As ek nie besig is om een of ander onhebbelikheid of wilde avontuur met die Goue Vroue te beleef nie( tans is ons besig om die lewe vir ou Jan van Riebeeck te verbeter, of dalk moeiliker te maak daar in 1652), neem ek deel aan ‘n kortverhaal kompetisie.
In die spesifieke kompetisie verlede jaar, was daar 8 uitdunrondtes. Ek is dankbaar om te kan sê dat ek deurgedring het tot die finale rondte, rondte 8, (wat uit 2 hoofstukke bestaan het. Rondte 8 en 9 is saam beoordeel, so ek tel dit as een rondte).
Ongelukkig het ek nou nie hierdie finale rondte gewen nie, maar nou het ek 8 stories om mee te werk. As julle my nie in tydskrite sien nie, gaan ek ‘n e-boek maak, maar erens gaan hierdie stories gepubliseer word. Daaroor is ek baie dankbaar.
Soms is ‘n mens bang om te waag. Of te lui. Of albei. So was ek met hierdie kortverhaalkompetisie. Tot ek die dag voor die eerste sluitingsdatum besef het: As ek nie nou iets doen en deelneem nie, gaan ek dit nooit doen nie. Ek het ingespring en begin werk ( want alles wat die moeite werd is, kos ‘n bietjie werk). ‘n Kwartier voor die sluitingstyd ( 12-uur, middernag, van die spesifieke dag) is my storie toe in. Ek was heel verras toe ek deur is na die volgende rondte, en die volgende rondte, en die volgender rondte, ens.
In die proses het ek geleer, ek kan. Ek moet sê, die avonture saam met die GOUE VROUE het regtig so gehelp. Ek glo ek sal nou ‘n boek kan skryf as ek my hart daarop sit. Vroeër het ek nie geglo dat ek dit sal kan doen nie
So wat is die lessie?
“Never give up! “
Aanhouer wen!
Glo in jouself!
Roer jou gat en doen iets!
Arbeid adel!
Carpe Diem!
Niks is onmoontlik nie!
Ja daar is seker nog lewenslesse, maar hierdie is al waaraan ek nou so vining kon dink. Baie dankie aan die admin van Storieskrywers, en baie dankie Goue Vroue!
Die van julle wat graag ’n Wilde avontuur van die Goue vroue wil lees, daar is twee gratis e-boeke om te lees:
Klik hier om ons 2 gratis d-boeke te kry.https://dwtr67e3ikfml.cloudfront.net/bookCovers/96914b85136eb331a91c1fa3a98b35a7994e6fce
Liefdegroete
Seegogga
Skryf suster!!! Aanhouer wen!
Dankie man en volg asb jou eie raad ook!
Eish..
Jy is ‘n ongelooflike skryfster, ek geniet jou.
Veels geluk! Jou lewenslus en vrolikheid is kosbaar, jou flukse vrou, jy 😍
Jy het so goed gedoen in die kompetisie, geluk
Jy is waarlik ń inspirasie vir my!
Seegogga, jy inspireer mens met jou tientalle talente. Daardie boek is om die draai.😘
Gaan daarvoor Seegogga, geniet die oorwinning