Hierdie is die laaste deel van die storie. Om dit van die begin af te lees, klik hier.
X en vriend was die diepseeduikers wat ‘n skeepswrak vol tin in Struisbaai se baai ontdek het. Oom Fagan en oom D was die twee omies wat moes help om die bootjie te hou tewyl hulle geduik het. Hulle, wat grootgeword het met seerower- en ander avontuurstories, het nou die kans gehad om deel te wees van so ‘n seerower -avontuur! Julle kan in die vorige episodes lees hoe hulle dit gedoen het. Om die storie van die begin af te lees, klik hier.
Hierdie laaste episode gaan egter oor die feite rondom die wrak.
Volgens kenners is die wrak met die tin op, die Borderer , ‘n ysterskip van 1062 ton wat in 1864 in Glasgow gebou is. In 1868 het die Borderer, met Laback as kaptein, met ‘n vrag Indiese produkte en baie tin van Penang na Engeland gevaar.
Op 27 Oktober 1868 vaar die skip toe in ‘n sterk westewind oor die midblinding op Saxonrif by Struisbaai en sink in 45m water. Die kaptein en 12 man het die land bereik met een van die klein bootjies, maar die 12 man in die ander klein bootjie, het verdrink. Die omgekeerde bootjie is later deur ‘n ander skip opgepik.
In 1977, net mooi 109 jaar nadat die Borderer gesink het, is die wrak ontdek deur Tubby Gericke en Brian Clarke( X en vriend in die vorige episodes). Toe is die eerste deel van die tin uit die wrak gehaal. Dit was dus in 1977 dat oom Fagan en oom D hulle lyf seerower gehou het.
Oom Fagan het sy tin 10 jaar lank begrawe en dis in ongeveer 1987 weer gevind en opgegrawe, en het toe ook weer spoorloos verdwyn. Oom Fagan is in 1988 oorlede sonder dat enigiemand weet wat van sy tin geword het.
Gedurende 1990 het Aqua Exploration weer die wrak besoek en nog baie tin ontdek. Die diepte en swak sigbaarheid het daartoe bygedra dat dit ‘n baie moeilike en gevaarlike werk was, en dit was een van die redes waarom Tubby en sy vriend nie alles kon uithaal nie. Hulle het toe nog nie die moderne toerusting van vandag gehad nie.
Hierdie berging van tin op die Borderer was op daardie stadium ( en is miskien vandag steeds?) die diepste bergingsoperasie ooit in Suid Afrikaanse waters.
Hier kan julle foto’s sien van die tin wat met die tweede berging in 1990 uitgehaal is.
Daar is net een klein dingetjie wat my pla. Die tin oortjie in ons kluis lyk vir my ‘n bietjie anders as die tinoortjies op die foto’s.
Daar was blykbaar op verskillende skepe verskillende groottes tin stawe. Wie se oom Fagan se tin kom van die Borderer af? Wie se daar lê nie nog ‘n tinwrak in Struisbaai se baai nie? Een van wie niemand weet behalwe die afgestorwenes nie? Een wat nêrens gemeld is nie?
En waar is die res van oom Fagan se tin? Is dit dalk weer begrawe?
Miskien ontdek iemand dit dalk eendag weer?
( Toortsie het gesê sy gaan begin soek….!)
was ek nou dapperder krappie, sou ek se kom ons kry duikpakke en toerusting en gaan soek.
Jy kan swem, Olga, en Toortsie kan begin grawe! Ek kan self nie verstaan hoekom ons nie destyds op dieselfde plek weer gaan grawe het nie. Nou is die geboue aangebou, verander, die bome is weg, ens. En as ons nou op ‘n ander ou se grond gaan grawe, land ons seker in die tjoekie!
kyk, dis die geluk van skuilname!!! Want dit is TOORTSIE wat so gesê het. die WARE PERSOON agter Toortsie, kom uit ‘n familie wat GLAD NIE SWEM NIE!!! Ek sal op die strand met die verkyker sit, terwyl die dapperes swem!!
Ek kan ook gn niks swem nie. Ons is geskroef girls. Geskroef sê ek julle. 😥
Nouja, geen skatte vir julle nie! Ag, en vir my ook nie- behalwe die stukkie tin in die kluis……
die mans van weleer was darem avoontuurlustig. Seker omdat hul baie meer vryheid gehad het. Vandag is ons in blikkies gedruk.
hierdie 3 mans, en X spesifiek, kan ‘n mens boeke oor skryf!
ek hoop dat JY sommer baie van hulle stories vir ons gaan vertel. ek het ook n seerowerstorietjie wat ek dalk nog eendag kan vertel…
Vertel! Vertel!
ja, toe toorts. Ons wag in spanning.
Terug pieng: Seerowers!(deel 4) | Seegogga se Bloggie
Ek het nou heerlik gelees aan jou ware storie seegogga. Jy het voorwaar ‘n interessante pa met interessante vriende gehad.
Bly jy het dit geniet, Kameel. Hierdie ouens was unieke en baie kleurvolle karakters. Ek wens jy kon hulle ontmoet.
Sou aan hulle lippe gehang het is mos lief vir mense en hulle stories.
Bly jy het dit geniet, Kameel. Hierdie ouens was unieke en baie kleurvolle karakters. Ek wens jy kon hulle ontmoet. My pa is in 1988 oorlede(20 jr gelede). Maar as die familie bymekaarkom kan jy virseker weet hulle gaan oor hom gesels en een of ander storie oor hom vertel.