Rebus, hier kom ons weer!
Die Goue Vroue is ‘n paar besonder vroue wat allerhande wonderlike avonture saam beleef. Hulle het hulle eie dorpie, Rebusfontein, hier erens in Suid-Afrika. Daar word ontspan, Franjeliko gedrink en dis altyd mooiweer. Hulle het pas teruggekeer van ‘n rit op ‘n luukse seiljag af (waar hulle ‘n ongelooflike avontuur in die diepsee beleef het), en almal is op pad terug na Rebusfontein toe. Maar ‘n mens weet nooit wat volgende gaan gebeur nie, want waar die Goue Vroue is, gebeur altyd iets!
Hierdie is Hoofstuk twee van ons nuwe avontuur. As jy hierna verder wil lees, klik hier: https://fresh.inlinkz.com/party/5ccd555160b847968834e2d35fc2042c
Seegogga is fluks op pad Kaap toe. Sy is opgewonde. Scrapy het laat weet sy moet haar in Kaapstad kom haal. Gelukkig net betyds, want Seegogga is eintlik op pad Rebus toe en nou gaan Scrapy ook saam!
Terwyl sy ry, dink Seegogga aan die afgelope tyd. Sy was nog veilig in haar hangmat besig om ‘n partytjie op Rebus te beplan en toe sy weer sien is sy op die oop see in Camilla en Lorenzo se strykyster luukse seiljag … Seegogga skud haar kop. Die boottrippie was so dramaties dat sy nou skoon vergeet het hoe dit gebeur het. Sy weet net dit was ‘n ongelooflike avontuur. Dat almal veilig aan wal gestap het, is ‘n wonderwerk. Dit was ook heerlik om die pragtige Camilla en die aantreklike Lorenzo weer te sien.
( Die wat graag hierdie heerlike avontuur wil lees, kan gerus hier klik.https://fresh.inlinkz.com/party/a844ec34c0574957a27ccdce16e2a94d )
Seegogga skud haar kop. Dis verby! Sy moet nou verder dink aan die Rebus partytjie. Scrapy moet verwelkom word en wat is beter as ‘n lekker partytjie op Seegogga se stoep? Of dalk op die dorpsmeent? Sy dink dit moet ‘n bord en bottel party wees. Elk bring ‘n bord eetgoed wat hulle self gemaak het, miskien moet die resep ook sommer saamkom, en iets om te drink, en almal eet van almal se eetgoed. Toorts kan dalk sommer namens Seegogga ook eetgoed maak, dis mos nie Seegogga se sterkpunt nie.
Tannie Frannie kan dalk musikante reël. Una kan almal dalk met ‘n bootjie op die dam laat ry…. Of liewer nie. Dis dalk beter en veiliger op Seegogga se stoepie. Sy wonder of Kameel vir Lorenzo en Camilla gaan saambring en of hulle weer weg is met die seiljag?
Miskien kan hulle ‘n “Onthou jy nog..” partytjie hou. Of dalk ‘n maskerbal. Of sal elkeen dalk weer sy eie gunsteling kuiergas saambring? Maar eintlik is dit mos Scrapy se verwelkoing, Miskien moet al die troeteldiere ook genooi word. Is Scrapy dan nie ‘n dieresielkundige nie? Sy wonder of dit nodig sal wees om Blommetjie …
Die volgende oomblik spring daar ‘n klop skakers in haar pad en dwing die motortjie tot stilstand.
“Jou kar of jou lewe!” brom die ou wat die rollie teen haar kop hou.
Seegogga laat haar nie maklik afskrik nie, want sy het mos al baie dinge saam met die Goue Vroue deurgemaak.
“Vat julle maar die ou karretjie’, hy‘s in elk geval nie veel werd nie.” Sy klim uit en maak of sy haar sleutel oorhandig, maar gooi dit agteruit in die koringland in. ( Nou hierdie is natuurlik Seegogga, né, nie Anna-Marie nie, want Anna-Marie se sleutels sou langs haar voete geval het, maar by Seegoggas is alles moontlik, hulle kan selfs sleutels ver agter hulle in koringlande gooi)
Die rowers skarrel almal agter die sleutels aan en Seegogga lê oop na plaaswerf aan die anderkant van die pad toe. ( nog iets wat Seegogga kan doen en Anna-Marie nie)
Seegogga lag in haar mou. Die rowers weet nie dat haar ou motortjie se pertrolppompliggie lankal reeds brand nie… En hulle weet nie dat die sjokolade in haar paneelkissie eintlik brooklax is nie…
Die boer op die plaas help graag, maar hy het nou ongelukkig net een voertuig wat hy haar kan leen : ‘n Geroeste ou lorrie met’n eienaardige prent van ‘n leeu aan die agterkant geverf.

