Seerowers! (Deel 2)

( Hierdie is deel 2 van die storie. Klik her om van deel 1 af te lees)

Nouja, ek het mos laas vertel hoe oom Fagan, die ou platjie, ‘n tinstaaf ‘gesteel’ het by die seerowers, diepseeduiker X en kollega, wat dit op hulle beurt weer van ‘n ou wrak ‘gesteel’ het.

Eventwel, gedagtig aan oom Fagan wat hulle so ‘n streep getrek het,  besluit X en sy medewerker om die volgende keer vir oom D te vra. Oom D is, nes oom Fagan, ‘n bobaas visser en ken die see ongelooflik goed.

Daar word geduik en gemonitor en die swaar stawe tin word een vir een uitgehaal. Oom D help inlaai, en dink so by homselwers: Ek wil ook so ‘n blok tin he!

So ongemerk tel X die stawe noukeurig. Hulle ken mos vir oom D. en hulle is amper seker dat oom D ook vir hom ‘n staaf gaan probeer vat, nes oom Fagan gedoen het. Uiteindelik, doodmoeg en hierdie keer terug in Struisbaai hawe, word die stawe van die boot afgetel en oorgedra na hulle kombi toe.

Oom D is nie links nie, nes oom Fagan vroeer, en hy laat ongemerk  ‘n staaf in die water val.

Hierdie keer het X- hulle dit egter verwag! In plaas van gaan kuier en te gaan slaap, soos mens gewoonlik na so ‘n dag op die see doen, wag hulle tot oom D weg is, en gaan gou terug hawe toe. Die staaf word maklik gekry en uitgehaal.

Dis vrek koud en X- hulle gaan koop vir hulle ‘n bottel brandewyn en, gewapen met die en nog ander nodige voggies, gaan kruip hulle agter die duin weg.( Dit was nog die ou Struisbaaihawe en daar was ‘n duintjie aan die een kant.

‘n Bietjie later gebeur ook toe waarvoor hulle gewag het: Oom D kom daar aan met sy snorkel en paddavoete en begin duik. Op en af in die hawe swem hy, maar hy kry nie sy tin nie! Intussen wil X en vriend hulle byna doodlag daar agter die duin.  Hullle weet presies hoe koud die water daardie dag is!  Toe oom D so na ‘n halfuur nog niks gekry het nie, besluit hulle om die ou genadig te wees. Hulle staan op en roep hom nader. “Los maar die tin, ons het dit lankal uitgehaal. Kom kry liewer vir jou ‘n dop!”

Die drie vriende het maar toe daar agter die duintjie  by Struisbaai se ou hawe gekuier tot die voggies op was . Hulle het  lekker aan die slaap geraak, sommer daar agter die duin.  A job well done.

Maar hoe weet ek dit nou alles? En wat het oom Fagan met sy tin gemaak? Klik hier om deel 3 te lees.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., idioomstories, Seestories. Bookmark the permalink.

8 Responses to Seerowers! (Deel 2)

  1. Smurfi sê:

    Seegogga, Ek lees jou storie. X en vriend lê nou so agter daardie duin en slaap??? ….. en toe?… dalkies verloor hulle ook die tin staaf so met die slapery?? 😆 OK. ek wag vir die vervolg!!

  2. Smurfi sê:

    😆 Ook weer waar nê!!! 😆 Die goeie ou dae!!

  3. toortsie sê:

    seemeeu, ag, seerower, ag …. ek kan nie name onthou nie – jy maak my deurmekaar met al die letters. MAAR EK LIKE JOU STORIE!!! OOR ‘N MIK!!

    • seegogga sê:

      ‘n Mens sou maklik kon dink dat so ‘n klein ou plekkie soos Struisbaai en Agulhas vroeer was, vervelig kon gewees het, maar ek se jou, daar het ALTYD iets aangegaan! Aas ‘n boot nie losspoel in die hawe nie (en dan is die hele dorp daar), is dit dalk ‘n harder trekkery( en dan is die hele dorp daar), of daar spoel ‘n onmenslike spul seesterre uit of ‘n seeolifant maak hom tuis op die strand….. of daar is ‘n paar seerowers…

  4. Whahahahahahhahaha

    Het hulle die ooms betaal om vir hulle wag te hou? Indien nie, is dit hulle verdiende loon.

    • seegogga sê:

      Ja, hulle het die ooms ‘n iets betaal, maar hierdie tinstelery gaan nie oor die geld nie, dit gaan oor die avontuur. Hierdie ooms was albei avontuurlustige platjies- dis die dat hulle sulke goeie v riende met die duiker was, wat, hoewel baie jonger as hulle, ook ‘n avonturier was en groot platjie. of, kom ons se hulle was almal in hulle hart seerowers!

  5. Terug pieng: Seerowers!(deel 1) | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s