat soos jy voel oor skryfwerk al mag die genre waarin hulle werk heeltemaal anders wees as waarin jy eksperimenteer.
Ek wil dus ‘n beroep doen op skrywers wat reeds betrokke is, om hierdie epos aan mense te Forward wat in bostaande area woon om hulle daarvan in kennis te stel. Ek het gehoor dat daar baie skrywers is wat in hierdie gebied afgetree het. Hulle kan gerus kom sommer om net te kom gesels of te kom luister. Daar is geen komplot om julle werk te “steel” nie; vra vir die ander skrywers wat betrokke is. Kopiereg bly joune en ons sal niks gebruik sonder om toestemming te vra nie. Dit is ook nie ploeg met ander se kallers nie; die ATKV is ‘n Nie-Winsmakende-Organisasie.
Ons sal enige tyd aan belangstellendes skrywers se besonderhede gee wat reeds betrokke is (daar is 50!) sodat julle eers met hulle kan gesels. Ons het niks om weg te steek nie. Dit is bloot outydse diens aan ‘n groep mense om hulle beter te laat presteer tot hulle eie voordeel en tot voordeel van die lesers met wie hulle hulle werk deel.
Ons moet asseblief stiptelik om 11:00 begin. Skrywers wat hulle eie werk wil voorlees, moet my kontak asseblief. ALMAL MOET PLEKKE BESPREEK TEEN 5.5.2014! Waar kry jy sulke waarde vir R30??????
Ek kan 4 Swellendammers oplaai op pad soontoe en weer terugbring. Ek vertrek 08:00 uit Suurbraak.
Mag ons van hierdie geleentheid ‘n fenominale sukses maak waar nuwe woema oorgedra kan word aan hulle wat op die oomblik vir stowwerige laaie skryf en hulle uit hulle kokonne laat bars tot voordeel van die nuwe gehoor aan wie ons hulle gaan voorstel. Kreatiwiteit het nie grense nie.
Ons sien uit om julle daar te sien.
Groetnis tot dan
ERNIE
ATKV SUURBRAAK
AMATEUR SKRYWERS BOND HOOFRAADGEWER, SKRYWER en AANBIEDER: ERNIE MELLET 079.333.0055, erniemellet@telkomsa.net
Ons help beginner- en amateurskrywers en digters
KOM LAG…EN HUIL SAAM !!!
OVERBERG STORIEFEES vir
AMATEUR SKRYWERS! (14 – 90+ jaar)
Saterdag 10 MEI 2014, 11:00 – 15:00, Van Brakelstoor (R326/R316) Caledon.
Ontmoet die land se ONBEKENDSTE SKRYWERS! INFORMEEL en GESELLIG. Skreeusnaaks tot Trane-trekkerig
BEPERKTE SITPLEK! VOORAFBESPREKING NOODSAAKLIK BY ERNIE TEEN 5.5.2014! TOEGANG: Net R30 BY DIE DEUR vir Groentesop en Tuisgebakte Brood-middagete. Graad 9-Leerders tot 90-plussers welkom. Enige gebied. Gratis eksemplaar van Trilogie van Spanning. 200 bladsye. Die ASB se eerste boek Storie Skryf is Lekker! te koop teen kosprys: R60. 232 Bladsye! Ook ander bundels en boeke teen goeie pryse.
HET JY AL OOIT ‘N AFRIKAANSE KORTVERHAAL, KITSVERHAAL, STORIE, VERSIE, RYMPIE, GEDIG, TONEELSTUK OF LIEDJIE GESKRYF? Kort jy motivering of skryfvriende?
KOM LEES JOU WERK VOOR, DRA DIT VOOR, VOER DIT OP OF SING DIT, WANT ANDER BEGINNER-SKRYWERS GAAN DIESELFDE DOEN. OF HULLE GAAN DIT AAN ONS STUUR SODAT ONS MANUSKRIPTE KAN OORWEEG OM DEUR ONS VOORGELEES TE WORD BY DIE STORIEFEES.
AS JY HULP SOEK MET JOU SKRYFWERK WAT MISKIEN IN ‘N LAAI Lê EN STOF VERGADER, STUUR DIT AAN ONS SODAT ONS JULLE KAN HELP. DIS GRATIS. ONS KRITISEER NIE. EPOS EIE WERK VERKIESLIK INARIAL FONTGROOTTE 12. ONS HELP OOK MET MANUSKRIPTE WAT JY AAN UITGEWERS STUUR OF SELF WIL PUBLISEER. DIS ONS BYDRAE OM AFRIKAANS TE BEVORDER…
SIEN JULLE BY DIE STORIEFEES !!!!
Terug pieng: Kom ons speel! | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie