abba party

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.Volg skakel https://fresh.inlinkz.com/party/7978d243e406473ca23727d75a9a2a46 om by die Inlinksblad te kom waar al die stories in hierdie reeks gelys word.

Ek staan voor die deur met my bootse, bell bottoms en lang gekrulde hare. Die musiek syfer deur die deurkosyne, dIe oop vensters en vul die aandlug.

Bekkie, my ringnek, slaap lankal , maar langs my staan Blommetjie, Kameel se bont koei en wieg op maat van dIe musiek. Ek en sy het n kleurvolle band opgebou, met groovy psychedelic kleure en ‘n spesiale verstandhouding van swaarkry tot lekkerkry maak.

Jebo, Yes! Ons is reg vir die ABBA Party! En hier maak tannie Frannie die deur oop! Una roep ons ‘n welkom toe, maar Toortsie voulez-vous vir ‘n vale.

Toe begin ons met erns oefen:

Die moeilikheid is net: die heupeswaai en ritme is mooi en self Blommetjie kry dit reg. Maar ai …..daardie steppies! Seegogga, wat almal moet afrig, raak skoon deurmekaar.

“Maar wat met ons met ons arms doen?’ Vra Una.

“Ek voel ook ons moet hulle swaai. Sulke slap feeble armpes is nie vir my nie.” Virgo C.

“”Kom ons probeer gou nog enetjie” Se Aalsie.

Ons probeer.

Hierdie een is beter. Dis selfs lekker – dis nou as ons al die steppies kan onthou.

Nee. Die Goue Vroue wil hulle eie reels volg -Rebusfontein reels. Linedancing doen dit nie vir ons nie.

Seegogga vat haar ABBA plaat en sit dit op haar platespeler.

Mnr Krap moet help met die video en hy wil net nie die stop knoppie druk nie! Hy is ook mal oor Abba.

“Kyk mense,  Ek voel hierdie linedance ding is heeltemal te beprerkend vir my. Van nou af doen ons soos die musiek vir ons sê! Toortsie.

Die volgende oomblik trek ons ons asems in: Wie kom daar op die verhoog opgedans? Maar dis mos niemand anders nie? ABBA in lewende lywe!

En die Goue vroue haak uit!

 Ons sing! Ons dans! Ons swaai en draai, soos net Rebusfonteiners kan . Want: Ons is die GOUE VROUE en ons KAN!

Maar wie loer daar by die deur? Kan dit dalk….?

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels, rebusfontein, perfect day, vriende, nostalgie, rhebusfontein and tagged , , . Bookmark the permalink.

32 Responses to abba party

  1. Lieflik, Seegogga, ek sien dit in my geestesoog. Lekker dans.

  2. appeltjie sê:

    Ek was mal oor die lyndans maar “freeforming” doen dit ook vir my. En nou moet ek jou….. Loer by die deur……… voortsit. Hoop ek kry die kinkel reg.

  3. Toortsie sê:

    Seegogga, ek het dit nou sowaar geniet. Ek wens so dat wanneer ek uiteindeik afgetree is, hier op Bredasdorp lyndans aangebied sal word. Wat is die dansinstruktrise se naam nou weer? Ek dink nie sy bied dit tans aan nie.

  4. VirgoC sê:

    Awesome!!!!! Seegogfa, ek is mal hieroor en ek het dit gesien afspeel, whohoooooo🌻🌻

  5. Una sê:

    Jy het dit so oulik gedoen, Seegogga! Ai, ABBA kom nie uit my kop uit nie, en nou gaan dit eers weer hier ook oorneem! Ons kom al baie mooi reg met ons danse , ek voel soos ń pro.

  6. Una sê:

    Ek het saam met ABBA gedans, dis ń wonderwerk! En dit is net op Rebus wat dít kan gebeur.

  7. Letty-Ann sê:

    Seegogga! Nou wil ek net dans!! Dis so lekker geskryf.Die paartie moet nou kom!

  8. Positief sê:

    Lekker dans ons nou en nogal saam met ABBA, heerlik. My voete knoop sommer vanself in enige lyndans

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s