Nie lank nadat almal gewoond geraak het aan sms-taal nie, verskyn daar toe ‘n nuwe ding: touchscreentaal!
Skielik moet jy met jou grote duim nie knoppies afdruk nie, nee. Jy raak net aan die lettertjie en hy verskyn daar. Jy weet nie eers jy het hom geraak nie. Ewe onskuldig dink jy jy het die regte enetjie langsaan geraak. En jy druk “send”
En dan kry jou vriende sulke griekse boodskappe. Of ongesensorde…
Bv. Ek soen jou mire nadat ek by die piskantoor was. Ek gaan Andre se pakkie pis. My liewe digter, donder jou os rk verliee. Jy mask my hart vok.
Of, nadat jy n halfuur gesukkel het (en dieselfde verkeerde letter 3× agter mekaar verkeerd getik het), kry jy dalk die regte boodskap uit:
Ek sien jou more nadat ek by die poskantoor was. Ek gaan André se pakkie pos.My liewe dogter, sonder jou is ek verlore. Jy maak my hart vol.
Edit, edit, edit! I rest my case.
Liewe leser, Het jy dalk interessante voorbeelde van touchcreentaal? Laat waai en plaas dit asb hieronder sodat ons saam met jou kan lag.
😁
Ek het al soveel keer lekker gelag as ek sulke boodskappe kry. Dit maak my dag.
Dus hoekom ek deesdae eerder praat as skryf. Ek druk alewig ‘send’ voor ek gelees het wat ek geskryf het.
Goeie idee. Maar ek kan tale verstaan …
🤣🤣ek check nitmaslweg 3 keer voir ek send en gebruik die iuto herstel vir editing
Ek check normaalweg 3 keer voor ek send en gebruik die outo herstel vir editing
😄🤣😂
😁🤣😂
Jy laat my tog te lekker lag. 😁😘
😄😉😇
Seegogga, ek het so ń ding teen basiese spelfoute, dis nou vir myself, dat ek altyd 3x oorlees voor ek ‘send,’ en ook dubbel seker maak ek stuur na die regte persoon. Daardie een is eerder my probleem. Maar soos jy sien, ons geniet ieder en elk jou vingerfoutjies. Jy kikker gereeld my dag op.
Hou aan tik…..jy laat my glimlag. en hierdie post het my aan die skater!!
Mooi Una!. Die editing ding is nie vir my nie maar ai, ek is besig om te leer….
Bly te hoor, Woordnootjie!
😁😁
Mense het ek nou lekker gelag. Yoh gebeur baie met my, en om verkeerde boodskappe te stuur vir iemand… Maar dis daai kere wat jy fout sien na jy stuur, dan reg spel- wat weer verkeerd is en stuur, herhaal, herhaal en vlg woord is #$&©®€¥√ van my af
Terug pieng: Die deur – my beurt – toortsie.com