Krater 8: Ons, die dominee en die kombuisvloer

Eendag,  so 22 jaar gelede, het ons Bredasdorp toe getrek en ‘n mooi ou huis hier gekoop.

Die gaar novilon in die kombuis moes vervang word- met teëls, het ons in ons wysheid gedink, want my man se werk het juis toe ook geteël en daar was baie ” sample” teels wat in boksies daar rondgele het, en wat die werk gese het hy maar mag kry. Boonop was ‘n sekere wit teel toe op “special”. 

Die kassies sou ingesit word deur ons plaaslike dominee wat houtwerk gedoen het in sy spaartyd.

Nadat ons kwotasies van teëlers gekry het, het ons maar op die DO IT YOURSELF opsie besluit.

Die dag het ons die kindertjies( toe 6, 4 en 1 jaar oud) by my ma gelos  en met teelsnyers en goeters het ons 8vm die kombuis aangedurf. Ek wou driehoekies van die “sample” teels sny- of so -nie ‘n prentjie. Die prentjie (van ons gesinnetjie-ek, hy, die 3 dogtertjies, die kat en die hond) het gewen en ek en my man het begin teels sny. Ons het nie heeltemal geweet waarvoor ons ons ingelaat het nie, want daardie prentjie was eers half een die nag klaar gesny. Teen daardie tyd het ons albei bloeiende hande gehad, maar ons was jonk en vol energie. Ons kon nooit nou gaan slaap nie, ons moes nou die vloer teël om te kyk hoe dit lyk!!!

Ons werk toe verder en teel die vloer so driekwart tot so half 6 die volgende oggend -maar die prentjie is in! Moeg en gelukkig besluit ons om te gaan slaap. Daar was egter ‘n klein probleempie- die dominee sou so 8vm kom om sy kassies verder klaar te maak. Haastig skryf ek vir hom ‘n briefie wat ek op die deur plak, en ons gaan slaap.

Dis eers laat die volgende dag, na  ons wakker geword het en ek die briefie weer van die deur afgehaal het, dat die moontlike dubbele betekenis my getref het.

Op die briefie het ek geskryf:” Dominee, kom asb. later weer. Ek en Gert het dwarsdeur die nag geteel en nou gaan ons slaap.”

Posted in Die Overberg: my wereld., kraters en ander skandes (humor) | 11 Kommentaar

Die deurmekaar tale van kleur

Dis aand en ek het vir ‘n verandering die laptop. Aha, nou kan ek mos blog!!!

Moenie glo nie, dis reeds amper 9 uur, en ek sit al van 4 uur af hier en lees. Ek lees op oor restourante, die beste kleure, nuwe kleurttrends in binneshuisversiering, die sielkundige effek van kleure op die gemoed, die eetlus, watter kleur pas by watter en sommer in general.

Die kleurwiel>

Jy het die warm kleure, rooi, en skakerings daarvan to by oranje en pers, en die koel kleure, bloue en groene wat alles rusig en ver laat lyk, en geel wat vrolik en sonnig is, MAAR sekere vuil gele irriteer jou, sekere blou bloue lyk koud en afsydig, en sekere rooie is te skerp en maak jou aggressief.

Primêre kleure  Blou, rooi en geel is primêre kleure  en kan nie gemaak word deur kleure te meng nie. Hulle is die basis kleure en ALLE ander kleure word gemaak deur twee of meer primêre kleure met mekaar te meng, bv: blou en geel maak groen, Blou en rooi maak pers. Rooi en geel maak oranje. Al 3 kleure saam maak bruin ( of jy meng eenvoudig rooi en groen, want groen is mos eintik blou en geel gemeng, né), en in die regte kombinasie maak dit swart.

Sekondere kleure . Die ander kleure op die kleurwiel, groen, oranje en pers, is sekondêre kleure. Elkeen van hulle word gemaak deur 2 primere kleure te meng. ( Rooi-geel=oranje, blou engeel =groen , blou en rooi=pers)

Toe my kinders klein was, het ek vir hulle net die 3 primere kleure verf gegee om mee te verf, en ook wit. Daarmee het hulle sommer vanself ontdek dat blou en geel groen maak, rooi en geel oranje ens. Ek dink hulle het die kleurkombinasie geken nog voor hulle skool toe gegaan het, deur vry patrone te verf en te spat en te kyk wat gebeur.

Komplementêre kleure Elke primêre kleur het ‘n sekondêre kleur wat regoor hom op die kleurwiel staan. Dit is sy komplimentêre kleur. bv Rooi en groen is komplementêre kleure, blou en oranje , en geel en pers. Let op dat die primêre kleure se komplementêre kleure nie primêre kleure is nie bv primêre kleur rooi se komplimentêre kleur is groen, wat ‘n kombinasie van die ander 2 primêre kleure , blou en geel is, dws ‘n sekondere kleur. Geel se komplementêre kleur is pers, ‘n kombinasie van blou en rooi. Blou se komplimentêre kleur is oranje, dws ‘n kombinasie van rooi en geel.

Komplimentêre kleure laat mekaar  helderder lyk, en dit is goed om hulle saam te gebruik. bv rooi en groen  of oranje en blou, geel en pers, wit en swart( nie dat hulle nou juis kleure is nie, maar darem). Twee kleure in ‘n vertrek is goed as hulle teenoorgestelde kante van kleurwiel is( dws mekaar se komplementere kleure), of dalk verskillende skakerings van dieselfde kleur. 3 kleure kies jy so elke derde kleur op die wiel , of so nie kleure wat teenoor mekaar staan soos ‘n Y vorm. Genoeg om my mal te maak.

Skadu’s . Het julle wat verf geweet dat ‘n mens die komplimentêre kleur van ‘n primere kleur gebruik om sy skadu te maak? Veronderstel jy teken ‘n rooi roos. Sommige blaartjies het mos skadu op en is ‘n donkerder rooi. Meng ‘n bietjie groen saam met jou rooi en jy het die perfekte skadukleur! Dit klink ongelooflik, maar dit werk soos ‘n bom!

Warm en koue kleure Rooi, oranje en geel is warm kleure, en bou, pers en groen is koue kleure. Kloue kleure laatt goed “verder weg” yk, en warm kleure laat goed “nader” lyk. Kyk gerus hier om fyner onderskeidings in die verkillende kleure te betudeer.

Ek is bevrees al my kennis help niks. Met ‘n beperkte budget is die restourant maroon, soos die vorige ouens hom geverf het en mostertgeel. Ek het goue strepe op die maroon geverf en die oorkantste muur se mostertgeel sommer toegeverf met nog ‘n bietjie maroon wat ek oorgehad het toe ek vir die betaaltoonbank moes laat meng het.  Ek het nog so ‘n halwe blikkie oor. Sal ek nog ‘n bietjie mostertgeel toeverf?  Ek is half getempteer om dit te doen.

Voor in die voorportaal staan so ‘n lelike kis. Dis sommer hardbord of iets en houtkleursel doen niks om dit mooier te maak nie. Nou se my gevoelte vir my , ek is sommer lus en verf dit turkoois, met sulke goue strepe om die rante – lekker waaghalsig en schocking. En nou weet ek al daar gaan turkoois ( of watter kleur verf ek ookal kies) oorbly en nou wonder ek of ek dit nie kan gebruik op daardie snaakse geel dra muur wat reguit oor teen die plavon gaan, amper soos ‘n moderne arch  nie. Dan het ek in die voorportaal donker houtvensters links, met maroonmure weerskante tot so op middellyf hoogte- ek bedoel nou maroon mure met GOUE strepe in, dan die dadorail en mostergeel mure van daar tot by dak, net aan die een kant, want die ander kant het mos vensters. Die ver muur as jy vorentoe kyk, het donkerbruin houtkaste onder en’n soliede maroon muur bo en  die vierkantige arch tussen die voorportaal die die ver muur is dan turkoois met goud. O ja, en voor in die voorportaal staan dan mos my fency turkoois en goue kis….. Klink dit dalk soos ‘n kleurnagmerrie of wat?

