Saamskryf is lekker: Die towerinne en die goue vroue se saamskryfstories op een blog en opgedateer in Oktober 2022

Dit was vir my’n wonderlike ervaring om deel te kon word van ‘n groepie bloggers wat begin saamskryf het aan ‘n gemeenskaplike verhaal.

Dit het spontaan gebeur deur mense wat mekaar meestal glad nie ken nie, en die resultate was skreeusnaaks – spesiaal vir die deelnemers, maar ook hopelik en waarskynlik vir almal wat saamgelees het. Kameel het die idee gegee, en Hester was so oulik om dit op inlinks te plaas.

Dis nou al geruime tyd dat ek die behoefte voel om al die links in een blog te plaas sodat mens maklik by die stories kan uitkom en jou nie dood hoef te soek na watter stories daar beskikbaar is nie.

Dit werk so: Elke storie het sy eie link. As ‘n mens daarop klik, sien jy al die hoofstukke van daardie storie in volgorde. Elke hoofstuk is deur ‘n ander blogger geskryf, en hy moes voortbou op dit wat die persoon voor hom geskryf het, want dis mos vervolgverhale.

‘n Mens klik dus op die eerste hoofstuk, lees dit, asook sy kommentare, en gaan dan terug deur die link weer te klik om die tweede hoofstuk van die storie te lees, ens. Die link word ook by elke hoofstuk deur die skrywer gegee, sodat ‘n mens slegs daarop hoef te klik vir maklik teruggaan om die volgende hoofstuk te lees.

Dis baie belangrik ( veral in die eerste twee boeke), om die kommentare van die deelnemende bloggers te lees, want in die eerste twee boeke het die storie sommer aangegaan in die kommentare. Later het ons besluit dat die storie slegs in die blogs moet oorgaan en nie in die kommentare ook nie.

Hier is dus ‘n paar van ons stories.

DIE PERFEKTE MISDAAD

Die perfekte misdaad. In hierdie storie speel ek net saam in die kommentare. Die storie gaan nogal woes en wonderlik voort in die kommentare en as jy nie elke kommentaar ook lees nie, gaan dit soos ‘n groot deurmekaarspul klink. Maar dit is nie! Hester het heel op die einde die wonderlike storie in verkorte vorm in ‘n boek saamgevat. Ek dink steeds dat dit ‘n wonderlike slapstick comedy fliek sal uitmaak, veral tesame met die volgede storie. Klik hier: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

Die Voortvlugtiges. Na die perfekte misdaad, moes almal wegkom sodat die perfekte misdaad perfek kon bly! Klik hier om die storie ( en die kommentaar! ) te lees. http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965

Hester het ook hierdie storie in boekvorm verwerk https://www.hesterleynel.co.za/2018/04/15/die-voortvlugtiges-ons-het-n-boek/

woman in black leather jacket sitting on blue and white suzuki gsx r

Kaleidoskoop Toe begin die avonture van Nellie. http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999

Ons het onder andere ook spookstories vertel. http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=749932

Kuiersafari. Nie lank nie, toe toer ons die land vol met ‘n giggelgroen bus! Daar gebeur allerlei wonderlike avonture op hierdie kuiersafari! http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Vuurvliegie gee vir ons almal ‘n wonderlike geskenk: ons eie dorpie, Rebusfontein! Hier beleef ons wonderlike avonture

langatfel

Ons hou ‘n dinee. https://fresh.inlinkz.com/party/f3a95533873d4e39950509a1af369d8a

Hierdie dinee trek selfs internasionaal aandag! https://sevencircumstances.com/2019/09/29/what-is-it-about-rebusfontein-and-the-king-louis-viii/

Sirkus op Rebusfontein.Ons oefen hard vir Barnum se sirkus: https://fresh.inlinkz.com/party/556868f82eae403d9143258e74ee97b1

20190905_092756.jpg

Ons hou ‘n kunsuitstalling op Rebusfontein: https://fresh.inlinkz.com/party/ea9c1f40af104092b8ababac55311c85

Die vervalle biblioteek, is vir my ‘n baie mooi storie. Ons los moorde en liefdesintriges op toe ons die geheim van die Biblioteek ontrafel. Dit is regtig ‘n spannende verhaal binne-in ‘n verhaal. Dis vir my ‘n Baie mooi storie. https://fresh.inlinkz.com/party/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313

