Die goue vroue is al weer op pad na ‘n nuwe avontuur! Klik hier en toer saam. Verwag ook sommer die onverwagse.
https://fresh.inlinkz.com/party/7e01efcc06e4463da97c16ec33eb9429
Die Goue Vroue sit almal gesellig in die sonnetjie op Seegogga se stoepie. Elkeen het ‘n glasie Franjeliko wat Woordnoot vir ons geskink het.
Woordnoot ril. ‘Dis heerlik hier in die sonnetjie! Julle weet nie hoe koud dit was by daardie yswurms nie. Ek wil nooit weer so koud kry nie.”
“Gelukkig is ons nou weer veilig hier op Rebusfontein, ” lag Christa.
“Besef julle hoe helend Rebus vir ons geestesgesondheid is?” vra Seegogga nadenkend.
Virgo skuif dadelik nader. Sy weet hoe belangrik die gees en die liggaam op mekaar inwerk om gesondheid te bevorder.
“Ek het nou die dag toevallig met ‘n lewensafrigter gesels,” gaan Seegogga voort, “ en hom vertel van Rebusfontein en hoe ontsteld ons almal was toe hy amper weggesanitiseer (gesataniseer?!) was.
Die man het my toe verduidelik dat Rebusfontein eintlik baie meer as net ‘n denkbeeldige dorpie is. Dit het alles te doen met houding – ”attitude”. Die goue vroue en ons avonture spreek ons kreatiewe waardes aan – ons doen iets in die ruimte, ons “experiental values”, ons waag dinge, al is dit in die verbeelding. Die skryfwereld is ‘n goeie ruimte om in te gaan en ons skep iets wat vir ons doel gee en wat ons ook iets positief laat skenk vir ander – ons mede – Goue Vroue. Ons skep ‘n positiewe ruimte en dit gee vir ons betekenis, want ons lewe nie net vir onsself nie, maar ook vir ander.
Ons ontwikkel dus ‘n positiewe waardestelsel deur ‘n kreatiewe waardestelsel te skep. Ag, nee, nou het ek my heeltemal deurmekaar gepraat. Ek dink ek het alles verkeerd gesê. Al wat ek weet, is dat hy gedink het dat dit ‘n goeie ding is – ons kuiers hier op Rebusfontein. En in die tyd van inperking en persoonlike krissese, help hierdie kuiers op Rebus beslis baie.”
Trommeltjies knik haar kop instemmend.
‘Julle vriendskap beteken vir my so baie,“ sê Ekmyself.
“En vir my.” Kameel se oë blink.
“Op Rebusfontein!” Una lig haar glasie. “Op REBUS!’ ego ons almal.
“Wie is die ou?” Vra Toortsie.
“Eddie Blight van Bredasdorp. Ek gaan sy link hieronder sit.”
“Maar ek wonder wat hy sal dink van ons planne om te gaan troue hou in Italië? Ek kan dalk nog ‘n broodjie saamneem vir sekuriteit.” Frannie sit haar onskuldige glimlaggie op.
“Besef hy dat ons eers gaan shop in Parys?” Una.
“En skoene in Milaan!” Sonel swaai haar mooi enkels in en uit en kyk liefderik na haar voete.
‘En terwyl ons nou Europa doen – ek wil my fietsie in Holland gaan ry – dis mos plat daar!” Toortsie se ogies blink.
Seegogga dink hoe sy eenkeer in Holland met ‘n groot 28 wiel fiets in ‘n boom vasgery het – ‘n regte my-fok-marelise – storie en hoe haar dogter vir haar moes lag, want dit was so snaaks, maar sy bly tjoepstil.
“Die lae lande!” Ora word ook nou sommer baie opgewonde, al weet sy nog nie van die katastrofes wat gebeur as die goue vroue eers aan die gang is nie.
“En ek wil nog altyd tobogan in Switzerland. Ons sal daar moet draai!” roep Appeltjie opgewonde. “O-ja, en dan my fyn rokkie van Venesiese kant. Venesië, is mos in Italië, dan nie?”