Om die hoekie in die ou deel van die restourant was weereens die aaklige maroonmure wat ek toe goud op geverf het. Die borriegeelmure bo het ek toe so ‘n jaar gelede sagte creme geverf- en vannaand uitgevind dat dit glad nie bevorderlik vir eetlus is nie. Maar daardie spesifieke vuilgeel het nie vir my gewerk nie. Wat van goud en turkoois? Maar by ‘n bamboesdak?  Dis net vir my asof die besadigde creme mure so vervelig lyk…… Daar is in elk geval nie geld om dit oor te doen nie, maar daar is nog bietjie goue verf , ‘n bietjie maroon en moonlik dalk selfs turkoois( of watookal). Wat van maroon en goue rose met turkoois blare so al onder die dak???? HE???? hOEKOM NIE?????

Sê ( let tog asseblief op my kappie-e, ek voel baie trots op hom!!!!)  julle my asb!!

Decisions, desisions.

Ag, en dan wil ek net sê, deurmekaar kleure of nie, ons restourantjie het HEERLIKE kos!!! Die mense in die kombuis weet gelukkig wat hulle doen!!! Maar wag, hoe honger word ek nou…

Posted in die tale wat ons praat, Los opdrifsels | 11 Kommentaar

Terug , af, aarde toe

Hier sit ek nou vir die soveelste keer voor my blog. Ek moet skryf- ma se bababoek( ek het voorafal ‘n paar goed geskryf, maar moet net eers die ou goed lees om in voeling te kom). treinstories- ek het nog 2 uit my prille jeug, maar hulle moet korter vertel word. en as ek hard dink sal ek dalk nog ‘n krater kry.

My mooi ma se seksboekie le hier- dit het so goed gegaan met hom by die hoerskool, maar nou moet ek mos na ander hoerskole toe gaan.

Ek wil skilder- het gedink dis tyd om weer te begin. O ja- en beelde maak. Ek het nou mooi gekyk op die internet hoe mens dit van sement kan doen. Ek moet hoeka vir die kersmark ‘n nativity scene doen.

Ons restourant moet ‘n nuwe image kry. My kop is vol Hollands en Duitse krulletjies , draaitjies en prentjies, maar ons is mos ‘n Suid Afrikaanse  restourant watr nou aan spesialiseer in meer Suid Arikaanse kos- bredies, afval ens. Maar moet ek no regtig de breede en de smalle weg en wat is ‘n huis sonder ‘n moeder oral ophang? Ek is lus en verf blomme en hang spieels en verf die plek tukoois blou binne.

En voor die restourant nie weer aan die gang is nie, kan ek nie bemark nie, skryf nie, skilder nie,  of beelde maak nie of hoegnaamd produktief wees nie. En wat as ek ‘n fout maak? En waar gaan ek al die geld kry vir wat ek wil doen?

Dus, bloggers en lesers wat vandag hier lees. soms moet mens afkom aarde toe. Soms vlieg jou gedagtes hoog, maar die praktiese ( lees: gebrek aan geld en tyd), laat jou afkom aarde toe. Soms is die moeilikste van alles jou eie besluite. Decisions! decisions! Soms is mens net sommer pleinweg te bang( en dalk te lui??) om te waag, te doen en te doen.

Dus, wees asseblief geduldig . My hart is in Holland, my kop in die wolke en my lyf en brein hier onder op die aarde.  Vandag MOET ek daardie restourant tackle!!!!

Posted in idioomstories | 8 Kommentaar

wanneer is ons kommin????

Ai, OLGA het mos vir my huiswerk gegee: ek moet nou vertel hoe commin ek is. Maar ek glo mos nou nie eintlik ek is commin nie, ne! Of is ek?

O gaats, ja. Ek is mos mal oor my pantoffels- egte skaapvel wat my vriendin se fabriek maak, en sedert ek dit in die tagtiger jare ontdek het( die 1980’s nie my 80’s nie, ne!), was ek nog nooit sonder ‘n paar nie. Ek verkoop dit selfs van my huis af. En ja, ek dra hulle dikwels sommer bedags ook noudat dit so koud is. En ja, ek het al vroegogend met hulle afgestap na die kafeetjie op die hoek……

Wat doen ek nog? Ek praat soms met kos in my mond. Dis moeilik om te wag tot jy klaar gekou het, as jy entoesiasties oor iets is.  Maar ek probeer…..

Ek koop lekkers in Spar en dan maak ek die pakkie ook en loop so en eet tussen die rakke en gee die lee papietjie of half lee sakkie in by die betaalslag.

Ek steur my glad nie juis aan kleur nie- ek glo in die natuur pas alle kleure bymekaar, dus gee ek nie om vir pienk en oranje saam of blou en groen of whatever nie! Solank dit lekker dra!

Al die prente in my huis hang skeef- en vra vir Toortsie, hier is baie, want ek is ‘n prentramer en ons almal het op ‘n stadium geskilder. Maar so what! Wie het gese hulle moet lynreg hang? Ek het al eenkeer almal doelbewus skeef geskuif na dieselfde kant toe sodat die mense kan ophou kla en dinge in ‘n nuwe perspektief sien.

Maar se my, maak dit my commin? Wie het so besluit? Wie se die ou wat dink ek is commin, is nie dalk eintlik die commin ene nie? Wie het besluit of iets kitch is of nie? En waarom glo ons hom?

Alice Elhai( ag ek weet regtig nie hoe om haar naam e spel nie en ek gaan nie nou opsoek nie- min tyd) is ‘n beroemde SA waterverfkunstenaar. Sy het graag woestyn en seelandskappe geskilder en ‘n paar keer hier by ons by Waenhuiskrans ook kom skilder.  Ons amal weet dat waterverf dun en deursigtig aan die papier gewend word soos die ou Engelse kunsenaars doen. Alice doen dit ook. Maar daar waar die branders op haar prente breek en die wit skuim spat, sit sy daardie selfde waterverf dik-dik klonte aan, nes olieverf. En sy se:”Who made the rules?”

Ek vra nou vir julle vannaand mbt tot die commin -ding: “Who made the rules???”

Posted in Los opdrifsels | 13 Kommentaar

Die eensame koning

Eendag, lank gelede, so vanaf, 1845 af, was daar ‘n klein prinsie. Die arme prinsie se pa was natuurlik die koning van die land, Bavaria, en baie besig. Hy  het nie gedink kindersgrootmaak is deel van ‘n koning se pligte nie, daarvoor het hy mos ‘n klomp diensknegte. Die prinsie se ma het seker maar dieselfde gedink, want almal vertel hoe dom sy was.

So het die prins maar taamlik alleen en liefdeloos grootgeword. Sy oupa, ook Ludwig, het darem nou en dan bietjie aandag aan hom gegee. Klein Ludwig het hom waarskynlik besig gehou met feeverhale van die broers Grimm, ander mooi stories, musiek en sy verbeelding.

Toe Ludwig 18 jaar oud word, sterf sy pa skielik en die jong prinsie word koning. O wereld: Skielik moet hy voor groot gehore optree, en konverensies bywoon en die land help regeer, hy wat maar altyd so op sy eie in sy eie wereld geleef het.  Dit was nie vir hom baie lekker nie, maar daar is ‘n paar dinge wat hy graag vir sy volk wou gee- goeie teater en goeie musiek.