Die Towerinne en Corounamouna. En toe kom Coronamouna en die Towerinne stel haar onskadelik. https://fresh.inlinkz.com/party/c0342166738644c9875c54b4f5669017

Die VVVTT. Daarna het die uitgeputte Towerinne op ‘n wereldtoer gegaan met ‘n vlieënde tent, die VVVTT. https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

Daarna is die Goue Vroue met die haasgat af, besig om Alice in wonderland te herskryf en elk moes ook noem hoekom die goue vroue elkeen ‘n goue vrou is – ‘n feeverhaal sonder weerga Hierdie verhaal is ook in n gratis e-boek beskikbaar. https://fresh.inlinkz.com/party/18c42a9034594a66af50994043145ea6

Daar het egter dramas gebeur toe Vuurvliegie ons inlig dat Rebusfontein verdwyn het. Ons het gaan red wat te redde is, die Towerinne word Goue Vroue en toer toe verder: https://fresh.inlinkz.com/party/2bf73617bd9249a48498418c9d7134f3

Die Towerinne, of te wel, die Goue Vroue, het al ‘n lang pad saam geloop. Sommige het langs die pad afgedraai, sommige het langs die pad bygekom. Maar dit is vir my ‘n absolute voorreg en ‘n heerlike avontuur en ‘n groot uitdaging om deel van hierdie skryfgroep te wees. Ek hoop daar kom nog baie stories en ek hoop ons kry dit steeds reg – om lekker meesleurende stories te skryf wat ander ook graag sal wil lees, maar veral wat ons self geniet om te skryf.

Daarom gaan ek hierdie lys hopelik van tyd tot tyd aanvul en verander. Sodat ek, as ek die dag wil terugkyk, sommer maklik by ons spesiale stories kan uitkom – en die van julle wat hier lees , maklik by die stories kan uitkom.

Intussen het daar toe wel ‘n hele paar stories bygekom, wat ek graag hieronder noem.

Die goue vroue moes vir Kersvader help.

https://fresh.inlinkz.com/party/1109950914194acc97921a784266b3ec

Die Goue Vroue trek terug Rebusfontein toe en Blommetjie verander van kleur.

https://fresh.inlinkz.com/p/e510564f63d7492b9d9a4654518443af

Hulle verken ‘n ou kasteel: 6640e82546594147b4ef78a3de36e871

en dan gaan hou hulle ‘n absolute heerlike Abbapartytjie op Rebus, kompleet met ABBA, DIE WARE JACOB sowel as Pierce Broseman. Julle kan gerus due prettige storie lees en die mooi musiek luister.

https://fresh.inlinkz.com/party/7978d243e406473ca23727d75a9a2a46

EN Toe…toe beland ons mos in ‘n woeste Jumanji speletjie

https://fresh.inlinkz.com/party/222c461d2afc4999aca03fa567cd84ea EN DIE ADRENALIEN VLOEI! -Hierdie Jumanji-speletjie is ook as gratis eboek beskikbaar.

Klik hier om ons 2 gratis d-boeke te kry.

https://www.smashwords.com/profile/view/seegogga

Daarna het ons ‘n naelkou avontuur in die buitenste ruimte beleef en dat ons weer op moederaarde is, is net genade. Lees dit hier:

https://fresh.inlinkz.com/party/79fb483b044a4b0dab3c502f946aa123

Gelukkig was ons betyds om Camila en Lorenzo se sprokiestroue bly Lakc Como in Italie by te woon, maar nie sonder drama nie, ne!

https://fresh.inlinkz.com/party/7e01efcc06e4463da97c16ec33eb9429

Ons het daarna gedink om ‘n vreedsame toer deur Suid Afrika te onderneem, maar helaas…

https://fresh.inlinkz.com/party/58bfda52c1464dd6bd728872e5955344

Daarna het ons regtig ‘n vakansie nodig gehad – wat van ‘n trippie op Camila en Lorenzo se luukse seiljag? Hoe moes ons nou weet dat koning Neptune ander planne gehad het en dat dit ‘n geveg om oorlewing sou word? https://fresh.inlinkz.com/party/a844ec34c0574957a27ccdce16e2a94d

Die lewe gebeur daar waar die Goue vroue is, en werklikheid en fantasie kom al nader en nader na mekaar – en ons geniet dit vreeslik. Lees gerus van die interessante oggendtee een oggend hier op Bredasdorp.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in blogspeletjie, feeverhale en ander stories, goue vroue, Los opdrifsels, rebusfontein, perfect day, vriende, nostalgie, rhebusfontein and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

26 Responses to Saamskryf is lekker: Die towerinne en die goue vroue se saamskryfstories op een blog en opgedateer in Oktober 2022

  1. Dis ‘n wonderlike opsomming, Seegogga! Dankie vir al jou moeite.

  2. Seegogga, ek het ook langs die pad ingeval, by die sirkus. En ek geniet die stories so. Vir my was die kommentaar altyd amper lekkerder as die saamskryf.