‘Ag ek wil mos Amerika toe” sug Sonel, maar ai, dis wyd!”
“Julle moet nou nie te opgewonde raak nie. Wie sê Camilla en Lorenso wil ooit trou?” Keer Kameel.
“Hulle het nie eintlik veel van ‘n keuse nie. Ons gaan – en reël dan sommer vir hulle alles. Die Goue Vroue wil toer!” Trommeltjies is nou sommer baie opgewonde.
“En Shop! Ek bedoel inkopies doen!” beaam San.
En Tango!” Una en Positief begin ‘n paar tango passies uithaal en Toortsie wals lustig saam.
“That’s Amore!”
“Ek sal hulle trou!” sê Sonel begeesterd.
“Frannie sit met blink oë en dink aan Silwer . Dalk kan hulle twee na die troue met die Harlie ‘n bietjie deur Italië toer.
“Ek sal ons vervoer reël, sê Aalsie. Waar is daardie tent? Of sal ons vir Elon Musk nader? Wag laat ek dink.”
Virgo sit doodstil. “Hulle dink aan alles behalwe kos”, dink sy. Eintlik wil ek net terug – Suid-Afrika toe. Maar as ek nou ‘n bietjie van my groen quacamole saamstuur…”
Die Goue vroue lag en gesels opgewonde. Europa, hier kom ons!
Net toe lui die telefoon hard en duidelik.
Wie op aarde kan tog Rebusfontein toe bel? Dit kan net ‘n Rebusfonteiner wees –en ons is dan almal hier. Almal behalwe Camilla.
WIE GAAN ANTWOORD?????
Kyk hier na die advertensie Eddie Blight
https://xplorio.com/bredasdorp/therapy-coaching-mediation-by-eddie-blight/
En kyk hier na Toortsie se wals.
Jodelêhi jodelêhi jodelêhiho, switserkand, hier kom ons
Klink na heerlike pret.
George an Amal het ook in Italië getrou…in Venesië!
My nefie se seun ook- maar op snder itakuaanse plekkie. Moet nog foto’s soek.
Ja,Seegogga,soek daai foto’s!
Europa!!! Julle, ek gaan mos in Rome agterbly, myself laat wegraak!
Neee! Jy mag n klein bietjie agterbly ,maar net nie wegraak nie.
Jippieeee! Dan kan ons jou kom soek en jy weet, met my verlore sin vir rigting kan dit laaaaaank vat!
Toorts, gelukkig sal ons daardie rooi fiets ver herken.
Jajaaa en julle moet foto’s neem!
Hierdie lewensafrigter praat mos alte waar dinge oor ons en Rebus, Seegogga.
Hy doen! Hy het my mooi verduidelik van al die verskillende waardestelsels en hie ons saamskryf oor Rebus aan alles voldoen, maar ek het bietjie deurmekaar geraak met d oorvertel. Groit ding us: dus nie net speel nie , dis n groot positiewe ding wat ons lewe help betekenis gee en van groot waarde is, veral in hierdie covid tyd. En dis great om te weet( al weet ons dit mos self ook al lankal.)
Dis vir my baie interessante inligting, maak absoluut sin. In ń neutedop saamgevat is ons dus ń groep uitstaande vroue!👏
Netso!
In die kol, Seegogga! In die kol! Jy is so ‘n fantastiese skrywer! Ek laaaaaik dit! En as Camilla en Lorenzo nie wil trou nie, dan hou ons net die onthaal en klaar.
Jawat. Solank dit Italië is, en solank ons party!
Ons gaan troue hou!!! Camilla en Lorenzo wag al so lank! En uiteindelik gaan ek by Lake Como in Italië uitkom vir die onthaal!!!!!!!
Ek kan nie wag nie!!!
Terug pieng: Goue Vroue Trouetoer #3 – toortsie.com
Ek wil so kan dans, my goeiste dis mooi!
Ja! So gaan ons dans met ons mooi rokkies!