So het Ludwig, nou koning, gehelp om twee goeie teaters te bou sodat sy mense goeie opvoerings kon bywoon, selfs Shakespeare-dramas. Hy het ook daardie groot komponis, Wagner, gehelp om weer op die been te kom. Wagner was altyd bankrot en  in die moeilikheid.  

Ludwig het op sy reise ook Versailes besoek en die weelderige kasteel van koning Louis 14 bewonder. Terug in Bavaria, het hy begin kastele bou- die een mooier as die ander. So kon hy sy verbeelding vrye teuels gee. Nouja, hy was natuurlik gewoond om in kastele te bly- in Nymhenberg in Munchen, waar hy gebore is en in Hohenschwangau waar hy as tiener baie tyd spandeer het, maar nou wou hy graag iets spesiaals skep.

Een van die kastele was Herrenschiemsee, wat op ‘n eiland in die Schiemsee, een van die grootste mere in Duitsland, gebou is; ‘n ander was Neuschwanstein, ‘n regte feeverhaalkasteel, so mooi dat Walt Disney dit jare later gebruik het as model vir sy feeverhaal-flieks. Sy gunsteling was egter Linderhof, ‘n klein kasteeltjie, as mens nou na kastele, kyk, maar met pragtige tuine en ongelooflik mooi binne-in.

In Linderhof het koning Ludwig graag gewoon, maar siestog, heel alleen.  Daar het hy ‘n wonderlike klavier (of is dit nou klawesimbel?) gehad, wat hy laat maak het vir Wagner om vir hom te speel, maar ongelukkig het Wagner om so wangedra dat hy moes landuit, en het hy nooit die koning in Linderhof besoek nie. Die klavier het maar daar bly staan.

Die koning het ook besluit dat hy ‘n towertafel wil he, soos in die feeverhaal “Dek tafeltjie dek.” Die tafel het deur ‘n opening in die vloer verdwyn, en dan het die kokke onder die heerlikste kosse daarop gesit, en dan het die vloer oopgeskuif en die tafel weer uit die vloer uit verskyn, nes ‘n towertafel. Wonderlik, want dit was jare voor James Bond se gadgets, maar siestog, dis maar ‘n kleinerige tafel met net een stoel. Die koning het maar meestal alleen geeet in sy kasteel. 

Die dromer van ‘n koning het nog iets begeer: ‘n romantiese grot met ‘n meer en verhogie waar Wagner se mooi operamusiek opgevoer kon word. Ai, die Wagner weet nie wat hy gemis het nie! Die koning het die pragtigste grot laat bou, kompleet met stalagtiete en stalagmiete, ‘n sagte blou meer so onder die grond, met ‘n bootjie op waarop mens kon rondroei. Maar nie sommer so ‘n bootjie nie, hoor! ‘n Droombootjie wat lyk soos ‘n skulp, met klein cupido  op die een punt. Te pragtig en romantes verby!

So het die koning in sy droom voortgelewe en nie besef dat sy kabinetsministers baie kwaad vir hom is nie. Hy mors mos die land( wat intussen deel van Duitsland geword het) se geld, en hy doen nie wat hulle wil he hy moet doen nie! Sy volksgenote was lief vir die koning, maar wat gaan van die land word?

Die kabinetsministers maak ‘n skelm plan. Hulle kry 4 belangrike psigiaters en se vir hulle om te getuig dat die koning mal is. Ek neem aan hulle het vir hulle skelmpies ‘n hele paar Frank onder die tafel deurgegee, en die prins se alleen-lewe baie verdraai. Hierdie 4 psigiaters getuig toe almal dat die prins sielsiek is- hy ly aan paranoia( vervolgingswaansin), dit ten spyte van die feit dat 3 van die 4 hom nog nooit ontmoet het nie, en die vierde hom tien jaar vantevore laas gesien het.

In 1886, t0e koning Ludwig 41 jaar oud is, kom vang hulle hom en neem hom na Kasteel Berg by die Starnberg meer, wat hulle vooraf ingerig het sodat hy nie kan ontsnap nie. Eers daar sien die dokter, Dr Guden, hom vir die eerste keer weer. 

Daardie aand, toe dit stormagtig en koud is, besluit die dokter en koning Ludwig om te gaan stap. Wou Ludwig ontsnap? Hy was ‘n fikse jong  man. Of was dit ‘n komplot? ‘n Mens gaan stap nie op so ‘n aand nie! Wat het gebeur:????

 Ons weet dat die dokter die koning se wagte teruggestuur het kasteel toe. Hulle mag nie saamgestap het nie.  Ons weet dat die mense later meer as 3 uur lank na hulle gesoek het voor hulle hulle gekry het- albei dood, in die vlak water van die meer. Koning Ludwig het nie verdrink nie- hy was ‘n uitstekende swemmer en die water was te vlak. Is hy geskiet? Sommige beweer dit, ander se nee, daar was geen merke aan sy lyf nie. Het die dokter hom dalk ingespuit met iets? Die dokter het wel merke van ‘n struweling aan sy lyf gehad. Het Ludwig homself probeer verdedig? Of probeer ontsnap? Of is die dokter dalk stilgemaak omdat hy te veel geweet het? Wie sal weet? Tot vandag toe het niemand die antwoorde nie.

Maar daar hoog op ‘n koppie, daar op die eiland in die groot meer en daar by Linderhof, is vandag nog die pragtigste, pragtigste kastele- kastele wat vir sy land meer geld inbring as enigiets anders, want daagliks stroom duisende besoekers vanoor die hele wereld soontoe om hulle te verkyk aan die wonderlike drome van die eensame koning.

Posted in Euro-trip, feeverhale en ander stories | 9 Kommentaar

Turkısh Delıght

Merhaba arkadaşlar!

So vlieg ons toe ewe hartseer terug SA toe, en land in Istanboel!  Wat ‘n belewenis!

Dit het so gebeur: Toe ons so twaalfuur die nag in Istanboel moes oorklim, deel hulle ons mee dat die vulkaan se as naby Kaapstad is. Ons kan tot in Johannesburg vlieg, maar moontlik nie tot in Kaapstad nie, tensy ons op ons eie koste met ‘n ander lugredery soontoe gaan- of hulle kan ons die nag op hulle koste in ‘n 5ster hotel in Turkye laat oorbly en dan vlieg ons die volgende nag SA toe.

Nouja, ek was nog nooit een om nee te se vir ‘n avontuur nie. Op die lughawe koop mens ‘n visum vir 10 euro. Geen vrae nie, geen foto’s nie. slegs ‘n seel wat in jou paspoort geplak word en jy kan ‘n maand lank in Turkye bly. Dit hotel se kos was heerlik en die georganiseerde toe waarop ons toe die volgende gegaan het, ongelooflik.

Nie net is dit die enigste stad ter wereld wat op twee vastelande gelee is nie ( Europa en Asie, met die Bosperus tussenin), Istanboel was vroeer Konstantinopel en dateer uit ongeveer 11 eeue voor Christus. Geskiedenis drup it elke klip. Hier is die toring wat Egipte vir hulle present gegee het; daar is die ongelooflike oeroue  ondergrondse waterstelsel wat nog steeds silwerskoon water het, gebou met “tweedehandse” ou pilare uit die oertyd, sommige met Medusa se kop op. Ons besoek oa die “blue mosque”  en die Topkapi kasteel, waar hulle, glo dit of nie, selfs MOSES se staf in ‘n glaskas bewaar.

