Seegogga sit voet in die hoek. Sy moet op Rebusfontein uitkom!
Seegogga het ‘n rowwe paar weke agter die blad. Eers het sy ‘n groot funkie vir meer as 40 mense gereel – ‘n Italiaanse aand, kompleet met ‘n Italiaanse sanger, Spagetti en ander Italiaanse kosse, en kleredrag uit die 50erjare van die Mafia en Sophia Loren.






Toe kry sy Covid. En toe laat haar caterer haar in die steek, 2 weke voor die funksie. Seegogga ry sommer ‘n bietjie vinniger.
Gelukkig het die egte Italiaanse shefs haar toe uitgehelp. En gelukkig het sy op die laaste oomblik ‘n prag uitrusting gekry wat haar mammie jjare gelede gemaak het, en wat toe gelukkig nog pas. Mnr Krap het vir hom ‘n egte hout speelgoed tommygun gemaak, die sanger het mooi gesing, alles het heel goed uitgewerk
Maar toe tref die moegheid Seegogga. Sy wil net heeldag in haar seegrasbedjie opkrul ipv raam. En sy is agter met raam! Vir die VLV moet sy prentjie skilder en ‘n skinderbrief skryf – ‘n nare ou skinderbrief!
Seegogga weet daar is net een plek waar sy regtig kan rus. Rebusfontein!
Sy ry die dorpie binne. Daar is Blommie, die bont koei! Daar lê haar Rebushuisie in die sonnetjie. Die hangmat hang sowaar nog op haar bont stoepie. Dit voel vir Seegogga of sy jare laas hier was. Hoe het ons almal so besig geraak dat ons nie tyd gehad het om Rebus toe te gaan nie?” Wonder sy.”
Seegogga pak uit: vrugtekoek, fyn teekoppies, maar sy sit ook haar botteltjie rooiwyn, franjeliko, en ‘n pakkie donker sjokolade eenkant op ‘n tafeltjie neer. Haar Italiaanse aand foto’s sit sy ook daar naby neer.
Toe kyk sy rond. Waar is almal? Hoekom lyk die huisies so toe? Net toe sy begin bekommerd raak, sien sy iemand langs die dam stap. Maar dis mos Frannie!
Seegogga hardloop haar tegemoed. Frannie vertel hoe almal by hulle ook so siek was. Dis niks lekker nie. Sy lei Frannie terug na haar bont stoepie toe, en skink vir hulle ‘n koppie tee.
” En kyk wat het ek spesiaal vir jou gebring, Frannie!” Seegogga vou die tinfoelie oop: “‘n Heerlike vrugtekoek!”
“Ek wonder waar is almal heen” sug Frannie.
“Die lewe gebeur, Frannie, hy is besig!”
“Ja, maar….”
“Toemaar, Frannie, die Goue vroue sal weer kom , een vir een. En dan gaan ons reünie hou – of party! “
Frannie en Seegogga sit ‘n oomblikkie stil op die stoep in die sonnetjie. Die voeltjies kwetter rustig. Op die gras naby die dam wei ‘n blouwildebees kalfie en die bont koei. In die water dryf ‘n seekoei. Verder af jaag die honde mekaar van pure plesierigheid.
“Dis lekker om weer hier te wees!” sê Seegogga en Frannie byna gelyk.
“Ek wonder wie gaan volgende kom?”
“En wat gaan hulle saambring?”

Lieflik geskryf, pragtige rokkie wat jy aanhet. Ek is besig, besiger as in jare. Geniet die kuier daar.
Dankie Christa! Aibtog die besigwees is goed, maar té besig wees…
Rebusfontein! … sug van lekkerkry … vrugtekoek! … wagvir my! Ek kom!
My rowwe tyd sou noual oor wees, maar die laaste week lê voor … dan kom ek!
Aijaijai, Seegogga, ek is so bly dat jy hier is 🥰
Pssst, ek moet fluister, my stem is seer. Hou net klaar honeymoon, dan’s ek ook daar
Bêre vir my ‘n slukkie Frangelico, ek is op pad
Regso! As Toorts nou eendag hier kom, maak sy dalk Tiramisu, so ek sal jou slukkie noual in die yskas bêre
Net die ding om my op te kikker en natuurlik Rebusfontein se rus en stilte
💕😁
Terug pieng: Een vir een daag hulle op – toortsie.com
Hoop seegogga is nou al 100% haarself. Gaan stap langs die see en asem die vars seelug in. Gaan sit op ‘n rots en wees net.Stil en konsentreer op die asem en laat geen gedagtes toe. Gun jouself rus om jou batterye te herlaai. Mooi foto’s.
Ja Seegogga lê nou lekker in haar hangmat op haar bont stoepie met n stukkie vrugtekoek. Eers het ay tee gedrink saam met tannie Frannie, maar nou drink sy nbgladie wyn. Die voeltjies sing hulle aandliedjie en die laatmiddagson kleur die lewe pienk. En dan gaan seegogga nog see toe opk!