Dit is Vakansietyd

Ek kyk vanoggend met ‘n skok na my bloggie. Vir die eerste keer vandat ek begin het, is hy nie eers op die lys topblogs nie. Hy het onder verdwyn, afgeval en weg. Ag nee!

Een rede is seker omdat ek meer as 2 weke laas iets geskryf het. Ou nuus maak dit nie hier in blogland nie. ‘n Ander rede is dat ek dalk bietjie voosgeskryf geraak het. My fut is bietjie uit, my idees ook en veral my passie. As mens wil blog, moet jy iets te sê hê. Iets wat ander sal wil lees. Iets wat hulle inspireer, laat nadink of laat lag. Of ‘n mooi storie. OOOOF, dalk iets wat hulle so die harnas injaag dat hulle die vingers van verontwaardiging laat trippel oor daardie keybord.

Maar dit voel my ek het nou niks. (Is dit wat met LEON gebeur het? Leon von Moltke? WAAR IS LEON??? ). Die jaar het sy tol geëis, en my so bietjie leeggetap. Miskien is daar van julle ander wat ook so voel? ( maar nie wys nie, want daar sit julle nog solid op wordpress se topblogs, Herriemerrie heel bo. Hoe kry jy dit reg  om so aktief te bly, Xena?)

Nou is dit eers vakansietyd. Die weer lyk hierdie jaar belowend, my plekkie by die see wag, dis net die werksomstandighede wat nog nie lekker wil saamspeel nie. En al is ek dalk lui met die skryf, weer dat ek amper elke liewe blog lees! Ek het mos nou ‘n blackberry , en dis te heerlik om sommer enige plek gou gou ‘n bloggie te lees. Dis al asof dit vinniger gaan as op die laptop, want ek lees nou die e-mails, nie die ware blog nie. Dit werk egter baie goed, dis net die kommentaar gee wat lol.  So, al lewer ek dalk nie kommentaar nie, ek LEES julle blogs en geniet dit. ( en soms lees ek blogs wat nie eers bestaan nie, soos bv kwessies oor grys hare…… )

Dis een van die dae Kersfees, daardie Wondertyd. Kersfees gee my altyd weer nuwe krag. Gevul met die mooiste musiek op aarde, bring die Kersfeestyd my altyd onder die besef van God se grootheid, goedheid en veral Liefde. Mag hierdie Kerfeestyd vir julle ook ‘n wondertyd van seën wees.

(Ek sou graag vir julle ‘n Jacque Lawson E-card wou stuur, maar dit kos geld. Dis egter pragtig. Gaan soek dit op Google en kyk na ‘n paar. Kunswerkies en te mooi. Nou moet julle maar tevrede wees met een van my vinnige prentjies.)

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Kersfees, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

9 Responses to Dit is Vakansietyd

  1. MaanKind sê:

    Jy is VREESLIK kunstig!

  2. seegogga sê:

    dankie Maankindjie, jy moet net se as ek prentjies vir jou boeke moet teken!

  3. Toortsie sê:

    Liewe Seegogga, ek wens vir jou ‘n FANTASTIESE vakansie toe… Ja, die kwessie oor die grys hare, ek was bang ek trap om tone!! 🙂 Toe jy nou die dag so iets soets gesoek het, het ek ‘n tjoklit gaan aflewer by jou strandhuis, maar daar was geen mens nie, toe eet ek dit self op!! 😯 Rus lekker, jy het ‘n rowwe jaar agter die rug! En ek hoop dit werk vir jou so dat 2012 ‘n NUWE jaar met ‘n NUWE begin is, dat die OU NARE DINGE van 2011 saam met 2011 begrawe sal word! Geseënde Kersfees!

    • seegogga sê:

      Ag, neeeee! Ek sien nou eers ek het ‘n tjokilit en ‘n kuiertjie gemis! Maar as die alles goed gaan is ek Desember weer daar, en dan moet jy tog asseblieftoggie vir my nog ‘n tjoklit bring. Ek sal die koffie maak..

  4. Kameel sê:

    Kersfees het gekom en gegaan, en nou lees ek eers hier en sien die pragtige tekening. Soveel talent!!! Mag die nuwejaar vir jou ‘n jubeljaar wees; gevul met oorvloed uit God se hand.

  5. Terug pieng: Om te copy en paste | Seegogga se Bloggie

  6. Terug pieng: kersfeespresent, kerskaartjie en Kerswense | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s