Ons toerleier met sy rooi sambreel, het sy hande vol om ons bymekaar te hou, want daar is massa mense, maar end goed alles goed, niemand raak verlore nie. Hy het ongelooflike kennis, ek wens net ek kan alles onthou wat hy gese het!

Ek bekyk die Turke deeglik, maar nie een van hulle lyk naastenby soos my half-Turkse vriend met sy turkoois oe nie. 

Moeg, maar lekker,( ek het wonderlik baie Turkish Delight geproe uit die proebakkies op die lughawe…) klim ons daardie aand middernag op die vliegtuig. Die keer kry ons geslaap tussen die etey deur! 

Terug is SA gryp die griep my vas en die foto’s en ek voer ‘n stryd met die nuwe laptop. Ek kry net aanmekaar “access denied”, maar nouja, drome kan niemand van jou wegneem nie, en tot ek weer vaartbelein is op die rekenaar:

Hoşçakal!

Posted in Euro-trip | 12 Kommentaar

Deutsche Erlebnis

Guten Tag, meine Freunde!

 Ich komm nur von Deutchland. Wir waren 2 Tagen bei unsere Vreunde in Munchen . Sie waren wunderbar freundlich. Sie haben uns nach die Marienplatz genommen. Da klommen wir ein”tower”, st Peter “tower”. Wir gingen auch nach die Hoffbrau Haus wo wir Schweinen braten essen.  Wir haben auch naar Nieuw Zwanstein und Linderhoff gegehen. Sehr, sehr schon! Am Abend waren wir in ein echte Biergarten.

Der Mann kan sehr gut English sprechen, aber sein Frau kan nur English sprechen soals ich Deutch sprechen kan. Wir haben es in der Schule gelernt- 43 Jaren  jetst. So sprechen und lachen wir die ganze Zeit!

Entschuldigen mir fur die Deutch. Ich vergessen viele Worter und ich weiss nicht wie ein Umlaut hier zu machen. Aber ich probierte! Danke schon, Herr Maritz!

 Nouja, na die 14 verdiepings ou trappies, kon mens uitkyk oor die hele Munchen, en in Linderhoff het ek koning Ludwig baie jammer gekry. Hy was ‘n eensame siel met wonderlike drome, maar sy volk het hom nie verstaan nie( en hy seker nie vir hulle nie) en so is hy uit die weg geruin. Vandag word hy ge-eer vir sy wonderlike nalatenskap wat vir sy land baie geld inbring. ‘n Besoek aan Linderhof is absoluut die moeite werd. Die interieur is pragtig en die mensgemaakte grot is “the stuff dreams are made of”.  Nieu Swanstein se buitekant was Walt Disney se inspirasie toe hy die prins se kasteel moes skets vir Cinderella. Pragtig verby. 

Na ‘n heerlike treinrit deur die Alpe, land ons toe tienuur die aand in Triberg, in die Swartwoud. Dit reen. ‘n Verlate huurmotor staan by die stasie. Die neem ons na ‘n jeugherberg en ry fort.  Na vele geroep en geklop. maak ‘n onvriendelike omie die deur oop?Ja? Ons soek mos slaapplek! Nee, se hy, die Herberg is toe, hier is niemand hier nie. “Maar u is tog hier?” se ek op my beste Duits. ‘Nein!” se hy ewe ontstig.

Ons moes maar in die reen die bult afstap oor brue en watervalle na ‘n dorpie vol koekoekhorlosies( pragtig), waarin almal reeds geslaap het. Uiteindelik land ons toe so 12 nm by ‘n outydse hotelletjie in die hoofstraat, hotel Baren( met umlaut op die a) waar ‘n ou tannetjie vir ons oopmaak. Te heerlik om weer droog te wees! As jy daar slaap, gee hulle die volgende dag vir jou ‘n kaartjie. Met die kaartjie het jy 24 uur toegang tot al die museums, busse en treine in die hele Swartwoud. Ons het heerlik rondgery en gekyk en  geeindig by Schiltach, seker een van die mooiste dorpies in die hele Duitsland.

Nouja, na ‘n bootrit op die Rhein( ingesluit by ‘n mens se euro rail kaartjie) met ‘n kasteel op elke koppie, is ons weer terug in Holland. Hierbo is ‘n foto’tjie van Schiltach, waar julle gerus kan inloer as julle hier rond kom!

Ek kan nie nalaat om die lof te besing van die eurorail nie. Dit klink na baie geld, maar dis absoluut die moeite werd en hoewel ons nog net die helfte van ons tyd daarop opgebruik het, het ons al dubbel die geldwaarde gekry.

Hierbo is dan die foto van Schiltach. Die herbergie met die groen luike hier heelvoor, maak egte heerlike Swartwoudkos teen baie bekostigbare pryse en groot porsies. Lekker!

Posted in Euro-trip | 11 Kommentaar

Van Gogh, Rembrandt en Seegogga

Hoi!

Ag. wat een leuke dag ! Gister hebben we naar Vincent van Gogh’s museum gegaan. Wat mooi! Ik zie zijn kleure- erg vreemd en mooi. Zij schilderijen ziet daar heel modern uit. Helemaal te modern voor zijn tijd. Ik lees zijn verhaal op de wand van de museums en ik denk:” Arme Vincent- jij was een echte misfit. Theo, jouw broeder, moes allemaal voor jou zorg. De wereld moet zijn vrou eer (ik ben haar naam vergeten), want dit is zij wat jou prente bewaar hebben en daarvoor gezorg hebben dat de wereld je nu kent en eert. 

We hebben ook naar die Rijksmuseum gegaan. O wat mooi oude schilderijen!  Rembrandt is waarlik een grote kunstenaar, maar zo ook Vermeer. Ik denk dat niemand vandag nog zo lewensgetrou kan schilderen- ze zijn almal nu zo gewend aan de digitale camera.

Ach, ja, de meisjes in Walletjiestraat waren mooi, maar siestog, wat een zielig leven! Morgen gaan we naar Utrecht, een zeer oue stad.  Maar nu eers wat slapen.

Doie.

Posted in Euro-trip | 3 Kommentaar

Blogging in Holland

Hallo Liewe lesers,

Hier ‘s ek weer met my rooi rok voor jul deur !

Air Turkey is….Turks! Alle aankondigings is in Turks en hulle Engelse aankondigings is ….Grieks. Die lugwaardinnetjies is pragtig, die kos absoluut heerlik en die beenspasie min.

In Amsterdam word ons ontmoet deur my dogter sowel as die tweeling, Ag moeder, hulle is pragtig en stroopsoet. Maar elke twee uur soek hulle hulle melkies en dis nogal ‘n mission om hulle gelukkig te hou. Ons besoek my skoonseun se werk- in die world trade centre in Schipol, en ek is bly om te verneem dat die nie so hoog is soos party waarvan ons geweet het nie.

Die middag durf ek en my man Amsterdam aan. Pragtige ou hoe skewe huisies, kanale, rooi malvas en fietse. Ons loop die boeremark wat Saterdae plaasvind, toevallig raak: Vars uitgedrukte vrugtesappe, vars plaasgroente, gerookte makriel en ander vis, tuisgemaakte kaas, HEERLIKE groot, warm varsgemaakte stroopwafels, klere, hoede en materiaal. Opvallend is dat sommige goed se pryse baie redelik is, selfs vir ‘n Suid-Afrikaner. ‘n Mens kan ‘n groot mooi effekleurige tafeldoek koop vir R 40. Die stroopwafel kos 1 euro. maar is SA sou hy ook so R10 gekos het ( of dalk meer?).

