Die jongerige nagemaakte Kersvader haal ‘n vergeelde foto’tjie uit sy sake n wys dit vir die GOUE VROUE.
‘n Mooierige meisietjie met lang blonde hare en ‘n outydse somerrokkie loer skaam na die kamera. “Dit is my Maria”, sê hy sag. “Ek is Josias. Maria se pa was nie tevrede dat sy op my, ‘n ou wat na matriek gaan werk het, verlief was nie. Hy was ydel en het geglo dat sy dogter met iemand met meer sosiale aansien moes trou – iemand soos ‘n dokter of ‘n advokaat of ‘n ding. Dis was deels omdat hyself finansiele probleme gehad het en gehoop het ‘n ryk skoonseun sou die problem oplos.
Ag as ek maar na Maria gaan soek het!
Hy het haar net oornag in die motor geboender en na Kaapstad lughawe geneem. Daar het hy haar op die vliegtuig gelaai – al die pad woestyn toe. Jy sien, ‘n ryk oliemagnaat het ‘n oog vir ‘n mooi meisie gehad, en Maria se pa het vir hom ‘n foto gestuur……
Ai, my arme Maria! Die oliemagnaat was goed vir haar en het haar oorlaai met geskenke en juwele, maar Maria se hart was mos by my.”
Hy laat sak sy kop in sy hande. “Sy verdien nie my liefde nie. En nou kan ek haar nie eers red nie! Wat kan ek tog doen?”
‘Dis verskriklik, Josias! “Die goue vroue kloek en koer.
‘Wag nou eers Josias, WAAR in die woestyn?” Vra VirgoC prakties.
“Arabië. “Hy sug.
Ek het ‘n niggie in Arabië!” Seegogga spring opgewonde op en af – “Sy is die butler by ‘n koningsgesin! Ek whatsup haar sommer nou dadelik.”
Arabië in ongelooflik groot, né!” sê VirgoC, maar sy gryp ook na haar sel. Die twee tik en stuur stemboodskappe en Google, en nie lank nie, toe is Maria gevind. Nie in Arabië nie, maar in Sasolburg! Sy en haar oliemagnaat is in Suid Afrika op besoek aan Sasol wat mos olie uit steenkool vervaardig en wat ook die groot olierafinadery daar het. Op 31 Des vlieg hulle terug . Maria wil nie saam terug nie, maar as sy nie betyds gered word nie…..
Die Goue vroue wonder oor die regsaspekte. Maria is sekerlik die wettige vrou van die oliemagnaat? Nee, verseker Josias hulle. Hulle het nooit wettige kontrakte opgestel nie. Maar hy het 3 wagte wat Maria “beskerm” sodat sy nie dalk ”verdwyn “ nie. En Maria is steeds ‘n Suid-Afrikaanse burger!
Nou gons die Goue vroue se koppe behoorlik Maria moet vinnig gevind word. Sasol is darem nie so ver nie. Maar dies wagte moet skadeloos gestel word. Maria moet gered word. En sy moet vining van die aarde af verdwyn sodat die oliemagnaat haar nie vind nie. En Kersvader moet dringend sy slee terugkry!
“Coerier guy!” Roep Toortsie.
“Of Kersvader!” Sê. Woordnoo!”
“TOORTSIE SE Tiramisu!” Roep Seegogga.
“Kameel se rooi stiletto’s” roep Una.
Die goue vroue se koppe werk oortyd. Daar is een dag oor voor Kersfees. Almal wil graag by hulle gesinne wees. Maria moet gered word. NOU!!!
Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en onverklaarbaar. As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/1109950914194acc97921a784266b3ec
Jongie,Kersvader begin klink na ‘n Griekse tragedie! Ek wonder wat sal Kerfie hierop te sê het!😃.Gelukkig het ons ‘n klomp verbeeldingryke bloggers wat sin sal maak uit hierdie spul boghers!
Dis nou weer ‘n hele nuwe kinkel in die kabel! Gelukkig is daar Goue Vroue wat blitsvinnig dinge gedoen kry.
Hierdie Appeltjie sal due ding doen, hoop ek!
Sjoe Seegogga! Dis nou ‘n ding, maar hierdie ou het op die regte plek kom hulp soek, dit kan ek jou waarborg!
Seegogga, daar kom tower jy weer vir ons ń heerlike hoofstuk op!
Ag lekker, ons moet gaan red.
Van Arabie na Sasolburg, genade dis ń ding.
Toe ek op Sasol gewoon het het die Perse die raffinadery daar kom bou en die Shah vsn Persië het dit kom besoej- ek dink om dit te oprn. Di fis glad nie so vergesog soos dit klink nie.
Wouw, ek het dit nie geweet nie
Dit waS eintlik n baie dramatiese tyd in Sasol se gesk. Want die Iere het ook kom bou en toe baklei die Perse en die Iere. Die enigste hotelkroeg het soms saans soos die in die wilde weste gelyk. Dus net de cowboy hoede wat ontbreek het, maar die gebreekte bottels en ouens wat lights out lê, was dieselfde.
Julle Goue Vroue weet net hoe om n storie aanmekaar te sit dat dit klink soos n draaiboek vir n moewie!!♥️♥️