‘n Jaar is verby – dis Desember, Kersfeestyd. Ek vra myself af: Waar het my bloggie heen verdwyn? Wat het gebeur dat ek opgehou skryf het? Baie aande het ek hier gesit en dink ek moet ietsie skryf – maar wat? En hoe langer die tyd verbygegaan het, hoe minder het ek geweet wat.
As mens so lanklaas iets gesê het, moet jy tog iets belangrik sê as jy weer begin, en daarom word dit al moeiliker en moeiliker om weer te begin. Van uitstel kom afstel sowaar.
Ek verwonder my aan Toortse, Kameel en al julle ander wat van krag tot krag gaan. Toortsie het selfs ‘n boek aan die kom en haar kop loop oor van idees. Myne loop leeg.
Ek het onlangs vir Amos vd Merwe ontmoet. Waar kry hy die tyd om die pragtige boek, ‘KLEUR’ oor Randall Wicomb te skryf , en nog sy lieflike ROLBOS stories ook te blog?
As jy wil skryf, is die beste oefening natuurlik om elke dag te skryf. Skryf skryf, maak nie saak wat nie. Dus skryf ek nou hier, maak nie saak wat nie. Eendag sal daar weer doel in die skryfwerk kom. En dan sal ek julle vertel van nog engele op my paaie – die aand toe ek die bok getref het , miskien ‘n boekresensie of twee, en die storie van die juffrou en Lawrence, wat ek nog altyd wou vertel, en die ou storie van Struisbaai se pelikaan en natuurlik verder werk aan ouma se bababoek.
Maar nou is dit eers somer, son, see en wasgoed- berge en berge wasgoed, huurders, besoekers, familie.
Daarom wens ek almal van julle ‘n baie geseende Kersfeestyd toe – ‘n Tyd wat gevul is met Goddelike Liefde en Vreugde. Mag dit met julle almal baie goed gaan.
Ag en gee tog asseblief vir my Stille Nag se pragtige ou ( regte) woorde terug!
Pragtig! Dankie Seegogga vir so ‘n oulike briefie aan ons almal. Ja, ek glo goed hier wag ‘n besige tyd op jou.
Ons is al klaar nuuskierig oor die bok en die storie oor die juffrou en Lawrence. Lekker feestyd vir jou ook.
Dankie Spokie! Geseende Kersfees!
Dis ‘n besige tyd wat voorlê vir vrouens,met familie wat kom vir die vakansie.Sterkte en geniet die kosbare tye saam met geliefdes en vriende.Hoop om volgende jaar interessante stories uit jou pen te lees!
Dankie Perdebytjie, Geseende Kersfees vvir jou ook.
Ek self bevind my in stil waters, kry nie iets lekkers om oor te skryf nie, en ek voel ek kan my nie dwing nie, dan kom alles so onnatuurlik uit. Gesend vir jou en joune ook.
So gaan dit soms, Lewies! Seenwense!
Dankie. Net gister, terwyl ek ‘n ou blog soek, besef ek dat daar heelwat bloggers, net verdwyn het. Wat ‘n jammerte, maar as die lus ontbreek, is daar nie ‘n uitweg nie. Geseënd vir jou ook.
Soms dink ‘n mens….wat is to die doel? maar om te blog het eintlik baie doele! Seenwense!
Ek geniet dit! Nie dat daar iets blywends te voorskyn kom nie, maar tog…..
dis die belangrikste doe- om dit te geniet!
So ontdek my seun ‘n klomp ou Springbok pkate en speel draaitafel toe hu en Oupa die garage regpak. Nou hoor ek hom Gé se liedjies sing in die stort…
ha ha! Mooi bly mooi
Terug pieng: We did it! | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie
Ek dink nogals, soos jyself sê, deur te skryf raak dinge los in jou kop, en raak dit makliker?
Seegogga, wanneer die idee in jou kop is, los dadelik waarmee jy besig is, en SKRYF!
Dis wat ek doen! G’n wonder die ander goed kom nie klaar nie, want sien, as ek dit nie dadelik skryf nie, is hy weg, weg weg! Hy kom nooit weer terug nie.
Dit is lekker om weer van jou te hoor. Ekself sukkel om weer aan die gang te kom….. net vanoggend gedink wat de hek, hoekom skryf ‘n mens nou eintlik. Die vakansie het my baie lui gemaak 😯 Ek onthou nog jou mooi vertelling oor die juffrou en daardie seun. Glo daar is nog baie dinge wat jy met ons kan deel. Geseënde 2016 vir jou.
Ek geniet jou skrywe sooo! Kameel. My dogter het vir my gevra om herinneringe neer te skryf en ek is vasbeslote om hierdue jaar meer produktief te wees al voel ek dikwels nes jy. Ek glo as ons eendag ni meer daar is ni sal d kinders wel lees en waardeer. So keep up the good work asb!
Dankie seegogga. Moet met Scrapy se nuwejaarsvoorneme begin….. en het voorwaar lus verloor vir alles. Kan nou nie sê ek sal maar pen en papier nader sleep nie…. maar laat ek sien of vingers op die sleutelbord iets uit my kan trek.
Ai. Ek doen ook nie die Scrappie ding nie, naar lees graag ander se scrappie sjrywes.Gaan maar aan so op die Kameel manier!