Seegogga spring in. Sy besef dat daar nou nie tyd is om te wonder nie. Sy moet laat waai, of sy is dalk te laat vir Scrapy se skip. Sy sit voet in die hoek tot in die Kaapse dokke.
Dis byna 15 Julie, maar Scrapy se boot is vroeër as beplan. Die rit was vir ‘n wonder kalm, Triton en Athena is mos op wittebrood!
Dis heerlik om Scrapy weer te sien! Hulle maak die ou sirkuslorrie se agterste luik oop om Scrapy se bagasie in te laai…en…
Appeltjie, help asseblief hier! Vertel verder.
Lees meer: Rebus, hier kom ons weer!
Man! Hier gaan ons al weer! Welkom, Scrapy, welkom op die sirkuslorrie. En ons Goues ws al in ‘n sirkus, maar sowaar nog nooit in ‘n sirkuslorrie nie. Hier kom sowaar ‘n ding.
Seegogga! Uitstekend! Bravo! En jy het die klomp kapers behoorlik om die bos gelei. Hulle gaan nie ver kom nieen jou karretjie is veilig. Mog hulle lekker eet aan daai tjoklits. 😝
Toortsie, ek hoop so. ons sal maar sien wat die lorrie agterin oplewer en hoe hy ons op Reus gaan kry.
En óf hy ons op Rebus gaan kry. Hy lyk maar baie oud!
Genade Seegogga jy jaag my bloeddruk nou sommer hoog op van opwinding! Ou geroeste vragmotor, uitstekend. Niemand gaan ons weer van die pad af jaag om ons vragmotor te skaak nie!
hopelik nie, Scrapy! En daar is wonderlike goed agterin!
Oooo, nous
‘s ek eers opgewonde.
Ek laaik daarie lorrietjie baie, Seegogga! Mag ons hom maar hou, dink jy?
Jy het die kapers behoorlik ore aangesit, slim vrou. Ek sou byvoorbeeld nou glad nie met spoed plaashuis toe kon hol nie!
Is jou beenhare ķort Una? Netnou loop dit weer uit op ‘n sirkus 😂😂😂😂
Hierdie is’n ou sirkuslorrie, Kameel. die vraag is net: Wat is binne-in? My man glo daar is alles in. Enigiets wat met sirkus te doen kan he ( en dalk ook dit wat niks met sirkus te doen het nie….)
Kameel, gelukkig ja. Hier loop mens mos regdeur die winter ook met shorts rond, so dis kort. Maar toemaar, iets anders sal wel gebeur wat chaos gaan veroorsaak, jy weet mos.😉😂
ons sal die lorrietjhie moet hou, Una, ons het tans nie ander vervoer nie. solank sy enjin net hou…
Onthou jy die fliek “Chitty Chitty Bang Bang” uit ons kinderjare?
ek onthou!
Na ek jou gevra het, het ek vinnig ñ blog oor dié fliek geskryf.
Ek ook nie! Maar as Seegogga is alles moontlik!
Rebus, hier kom ons. Lekker Seegogga, jy gooi die veld wyd oop
daar kan enigiets in darie lorrie wees, Appeltjie. Dalk iets vreesaanjaends, dalk goed wat ons kan help, daar is baie props in sirkusse.
Hier kom ‘n ding of twee…
Ughhhh…ek weet sommer hier gaan nou al weer moeilikheid kom. Daai leeu op daai geroeste trok is ‘n omen….laat ek net ekstra vitamines sluk vir hierdie avontuur!
Oe lekker wilde jy! My broek sou ook maar gebewe het … Welkom Scrapy, so bly die reis was gemaklik en veilig. Of was dit?