(Hierdie is die eerste deel van ‘n Nuwe avontuur vir die Goue Vroue. Daar is n moord gepleeg. Daar is n pragtige meisie. Daar is…. Om hierdie vervolgverhaal te volg, klik hier.
https://fresh.inlinkz.com/p/54c7705c5c9f46fa95a041857eac2e89
Seegogga klim met moeite in haar hangmat. Sy weet sy moet die Goue Vroue om verskoning vra. Hulle sit oorgehaal vir haar en wag. Wag vir ‘n Nuwe Avontuur. Nuwe Lewe, Nuwe Storie. En dis sy wat dit voorgestel het, maar hier lê sy nou leë hande, leë kop, leë blog.

“Nou wat is dan die probleem, Seegogga,” vra Una simpatiek. “Die meisie was hier in my gastehuis in Mosambiek– alléén! En ons weet nie wat gebeur het nie! Want hulle het vir twéé bespreek!”
“Knope”, sê Seegogga en sug.
‘Knope?” Frannie frons.
“Duisende en duisende knope!” sug Seegogga.
Die Goue Vroue kyk bekommerd na Seegogga.
“Is sy besig om haar varkies te verloor?” vra Woordnoot saggies vir Toortsie.
Toorts, Trommeltjies en Aalsie begin lag. “ek het hulle gesien,” sê Trommels. “Duisende!”
“Nee, sy was maar altyd so ‘n bietjie…, maar hierdie keer is dit die VLV wat haar op kommandeer het!” lag Toortsie
‘Ek moet ‘n prent met knope maak!” blaker Seegogga dit uit. “Het julle al so-iets laf gehoor? En dis nie al nie. Ek moet die ander Vlv mense leer om dit te doen, en ek het dit self nog nooit gedoen nie. EN DIS NIE AL NIE! Ek moet op die inligtingsdag vir die hele Overberg knoopbehebtes gaan staan en inligting gee en tegnieke en moets en moenies oor knope kuns – oor iets wat ek self nog nooit gedoen het nie. En om knope te kan plak moet jy knope hê – duisende en duisende…en
“ Hulle moet uitgesorteer word volgens kleur, “ las Trommels.
“Want ons weet Seegogga kan dit doen” sê Aalsie vrolik en sonder enige skuldgevoel. Sy is mos op die VLV bestuur en hulle het so onder mekaar besluit om Seegogga in die werk te steek.
“Nou weet julle” sug Seegogga. “ Maar wag, iets anders: het Frannie nie Amerikaanse Burger geword nie?”
Die towerinne lag en gesels en wens vir Frannie geluk. Nou woon twee Goue Vroue in Amerika, een in die Ooste, een in Nieu Zeeland, een in Mosambiek en die ander in Suid Afrika. Frannie haal haar vrugtekoek uit. Una skink vir elkeen ’n wyntjie.
“Gelukkige nuwe jaar! “ Toortsie lig haar glasie.
“Lank lewe die Goue Vroue!”
Seegogga se selfoon se liggie flikker. Sy kyk na die skermpie en frons. “Julle, ons het ‘n probleem. Daar is ‘n lyk ontdek! In ‘n gastehuis in die Overberg. En hy is vermoor. En sy verloofde het verdwyn”
“Ag nee”, sê Aalsie. ”Daar gebeur mos nie sulke goed in die Overberg nie!”
Una word bleek. “ Die meisie wat alleen na ons toe gekom het… sy was verloof. Dink julle….”
“Ek dink ons moet ondersoek instel. Ek sal solank ‘n inlinks skep. Seegogga, vind asseblief uit wat gebeur het. Una, vind bietjie meer uit oor die meisie.” Toortsie is dadelik saaklik.
Die Goue vroue vergeet om hulle wyn te drink. Elkeen is besig met haar eie gedagtes. Volgende week gaan almal saam met Seegogga, Toorts, Trommels, Aalsie en Appeltjie Overberg toe. Die moord moet opgelos word sodat die Overbergers weer kan onspan.
Seegogga dink aan haar knope. Sy sal dubbelspoed moet werk, want as die Goue vroue eers hier is….






















Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.