  3. Una sê:

    Dankie Seegogga, hierdie is regtig ń geskenkie van jou af aan ons. Ek raak soms moeg gesukkel om by ons stories uit te kom, en nou het jy die probleem opgelos.🥰

    • seegogga sê:

      Ek het ook so gesukkel. Daar is nog ander lê jou eiers ook, maar hulle vervolg nie so op mekaar soos hierdie stories nie. Laat weet asb as ek iets moet bysit.

      • Una sê:

        Ek sit nou eers weer van ons stories en lees. Wat ń ongelooflike tyd het ons nie as towerinne saam beleef nie, Seegogga! Ek het alweer ń traan moes wegpik. MAAR… die goue vroue is besig om nou oor te neem, and I absolutely love it! Met dit wat ons deur is, is almal nog meer op mekaar se goeie punte ingestel, maak almal nou éérs ruimte vir mekaar. Daar het ń nuwe omgee bygekom, en dis SO te verstane. Ek sê weereens dankie vir jou kophou en bymekaarsit.

      • seegogga sê:

        Kan jy glo dat ons al van 2017 af saamskryf? Die eerste vevolgverhaal, die Pefekte misdaad, is in FEBRUARIE 2018 begin. Dis al meer as 3 jr gelede! Ek dink ons het almal baie gegroei in hierdie tyd.

      • Una sê:

        Ek stem saam, Seegogga. Hierdie is ń woderlike platvorm vir ons klompie om onsself op uit te leef. Ons het sowaar al heerlike herinneringe opgebou!

      • seegogga sê:

        Sowaar, Una! Onvergeetlike herinneringe! Lekker memories om op die ouetehuis se stoep te sit en lees!

      • appeltjie sê:

        Is alice se laaste hoofstuk al geskryf?

      • Una sê:

        Ek weet nie, Appeltjie, jy vra my nou vas.

      • seegogga sê:

        Nie waarvan ek weet nie

  4. Letty-Ann sê:

    Dankie,Seegogga.Nou is ons nuwelinge beter ingelig. Wat ‘n skrywersondervinding tot dusver! Mag dit nog lank voortduur en nóg mense inspireer.

  5. appeltjie sê:

    Dankie hiervoor. Dis n wonderlike idee

  6. Anne-Marie, ek sien in jou blog sê jy onder meer: “Dis nou al geruime tyd dat ek die behoefte voel om al die links in een blog te plaas sodat mens maklik by die stories kan uitkom en jou nie dood hoef te soek na watter stories daar beskikbaar is nie.” Ek weet jy het ‘n bietjie later by ons aangesluit destyds toe die Lê-Jou-Eier uitdagings al ‘n rukkie aan die gang was, dus het jy dalk nie besef dat daar wel ‘n volledige ‘register’ is van al die uitdagings en vervolgverhale nie. Dis hoekom ek jou wil verwys na my blog https://www.hesterleynel.co.za/2017/08/22/le-jou-eier-hoe-neem-ek-deel/ waar elke uitdaging (insluitende vervolgverhale) gelys is in datumvolgorde en met die InLinkzskakels daarby. Dis ‘n volledige lys van alle uitdagings vanaf Augustus 2017 tot Julie 2020 wat die naslaanwerk heelwat vergemaklik. Onthou ook dat die e-boeke beskikbaar is op https://www.hesterleynel.co.za/booktalk/ waar dit afgelaai kan word in MOBI, EPUB en PDF. Voel vry om die inligting te versprei en gebruik soos wat jy wil – daar is baie goeie herinneringe daarin opgesluit en goeie stories moenie verlore gaan nie 😄 Groete.

  7. Toortsie sê:

    Hierdie is nou sommer ‘n oulike idee van jou om al ons stories op een blog te skryf. 🙂 Ek sal dit beslis op my Facebookpage ook sit.

  8. Terug pieng: Die Towerinne toer al weer – toortsie.com

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s