Opvallend ook is die baie kase. jong kaas, maar ook ou kaas word geadverteer, in verskillende kleure van liggeel tot donkerbruin. Een kaas is selfs ouer as 3 jaar, word gespog. Daar is ook gerasperde stukkies van die spesiale kaas waaraan mens kan peusel- hard en vir my nie lekker nie, maar die foto van die fondue pot langsaan laat my vermoed dat dit daarvoor gebruik kan word. Intussen speel die draaiorreltjie, daar is ‘n protesaksie teen iets by de Dam, en die Bijenkorf is vol van die pragtigste handsakke van volstruisleer uit SA.

Dis koud en ons beland in ‘n straatjie vol hasjisj winkels. Hier word die sade vekoop, daar die medisyne, en oral is prentjies van die groen blare en beeldjies van sulke ET-agtige mannetjies wat dagga rook. Jy soek nie hier na ‘n coffee shop as jy lus is vir koffie nie, want ‘n coffee shop is ‘n plek waar jy dwelms koop. Hier gaan jy liewer na een van die vele brownbars. Daar kry jy bier in pragtige glase, sommige amper soos reusagtige wynglase. In een so ‘n bar hang daar….’n geraamde springbokrugbytrui! Die onderskrif se dat die trui tydens die 1999 worldcup gebruik is. Blykbaar is die eienaar van die kroegie ‘n Suid-Afrikaner, maar die is nerens te sien nie. Tog, met so ‘n trui teen die muur, moet ons hom mos ondersteun! 

Nou is ons darem al ‘n paar dagies hier en eet elke aand heerlike biltong! My kinders doen dit vir hulle mede-SA vriende: biltong, chilli-bites en boerewors: heerlik, en hulle kan nie voorbly nie. Maar wag, ek gaan nie verder babbel nie, nou is dit tweeling tyd en vannaand gaan ons kyk hoe lyk Walletjiestraat.

Posted in Euro-trip | 19 Kommentaar

bye bye for now

Na jare se wens, maande se dink en beplan en nou op die nippertjie reelings, het die tyd uiteindelik( te gou?) aangebreek en is dit hier: Ons oorsese trippie.

Donderdag, DV, klim ons op daardie vliegtuig, dws as die berge nie ontplof nie en die aarde nie vergaan in swael en vuur nie( ek hoor daar is weer dalk rookwolke or Europa). Ons is op pad Holland toe, tweeling toe, kinders toe en weg.

Dus liewe blogvriende. as ek dalk stil is, is dit omdat ek besig is- om te pak, te kuier of te vlieg. Ouma se bababoek moet eers biejie skuins le en die treinstories en seestories moet eers bietjie wag.  Dis vakansietyd.

bYE BYE FOR NOW!

Posted in Euro-trip | 7 Kommentaar

Ouma se bababoek. brief 11: Sirkels en spirale

Liewe Leanie, Annika en Lientjie

In die LION KING sing hulle mos oor die circle of life en ek dink deesdae baie daaraan. Dis vir my so of byna alles in die lewe uit sirkels bestaan. Is dit waarom ons praat van ‘n vriendeKRING, ons Bybelstudie KRINGE genoem word , King Arthur ‘n RONDE tafel gehad het? En ja, die aarde is ook rond! Ons lewe is rond en as mens oud is , eindig jy nie ver van waar jy begin het nie ( sonder tande, hare, en op doeke!).

Maar alle grappies op ‘n stokkie, ek glo nogal dat ons lewens soos kringe is en ‘n babatjie se ontwikkeling ook die ronde baan volg, al verder van sy ouers af.

My vriendin, Deirdre, was die wysheid vanself. Sy het twee klein kindertjies gehad, en vir my was dit opvallend hoe ongelooflik rustig sy altyd was in haar hantering van haar kinders.  Een van die redes was haar teorie, wat ek tot vandag toe onthou.

Deirdre het geglo dat’n moeder die spil is waarom ‘n klein babatjie se lewe draai. Eers is hy binne-in haar, in die baarmoeder, besig om te groei. Dan beweeg hy in die volgende kringetjie, buite haar, maar steeds styf teen haar, en word bv geborsvoed en kry kort kort aandag. Dan beweeg hy effens verder weg ( langer ure tussen voedings ens) en verder( begin kruip) ens. Dit is vir die  baba belangrik dat hy weet waar sy anker is( waaraan hy eers vasgeheg was met ‘n naelstring en dan met ‘n onsigbare band, maar steeds vas).

Soos die kindjie  ontwikkel en groei, beweeg hy in spiraalvormige sirkels al verder van die bron af. Klein kindertjies wil dus by hulle mamma bly, maar as hulle sekuur voel , sal hulle later tevrede wees om in ‘n aangrensende vertrek te gaan speel , of buite, al is die ma steeds op haar plek in die huis. Hulle sal miskien kort-kort kom kyk of sy steeds daar is, en dan weer verder gaan speel. Later sal hulle gerus wees om selfs na ‘n ander huis te gaan, skool toe of waar ookal, maar met die vertroue en wete dat die ma daar sal wees al hulle wil terugkom.

Hierdie verloop van omstandighede is oral te bespeur in die natuur. Die mamma dier is net na geboorte feitlik heeltyd by haar kindertjies en sal net weggaan om gou te gaan eet , of selfs die ete mis, as sy bekommerd is oor hulle. Soos hulle groter word begin hulle klim- eers oor haar, en dan effens verder weg, maar nog steeds in die nes, later rondom die nes Ens

Dis belangrik om hierop te let dat dit nie die mammadier is wat ooit haar kinders wegstoot nie, dit is die kinders wat self al verder van haar wegbeweeg soos hulle groter word. Die dier jaag nooit haar kinders weg nie, die band word net geleidelik flouer totdat die kind later volwasse is en op sy eie bene kan staan.

Ook by die mens moet dit so wees. Die babatjie, styf by mamma, 24uur van die dag, en geleidelik al verder- nie weggestoot deur die ouers nie, maar wegbeweeg deur die babatjie self, met die oop pad terug na die ouers toe as hy benoud raak of hulp nodig het.

As ‘n mens jou kinders op hierdie manier gootmaak, kry hulle iets wat jy noem: geborgenheid. Die kind kry die sekuriteit om te weet, sy ouers is daar as hy hulle nodig het, dis ok om hulle hulp te vra as hy hulle nodig het, hulle sal hom beskerm as hy beskerming nodig het, hulle sal vir hom sorg en hulle sal altyd daar wees, hy kan hulle vertrou. Sjoe, watter mondvol!!

Hoe strook dit met ons geloof? Ek glo God het aan ouers hierdie baie belangrike taak gegee- om die anker en die krag in hulle kinders se lewe te wees, totdat die kind naderhand self groot genoeg is om op God alleen te vertrou. Ons is dus die aar waardeur God se liefde na ons kinders toe gaan, die anker wat weer in God geanker is, om ons kinders sekuriteit en geborgenheid te gee. Watter groot verantwoordelikheid rus daar nie op ‘n ouer se skouers nie!

Wanneer hierdie sirkels versteur word, kom daar ‘n deurmekaarspul endus ook  probleme. Nouja, niemand is perfek nie, en toe ek die prentjie bo geteken het, kon ek ook nie my sirkels met die vry hand eweredig trek nie. Dit laat my weer dink aan die lewe- sirkels, maar nie perfek nie, want die lewe is nie regverdig nie en daar gebeur goed wat die sirkels maar krom en skeef maak. Maar dit is die basiese teorie, die ideaal.

