Die waarde van MATRIEK

Ons land het pas gejuig ( en soms geween) oor die matriekuitslae. En duisende jong tieners het sopas met hulle matriekjaar begin.

Maar waaroor gaan dit dan nou alles?

Ek plaas vir julle hier ‘n paragraaf wat geskryf is deur een van my volwasse studente wat  na jare weer begin studeer het en hierdie jaar vir die tweede keer probeer om na-ure sy matriek te slaag. In die klas het ek verduidelik dat ‘n sin oor een idee handel en dat ‘n paragraaf ‘n klomp sinne oor een idee of ding is. Ek het ook beklemtoon dat ‘n mens moet probeer om iets anders te skryf as wat al die ander duisende in die land gaan skryf. As oefening vra ek hulle toe om ‘n paragraaf te skryf oor die eerste onderwerp wat in my kop kom, nl: Die waarde van Matriek.  Ek onthou dat ek so met die uitstap uit die klas uit gewonder het hoekom ek nie iets meer interessant kon uitdink om vir hulle te gee nie.

Maar die volgende week kom Piet Stuart aan met sy paragraaf, en ek voel ek wil dit met julle deel en ook met alle matrikulante of kinders op pad na matriek toe – en ook met julle ander wat matriek as so selfsprekend aanvaar het dat julle nooit eers oor die waarde daarvan gedink het nie.

Hier is dan Piet se paragraaf.

Die waarde van Matriek  deur Piet Stuart

Wanneer die deur gesluit is, kan jy nie net oopdraai en binnegaan nie. Jy het ‘n sleutel nodig om die deur oop te sluit. Sukses is dan soos ‘n sleutel wat jy benodig om jou lewensdoel oop te sluit. Een belangrike suksessleutel in jou lewe, is matriek. Al gaan jy oral oor die grense heen en watter arena jy ook betree, is matriek die sleutel tot die meeste oplossings. Sonder matriek is soos ‘n deur wat gesluit is en waarvan die sleutel verloor het. Matriek is dié suksessleutel wat nie gekoop kan word nie, maar wat die ideale en drome wat jy koester, kan oopsluit.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Aandag! Verbeter die lewe en word 'n mijoener!, Los opdrifsels, skoolstories and tagged , , . Bookmark the permalink.

11 Responses to Die waarde van MATRIEK

  1. karen sê:

    Sterkte vir Piet, ek hoop vir hom hy maak dit, veral as hy soveel drome koester daarmee! My hoed af vir hom om dit as volwassene te probeer en na-ure ook nog.

  2. Kameel sê:

    Ek wens Piet ook alle sterkte toe. Mag hy werklik sukses in die lewe behaal!!

  3. Toortsie sê:

    Wel Piet Stuart, ek haal my hoed vir jou af wat probeer en wens jou alle sterkte toe. Net die beste vorentoe, en mag jy binnekort daardie sleutel in jou hand hou en sommer nog aangaan met die studies en ‘n verdere kwalifikasie verwerf.
    Well done!

  4. seegogga sê:

    ek gaan vir Piet julle mooi kommentaar wys!

  5. karen sê:

    🙂 gerus, mens mag maar bevestiging kry, ook van vreemde mense dat die opoffering wat jy maak die moeite werd is.

  6. seegogga sê:

    Piet het toe sy matriek gemaak. Baie geluk, Piet! Sukses vorentoe. Jy stel so ‘n goeie voorbeeld vir jou kinders!

  7. seegogga sê:

    dis nou ‘n paar jaar later.Pietse pragtige paragraaf word gereeld deur soveel mense gelees. Ek wonder of hy besef hoe goed hy die ongelooflike waarde van matriek beskryf het? Mag hy nog baie mense inspireer.

  8. Toortsie sê:

    Ek het nou weer hierdie gelees. Weet jy, vandag nog, selfs nadat ek alreeds ‘n graad en nagraaadse diploma behaal het, vra hulle my matriekuitslae as ek iewers wil studeer. Interessant wat ‘n uiters belangrike sleutel dit is.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s