Liewe land, die tyd vlieg. Dis middernag( amper) en ek sit en ginnegaap en blogs lees. Dis nou nadat ek ‘n regte Desember-rush dag gehad het. Dit gaan elke jaar hierdie tyd so in die raambesigheid en ook die huisverhurings. Maar nou, hier skuins voor slapenstyd, is dit eers tyd vir blog lees – tog te heerlik.
So lekker slaap en weet: Dis amper Kersfees!
Besig, besig, beestig!!! 🙂
Hoop jy kry ook ‘n paar dae ruskansie
Een vd dae Toorts, le ek met my nuwe baaibroek by die seekoeigat en wie weet/ miskien sien ek jou daar!
Ai ek kort ook n nuwe baaibroek!
mmmm snuffel rond! Maar nuut of oud, moenie vergeet om hom aan te trek nie!