Die volgende stellings is my teorie, gegrond op goed wat ek gelees het oor mense met probleme en is nie noodwendig waar nie, want ek het dit  nie deur toetsing vasgestel nie, maar dis hoe ek dit sien en vermoed. As ‘n sielkundige hier lees, sal ek graag sy opinie wil hoor:   Wanneer hierdie kringe doelbewus versteur word deur die ouer,  gebeur daar goed wat ‘n mens dalk nie altyd dadelik van bewus word nie. Die kind se geborgenheid word versteur.

Dit kan wees dat die ouer wil wegbeweeg ipv die kind, maw die kind word in ‘n baan te ver van die ouer af geforseer- ‘n baan waarvoor hy nog nie gereed is nie. Dit kan ook andersom wees, maw die ouers hou die bande te styf van en is nie bereid om die kind toe te laat om geleidelik al hoe meer onafhanklik te raak nie.

So leer die outjie dalk dat hy nie die moeite werd is nie.( swak selfbeeld). Hy leer dat die ouer nie iemand is op wie hy nie kan vertrou nie,( en gaan dus nie met sy probleempies na sy ouer nie, maar na iemand of iets anders, drank,. dwelm of ander krukke). Hy word in gevaarsituasies geplaas waarvoor hy nog nie gereed is nie, ( bv hy weet nie dat hy moet wegvlug na sy ouers as ‘n pedofiel lelike goed met hom wil doen nie). Hy vorm dalk ‘n band met iemand anders wat vir hom meer die gevoel van geborgenheid gee,( en gee in vir groepsdruk) hy soek dalk sy lewe lank na daardie geborgenheid wat hy as jong kind moes ontbeer( en raak dalk oordrewe ma-vas en lei aan skeidingsangs in sy verhoudinge).  Hy leer nie selfdissipline en verantwoordelikheid nie( bv dit hang van die ouer af of hy leer of nie, hy breek heeltemal uit as hy bv op universiteit kom , gaan mal en dop sy eerste jaar )  ens.

Ek voel dus baie sterk dat ‘n babatjie nie toegelaat moet word om te huil sonder dat  ‘n ouer sy bes doen om die kindjie te help nie. Die ouer stoot dan die kindjie weg in ‘n baan te ver van hom af en maak die baan van kommunikasie en hulpverlening, maw die gevoel van geborgenheid toe. Dieselfde gebeur wanneer ‘n kindjie gedwing word om bv by vreemde mense te bly ipv by sy ouers , waar hy veilig voel. Op ongeveer 6 mde leer die kindjie mos sy eie ma en pa erken en huil as hy in ‘n vreemde se arms geplaas word. Dis interessant dat hierdie skeidingsangs by babatjies min of meer ooreenstem met die ouderdom waarop hy begin kruip,l dws die eerste keer dat hy uit sy eie kan wegbeweeg. Dit is die natuur se manier om daardie kindjie te beskerm, en dis ‘n belangrike natuurlike veiligheidsmaatreel. Daarom moet ons dit respekteer.

So kan ons aangaan. Wanneer die outjie liefdevol op sy baan versorg word, en algaande meer onafanklik raak, is hy op die ou einde gereed om skool toe te gaan, en voel hy veilig genoeg om sy veilige ouerhuis te verlaat omdat hy genoeg geborgenheid ervaar het om te weet: dis reg so, vanmiddag gaan ek weer huis toe. Ensovoorts.

Daarom glo ek nie in “sleeptraining” soos ek op die internet gelees het nie, dit het my hare laat orentstaan. Daar word mooi veduidelik dat sommige babas selfs tot ‘n driekwartuur of meer sal skree voordat hulle aan die slaap raak sonder hulle ouers en dat dit baie hard op die ouers is, maar dat ‘n mens net moet volhou en dat die babatjie dan later leer slaap. Dit druis vir my totaal in die natuur, die idee dat kinders geleidelik al verder an hulle ouers af beweeg uit eie eie vrye wil, die natuurlike band van ouerliefde, die sielkunde van empatie, simpatie, ondersteuning, onderskraging, vertroue en liefde en meer nog: teen die woorde van Jesus:” Laat die kindertjies na my toe kom en verhinder hulle nie.”

Dis ook een van die redes waarom ek nie so ten gunste van chreche’s is nie- of van klein kindertjies in skoolkoshuise nie. Ek weet in sommige gevalle is daar geen ander uitweg nie, maar ek voel die kringe word versteur en die duidelike en ooglopende, maar ook die subtiele en onopvallende skades wat so ontstaan, bly die kind soms sy hele lewe by.

Ek is nou baie teoreties en wens ek weet of iemand al ‘n toets gedoen het om te sien hoe die persoonlike verhoudinge en ouer- kind verhoudinge daar uitsien as die kind bv van kleinsaf in ‘n skoolkoshuis is. Die mense wat ek ken wat dit ervaar, sal almal se dat hulle maar van kleinsaf vir hulleself moes sorg, en dis vir my asof die intieme familiebande swakker is. Aan die ander kanthet ek  ook al gesien hoe ‘n twaalfjarige seun huil en aan sy ma vasklou omdat hy bang is om op ‘n weeklange skooltoer saam met sy klasmaats te gaan.  Waarom het hy hierdie gebrek aan sekuriteit gehad?

Vir die ouer van ‘n klein babatjie voel hierdie kringe om jou soms baie styf, sodat jy daarvan wil versmoor. Jy is vasgedraai in alle opsigte!  Tog wil ek hier vir julle drie en sommer vir alle ouers van babatjies se: al voel dit nie so nie, draai hierdie bande al losser en losser, baie gouer as wat jy vermoed, en as jy jou oe uitvee, is die kindjie groot en die bande so los soos jy dit nie wil he nie. Dan kan jy maar trek en draai soos jy wil, maar hierdie noue stywe band, kan  jy nooit weer terugkry nie.

Ek onthou die tyd toe julle so tussen 1 en 6 jaar was. My vriendin, Altalise, se man en haar kinders het vir ‘n week gaan kuier en sy was alleen tuis. Ek het gesmag na daardie bietjie alleenheid en gewens dit was ek. Maar nie lank nie, glo my, is mens se kinders groot, uithuisig, en sit ‘n mens alleen-sonder dat ‘n mens dit wil he!

In die mens se leeftyd ( se 70 jaar, sommige word ouer, ander sterf jonger, maar kom ons vat dit op 70 jaar) is die mens net ‘n baie klein rukkie pap babatjie.( 1 jaar-2jr?n) ‘n Klein rukkie voorskoolse kindjie wat op jou skoot kan sit en deur jou rondgedra kan word(6jr), en dan, ongelukkig of gelukkig(?) word hy groter- te groot om te borsvoed, te groot om aan die slaap gewieg te word, te groot om rondgedra en getroetel te word, onafhanklik, al meer op sy eie. In ‘n lewe van se 70 jaar, is die kindjie dus ‘n baie klein rukkie regtig klein. Waarom wil ‘n mens hom dan forseer om gouer groot te word? Hy het die res van sy hele lewe om groot te wees! Geniet en waardeer hierdie mooi tydjie in jou kind se lewe. Glo my, jy gaan dit nog mis.

Nouja, ek weet nie of ek nou eintlik hier iets gese het wat die moeite werd is nie, behalwe dat ek voel dat ouers  beskikbaar moet wees vir hulle kinders, hoe kleiner die kind hoe meer beskikbaar. Julle is julle kinders se enigste en grootste anker, en hier moet ons as ouers werklik probeer om ons kinders met soveel liefde te vesorg soos Jesus dit sou gedoen het. Dit is soms baie swaar vir ons as ouers, want niemand is perfek nie, maar ons moet probeer. Dit beteken nie ons moenie hulp he nie, inteendeel, hoe meer hulp ons het, hoe makliker sal dit vir ons wees om hierdie liefdevolle groot taak te verrig. Daarom wil ek ook alle jong mammas aanraai om hulp te kry as hulle kan, want hierdie is ‘n 24uur job!

