Goue Vroue hou partytjie op Rebus

Seegogga sloeg die trappies uit na haar bont stoepie toe. Sy vryf Blommetjie se bont kop in die verbygaan. Jy het ‘n bietjie optouch nodig, dink sy. Sy was lanklaas in haar lewe so moeg. Sy val byna letterlik in haar hangmat in.

“Uiteindelik” sug Seegogga gelukkig tewyl sy in die warm sonnetjie lê en wieg. ‘n Salige gevoel spoel oor haar. Sy is weer tuis. Sy sluimer byna dadelik in.

Die son sit al laag toe sy wakker word van ‘n vrolike gelag en gesels.  Dis die Goue Vroue! Almal sit op haar stoepie met glasies in die hande. Hulle het vrolike sarongs aan.

Una lê sommer op die stoep op haar pienk lilo. “Jippie! Hier is Seegogga darem uiteindelik met ons,” lag sy.

“Ja, ons het gedink jy gaan tot more toe slaap,” sê Woordnoot.

“ En ons het ‘n partytjie om te hou,” roep Aalsie almal tot orde.

Seegogga sit opgewonde regop. Alle moegheid is weggeslaap

“Ek weet! Ek wag al hóé lank hiervoor. ‘n Lentepartytjie om Scrapy te verwelkom op Rebusfontein!”

“Moenie Lolla vergeet nie!” sê Positief.

“Ja, Lolla moet ook verwelkom word! Is jou huisie al klaar, Lolla?”

Amper heeltemal,” sê Lolla trots. Die goue vroue kloek gelukkig. Hulle het die vreeslikste rit gehad om op Rebus uit te kom, maar hier is hulle nou, almal veilig en gelukkig. Alle sorge is weg. Die Goue Vroue gaan party!

“Ek dink ons kan dalk ‘n safari- ete op Rebus hou,” sê Seegogga. “Ons stap van huisie tot huisie en kuier by elkeen van ons. By elkeen van ons kyk ons na iets spesiaal wat ons saamgebring het Rebus toe, ons eet of drink iets en elkeen gee vir ons ‘n reseppie.  Wat sê julle? Of as julle lus is, kan elkeen net ‘n lekker gereg en lekker musiek bring en ons hou makietie op die dorpsmeent.  

“En elkeen bring ook sommer sy resep saam . Op die ou einde kan ons dalk eendag ‘n Goue Vroue Rebus kookboek uitgee . Wat sê julle?” Toortsie is vol entoesiasme.

“Ek kan dalk ‘n reseppie van die verre Amerika af saambring!” Sonell knik haar kop entoesiasties.

“Eintlik is ek beter met skilder, maar ek sal probeer,” sê Ek myself.

“Selfde hier” beaam Seegogga. “Maar gelukkig flop niks mos op Rebus nie!”

“Gelukkig!” beaam almal vrolik.

Frannie vat ‘n slukkie van haar wyntjie. “Solank VirgoC nie weer haar groen blaar eksperimente saambring nie”, mymer Frannie.

” Wel, dis baie gesond. Hulle het darem nie iets oorgekom nie,” verdedig VirgoC en almal giggel en herleef weer die héérlike ABBA partytjie.

Kameel lag lekker. “Watter musiek gaan julle bring? En hoekom?” En gaan ons dans? Erens in my kas staan daar nog ‘n paar rooi stilleto’s wat Camilla eenkeer gedra het”

*O lekker!” Trommeltjies haal ‘n paar danspassies uit.

“Gelukkig tel ouderdom nie op Rebus nie”, lag Scrapy, Hier is ons mos net so oud soos ons voel!”

“Ons vier sommer jou verjaardag ook, Scrapy! Baie geluk!”  Christa staan op en swaai Scrapy in die rondte.

“Mense, dan is dit nou amptelik. Elke persoon bring iets lekkers te ete en te drinke na die meent toe. En ‘n lekker musiekie. En sommer ‘n resep ook. En iets spesiaals uit jou rebushuisie as tafelversiering, of wat julle graag vir ons wil wys.” Appeltjie.

“En dan party ons!” sê Seegogga en lig haar glasie. “Op Rebus!”

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories, goue vroue, Los opdrifsels, rebusfontein, perfect day, vriende, nostalgie, rhebusfontein, Vertelling: Die Juffrou en Lawrence and tagged , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Goue Vroue hou partytjie op Rebus

  1. woordnoot sê:

    Ek is so bly om hier te wees!!!

  2. Una sê:

    Hemels, dis al wat ek te sê het. Hemels.

  3. Toortsie sê:

    Jippieeee! Happy days are here again!

  4. O, ek is sooo bly ons is almal hier!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s