Liewe blogvriende, dis nie dat ek lui is nie, regtig! Ek het gisteraand laaaank getik. Sien ek het besluit dat ek ‘n brief kort in my Ma se seksboek. ‘n briefie oor saambly voor die huwelik. By die volgende uitgawe( as daar ooit so-iets is), wil ek dit byvoeg.
In elk geval, so swoeg en sweet ek en tik en tik en tik oor (elke tweede letter tik ek mos verkeerd- verkeerde letter, hoofletters ipv kleinletters en vice versa ens) en uiteindelik, lank na middernag, is hy klaar. Ek publiseer. Ek gaan kyk oudergewoonte op my blog of die foto en geskrif darem ok lyk…
WAAR IS MY NUWE BLOG??????? HY IS WEG!!!!!!! Ek soek en kyk. Ag nee!!! Deesdade is ek mos by ‘IETS OM TE LEES” ook! My seksboek , brief 25 staan kordaat hier by iets om te lees! Gelukkig is dit in die vroee oggendure- die tyd wat normale mense slaap, dus sal niemand my flop raaksien en dink ek is verwaand nie. Maar hoe om die ding oorgeskuif te kry na Seegogga se Bloggie? Copy en Paste wil nie werk nie. Ek sien ook nerens ‘n funksie wat so ‘n opsie bied om ter skuif na ‘n ander blog nie. Ek sien actually ook nie die draft opsie nie, wat ek op ou einde gedink het sal werk nie. Daar is net een opsie : Move to Trash.
Ek oorweeg en dink. Dis nou nadat ek al seker ‘n driekwartuur gesukkel het. Sal ek dit eers uitprint? Maar my ink is so te se op, en dis baie laat. Selfs ek begin nou vaak raak. Ai is daar nie erens ‘n SAVE of MOVE TO DRAFTS nie? Ek druk huiwerig die knoppie en weg is al my harde werk! Waar is die undo? Waar is die recycle bin? Moet ek nou alles oordoen en uitdink?
Miskien is dit nou eers slaaptyd. Dis al weer die volgende nag . En die dae is dol. Dis tyd om te gaan vakansie hou soos almal hier rond. Die see roep, al was hy vandag stormagtig en koud. (Die Transvalers verstaan mos nie dat die see eintlik op sy mooiste is as hy so rof en omge-ellie is nie. Dis dan wanneer jy in vervoering staan oor die ongelooflike bruisende krag van die groot blou dam.)
Dis tyd om vireers die rekenaar toe te maak en die seewind deur my hare te laat waai en die klam soutlug op my lippe te voel. Toorsie is klaar daar. Girl kom een van die dae. Liewe vriende, as ek nie nou tyd kry nie, volgende jaar dan!
Hou julle almal lekker vakansie en ‘n baie Geseende Kersfees aan almal!
Hi. Ek het gaan kyk by boekensie se “trash”. Hy le daar. Ek dink ons moet by die merrie gaan aanklop vir hulp. Want jy kan net die trash-items heeltemal uithaal of restore. So, restore hom een keer en dan “copy” jy dit, en dan delete jy dit weer. Maar daar was vandag ‘n nuwe brief in ons wordpress – iets dat jy ‘n skryfsel sommer direk op ‘n ander blog kan sit. maar ek weet nog nie lekker hoe dit werk nie. Maar… die goeie nuus – dis nie heeltmal weg nie!! 🙂 En terloops, dit het MY ook al oorgekom!!
Ek dinnk dit is soos as mense jou vertel om te KAN yskaats moet jy eers hard val.
Nou die ding hierbo het ook al met ek dink meeste indien nie almal gebeur nie.
Skryf vir ons nog ‘n lekker storrietjie ons sal geduldig wag tot die ander een gered kan word.
Happy new year!!! Ons kyk uit vir ‘n ietsie…. na so ‘n vakansie is daar mos BAAAAAIIIIE nuwe inspirasie, of hoe??
9 Januarie 2011. Hello Seegogga. Hoe gaan dit???
Hallo Toortsie, sukkel nog om terug te kom werklikheid toe! Maar more begin die nuwe jaar! Ek hoop dit gaan goed met jou ook!