Dit beteken ook geensinds dat daar nie dissipline moet wees nie, maar dissipline moet toepaslik wees vir die baan waar die kind is. Dit leer op liefdevolle wyse vir die kind die regte manier van doen en dit help die kind binne-in sy regte baan bly( bv geen flieks wat nie geskik is vir jou oudedom nie). Dissipline is nie om ‘n kind uit sy veilige baan te verwyder of die anker  weg te neem nie.Vir my is hierdie idee van naby en verder sonder forsering nogal baie belangrik.

Nouja ek het net gevoel dat ek hierdie basiese teorie wil verduidelik.

Ek wil nou graag hier se soos die Engelse: Happy parenting!

Lekker slaap en baie liefde

Ma

ns. As ek so hier lees, dan besef ek dat ek baie keer tekortgeskiet het as ouer en nie my eie teorie volkome kon uitvoer nie. Daaroor is ek oneindig jammer, en ek weet dat niks dit kan regmaak nie. Vergewe my asseblief.

Om die volgende brief te lees, klik hier.

Posted in ouma se bababoek ( ouerleiding) | 7 Kommentaar

At 22 Die taal van depressie

Soos Klippie, soos Girl van die Suburbs en soos baie ander mense, was ek ook eenmaal, lank gelede baie nou betrokke by iemand met depressie. Dis genoeg om jou self depressief te maak, want jy is magteloos teen soveel hartseer. Dit het ek desyds oor hom geskryf:

 You- at 22

At 22 the day breaks no more with joyous colours.

The new morning starts weary and old- at 22.

You hug the pillow once more as if it is love itself,

and turn heavily over to sleep again:

At 22 you’re old and weary and getting up a strain.

Young children must please leave you alone at 22.

The joy of loving is but an empty passtime-

all things must pass-at 22.

You’re too old for games, life has gone by-

you’re old-

you’re 22.

 

Posted in die tale wat ons praat, English blogs, gedigte en rympies (seestrome van verlange), Vertelling: Die Juffrou en John | 6 Kommentaar

Wat? Rule the world???

Om te blog of nie?

Ek is maar ‘n klein bloggertjie. In vergelyking met ander bloggers het ek maar min rooi kolletjies. Daar is nog steeds nie ‘n kolletjie in Frankryk nie, en ek wil so graag daar ‘n kolletjie he. In vergelyking met die meeste van julle ander bloggers het ek maar min besoekers per dag.

Maar as ek na die stats kyk ( en ek is versot daarop om daarna te kyk) , sien ek goed, soos bv dat daar gister 84 mense gelees het wat ek geskryf het, en 82 eergister. Nou terwyl ek hier skryf , het daar alreeds 31 mense vandag iets van my skryfsels gelees. Wereldwyd, nie net hier in SA nie. En van einde verlede jaar af, toe ek begin blog het, is my goeters reeds meer as 6030 keer gelees-tot in Ysland!

Dan is daar die soekenjins.  Mense soek iets op die internet-weird goeters, en kom dan op my blog af( en julle s’n sekerlik ook). Die blogs is goed verteenwoordig en as jy net ‘n woord tik wat in jou blog voorkom, pop hy op en iemand lees hom.

Dis vir my ongelooflik, ek wat altyd lief was vir skryf, maar nooit rerig my daarop toegespits het nie, ek wat nie eintlik so ‘n goeie skrywer is nie ( het in my jong jare stories probeer sonder veel sukses), sommer net ek, hier op die punt van Afrika, ver van die gewoel van die wereld af.

Sonder ‘n keurder, ‘n redakteur of ‘n sensor wat my werk afkeur, redigeer of dwing om te verander, kan ek vir die wye wereld se net wat ek wil. EN HULLE LEES DIT!  Ek kry wel geen geld daarvoor nie, maar ek hoef ook geen geld uit te gee om fotograwe te betaal of handewringend te sit en hoop iemand koop my boek nie.( die internetuitgawes sou ons mos in elk geval he of ons nou blog of nie…) Skielik, met die klik van ‘n knoppie, het ek verander in ‘n internasionale skryfster! Netso! En as ek nou in Engels geblog het, dan was die Kaap nog meer Hollands.

As ek , hierdie klein bloggertjie, nou so internasionale status bereik het, hoeveel te meer nie julle ander ouens met die baie rooi kolletjies en die groot daaglikse leserstal nie? Besef julle watter impak julle op mense se lewe kan he met julle blogs? Besef ek? Watter verantwoordelikheid!

Daagliks lees mense hoofstukke van ma se seksboek en nou ook die bababoek. Is ek nie dalk besig om droog te maak op groot skaal nie? Kan ek dit waag om my beskeie menings die wereld in te stuur, menings wat dalk ‘n groot effek op ander se lewens kan he mbt hulle houdings teenoor seks, of die manier waarop hulle hulle babas grootmaak? Dis mos GROOT issues?

Ek het myself nou lekker banggepraat hier. Ek wou graag hierdie skrywe positief beindig het.

Iets soos:” Dink wat ons se, ons kan ‘n verskil maak”.

Of: “watter wonderlike kans om mense te bereik en positief te beinvloed” .

Maar ek sit nou eers bietjie verskrik hier.  Om te blog is ‘n groot veantwoordelikheid!

Posted in Los opdrifsels | 11 Kommentaar

Twee is beter as een

Ek het dikwels oumas en oupas hoor gesels oor hulle kleinkinders en hoe lief hulle vir hulle is. Kon nooit lekker verstaan hoekom nie. Nou weet ek nog steeds nie hoe dit werk nie- ek is mos nie die tweetjies se mamma nie, maar ek is klaar lief vir hulle, al het ek hulle nog nie eers gesien nie.

Die tweetjies is te pragtig en vorder goed, die kinderarts is tevrede en op hierdie foto’tjie  is die tweeling ewe tevrede, lyk dit my! Hulle mamma en pappa word goed besig gehou met voedings elke 3 uur, maar verder is hulle stroopsoet. Die foto is geneem toe die tweetjies so 3 en ‘n halwe weke oud was en vandag, Dinsdag, is hulle ‘n volle 4 weke oud. Willem is die kleintjie, maar die oudste en Markus is die groter boetie , maar die jongste.

Baie dankie vir al julle gebede toe hulle dit baie nodig gehad het. Dit het beslis gehelp!

Hier is ouma se bragfoto’tjies!

Posted in idioomstories | 6 Kommentaar

Ouma se bababoek . Brief 10. Babas en dokters

Liewe Leanie, Annika En Lienkie Ek is eintlik nog heeltyd besig met basiese uitgangspunte. Het glad nie geweet daar is so baie nie! Vandag wil ek praat oor babas, dokters en medisyne.

‘n Babatjie het mos die manier om sommer vinnig te verander. Die een oomblik is hy springlewendig gesond en die volgende oomblik dodelik siek. En dan word hy net so gou weer gesond ook!( gewoonlik net mooi voor jy by die dr se spreekkamer instap!) Maar liewer bang Jan as dooie Jan, glo ek. As jy bekommerd voel oor jou babatjie(s), vat hom dokter toe, verkieslik na ‘n kinderarts. Ek weet van mense wat net gedog het hulle kind het verkoue, maar toe hulle uiteindelik dr toe gaan , het die outjie altyd longontseking gehad en was dodelik siek. Of ander wat gedog het hulle kindjie het maar net ‘n kwaai hoes, maar toe het sy een longetjie al eintlik platgeval en hy moes jare lank baie goed opgepas word. Miskien vat jy dus jou kindjie soms verniet dokter toe, maar dan het jy ten minste die gerusstelling dat hy “OK” is.

