Seegogga rol rond en draai in haar perlemoen bedjie. Haar seegraskombersie lê deurmekaar daar naby haar pootjies. Sy rasper, sy roer spagetti, gooi olyfolie by die bacon en woel en werskaf in haar gedagtes.
RSG het gister gesels oor herhalende gedagtes en hoe ‘n mens dit kan bekamp. Duidelik werk dit nie vir ‘n seegogga nie.
Sy wonder hoekom sy haar nie by haar lees gehou het nie. Seegogga kan teken! Sy kannie kosmakie!
Sy weet sy het ‘n baie oulike kosmaker gekry. Maar nou is Seegogga mos weer verkeerom, nes haar pa destyds.
Sy soek nie maklike bolognaise nie, sy soek carbonara! Sy soek nie ‘n prim en propper tuna kelkie nie, sy soek parmagiano melazane! Sy wil ook nie sjerrie hê nie, sy soek Zinzano!
Gaan hulle genoeg eiervrug kry,? Gaan hulle roereier eet of carbonara? Pecorino of parmesan? Baie knoffel of min knoffel? Gaan hulle in individuele bakkies bak of familie bakke? Waarmee gaan almal eet? En op wat? Wie gaan die goed opdra? Wie af? Wie? Wat? Wanneer? Hoe laat?
Seegogga se kop draai. Sy kan snags nie slaap nie, sy kan bedags nie raam nie, eintlik kan sy niks doen nie, behalwe om geld uit te gee.
Gister het sy glad ‘n nuwe yskas gekoop… én n nuwe stoof! ( Toegegee, dis omdat haar yskas in die begin vd jaar al gebreek het en die stoof jare gelede al eintlik vervang moes word, maar nogtans!)
Nou lê sy en tik op haar periwinkleskulpies, iets wat sy baie lanklaas gedoen het. En dis lekker!
Seegogga besluit dat haar gaste maar dit moet vat soos hulle dit kry. Sy hoop net nie hulle bly sit soos verlepte hoenders heel aand by die tafel nie. Sy hoop hulle spring op en gaan gesels met mekaar en gaan dans en gaan mal.
Sy hoop… maar hier kom mnr. Krap aan met ‘n warm bruin oggendsappie.
Seegogga vou haar perriwinkle boksie toe. Sy sal later verder wonder.
Mooi geskryf, seker dit gaan heerlik wees.
Ek hoop so, Christa.
Ag dis nou so oulik geskryf. Natuurlik gaan jou partytjie ‘n groot sukses wees.
EK hoop so, kameel
Ai, dit was nou oulik. Hoop jou kos was toe so asemrowend asemsnakkend lekker soos dit klink.
Die probleem is, dis is eers 19 Februarie! Ek sal na die tyd weer verslag doen as dit goed gegaan het.
Ok, ek hou duim vas.
Dit gaan ń groot sukses wees, onse Seegogga wéét van lekker partytjie hou!!💃
Seegogga weet van dans, nie vann reel nie
Dit klink na ‘n lekker partie.Glo dit sal ‘n dawerende sukses wees. Geniet
Ek hoop so!
En toortsie gaan daar wees … heyo! … maar jy praat vreeslike groot woorde … en Toortsie gaan haarself geniet. Sal ‘n bietjie die Italiaanse musiekwoorde loop opswot, dalk kry ek hulle nodig. Accelerando, presto, staccato, legato, …
Net nie largo of andante nie, maar cantabile, con animo, vivace, en selfs presto! Ma non troppo. Grazie Toortsie!
Dit klink na VET pret
Jy klink soos my seun (chef by ‘n Italiaanse restaurant). Ek help hom om sy webtuiste op dreef te kry en my Italiaans is maar bedroef. Hulle was in Desember hier en hy het die heerlikste potjies en braaie vir ons gemaak, alles met so ‘n tikkie Italiaans ingeroer.
Italiaanse kos is heerlik. Ek go julle het lekker geëet( en wyn gedrink).