Kyk wat die dr doen as hulle die babatjie ondersoek, sodat jy kan leer. So is daar sekere goed wat jy later self kan kyk, bv hoe lyk ‘n gesonde keelgat, hoe lyk mangelontsteking, hoe lyk ‘n strep keel, ens. Maak seker dat jy weet wat die medisyne is wat hulle voorskryf. Is dit antibiotika? Is daar penicillin in? Is dit kortisone? Hoeveel? Is dit ‘n slymopdroogmiddel of ‘n slym losmaakmiddel? Vra die dokter uit daaroor as hy iets voorskryf.

Leer ook nog ‘n paar goedjies: Wat is die normale hartklop vir jou babatjie se ouderdom? ‘n Hartjie wat te vinnig klop is ook ‘n goeie aanduiding dat jou kindjie regtig siek is, maar onthou dat hulle normale hartklop vinniger is as die an ‘n volwassene.

Kry ‘n koorspennetjie.

Let op na jou babatjie se gedrag. Is hy besonder dooierig , of besonder huilerig? Al hierdie goed is tekens. Kry vir jou ‘n goeie bababoek wat al die kindersiektes verduidelik en wat die simptome is, sodat jy ‘n idee het wat om te doen.

Daar is egter ‘n paar belangrike reels wat ek nou sommer self vir julle hier wil se: Moet nooit ‘n babajie plat laat le en drink nie- dit veroorsaak oorinfeksie. Moet nooit vir ‘n babatjie slymopdroogmiddels gee as hy verkoue is nie- dit veroorsaak oorinfeksie en ‘gom’-ore. Algemene dokters (gp’s) is baie geneig om dit voor te skryf. Weier hierdie medisyne  en vra vir ander medisyne. Gee ALTYD slymlosmaakmiddel, nie andersom nie. Stoom help ook baie vir lugweginfeksies, die oopmaak en dit voorkom of help met moontlike kroep. Kook bv ‘n ketel in die kamer, of sit met die babatjie in die badkamer, maak die deure toe en draai die warm waterkrane oop vir stoom.

Lees ook hier oor verkoue by babatjies: update oor verkoue by babatjies

‘n Koue lappie op die maag, help vir koors. Of bad die babajie in ‘n lou bad. Trek die babatjie uit en sit hom kaal teen jou kaal vel. Jou liggaam neem van die hitte weg en normaliseer syne, nes dit hom ook warm maak as hy uitermatig koud is.

Sny sommer uit die staanspoor soveel moontlik goed uit wat allergie kan veroorsaak. Was bv babatjies met skoon ongegeurde  ongekleurde aqueous room( waterige room in Hollands). Dit is die goedkoopste van alle rome, want alle rome bevat aqueousroom as basis en voeg dan goed by soos kleur, geur en ander produkte bv lanolien( waarvoor Annika bv allergies was)  by baie babaprodukte.

Koeimelk( gebruik eerder soja of bokmelk as jy nie moedersmelk kan gebruik nie), eiers, kleursels, geursels ens kan alles probleme veroorsaak by babajies en klein kindertjies en babatjies. Leanie, jy het eenkeer byna twee dae lank nie geslaap nie en soos ‘n maniak op en af in die gang gekruip na ‘n bietjie lekker rooi jellie! Annika, was weer so siek soos ‘n hond na haar maselsinenting en moes dokterbehandeling kry- die serum word in eier gemaak, dink ek.Ens.Gebruik ook natuurlik waspoeiers, soos Sunlight vir babas. Dit werk heel goed in ‘n outomatiese wasmasjien.

Gaan altyd eerder na ‘n kinderarts as na ‘n gewone dokter as jy vermoed dat daar iets ernstig skort.  Gewone dokters gee meer dikwels te kwaai medisyne vir ‘n klein babatjie en is nie so op hoogte soos ‘n kinderarts wat heeldag met kleintjies werk nie.  Hulle hele benadering tot die babatjie verskil ook.  So sal ‘n gewone dr maklik slymopdroogmiddel voorskryf, of ‘n maagstopmiddel, maar ‘n kinderarts sal slymlosmaakmiddel voorskryf en dalk ‘n swamdoder vir die magie. Julle het nou ‘n kinderarts, Leanie, so hou maar daar ipv die gewone dr sover moontlik.

Beskou alle diaree as ernstig. Dit is dalk nie, maar sommige soorte is dodelik, moet dus nie kans vat nie, maak seker. Maak seker jou babatjie kry genoeg vloeistof in, veral as hy opgooi. Sit met druppertjie of telepeltjie kort kort bietjie water in sy mondjie. Ontwatering is ‘n groot gevaar. Dit beteken nie slegs vloeistof nie, maar ook elektroliete, dws liggaamsoute. Daarom neem mens afgekoelde gekookte water en roer suiker en sout by en gee dan vir so ‘n gastrobabatjie om te drink mbv druppertjie of teleltjie( 1 liter gekookte afgekoelde water, 1 eetlepel sout en 1 eetlepel suiker is ‘n goedkoop, maar effektiewe elektrolietoplossing, maar maak elke dag ‘n vars oplossing aan solank nodig).

As jou kindjie mangelinfeksie kry,( simptome naarheid en koors en rooi keel met soms wit stippeltjies op mangels) is onmiddellike behandeling nodig, dit voorkom moontlike rumatiekkoors. As jy egter reeds die tekens van mangels ken, is Tonsolyt ‘n baie effektiewe natuurlike middel ipv antibiotika. Dit is deur ‘n apteker wat self klein kindertjies gehad het vir my aanbeveel, en  het baie doktersonkostes gespaar. Sekere keelinfeksies het ook onmiddellike doktersbehandeling nodig: As jy in jou kindjie se keel afkyk en die rooi kolletjes sit daar in sulke rytjies: DR TOE! Die meeste nare peste en kwale  sien mens eerste daar: in die keel. As ek julle nie so ondersoek het nie, het julle al drie skarlakenkoors gekry. Gelukkig is dit so gou ontdek dat net Annika effens siekgeword het.

Alle kursesse antibiotika moet altyd ten volle voltooi word, al is die babatjie gesond lank voordat die antibiotika klaar is. Dit voorkom dat die baba allergies raak vir of immuun raak teen die betrokke antibiotika. Gee altyd inteflora of probiflora saam met antibiotika. Dit help om die dermkanaal te normaliseer. Antibiotika gooi dit omver en die kindjie word daarvan naar of kry weer daarna swaminfeksies. Dokters vergeet om dit voor te skryf, daarom moet julle as ouers daarvoor vra as hulle dit nie doen nie.  Hierdie pilletjies is ook die eerste wat jy gryp as jou kind ( of jou man!) ‘n maagongesteldheid opdoen en is skadeloos. Dis dus goed om in die huis te he.

Daar is verskillende soorte babakoorsmedisyne. Brufen help ook vir infeksies, maar maak baie seker van die dosis en of dit nadelig vir jou babatjie kan wees.   Vra jou kinderarts wat sy sou aanbeveel om in die huis te hou.

Gaan asb 1x per week met jou babatjies kliniek toe, of soos daar in anderland voorgeskryf. Dis ‘n gerusstelling  om rekord te hou van hulle gewigtoename en hulle inentings te kry op hulle tyd. So hoor jy ook sommer of jou babatjies gesond is of nie. Babatjies kry direk na geboorte tering inenting in SA die volgende inenting by die kliniek is die vir kinkhoes, klem in die kaak en witseerkeel. Dit staan bekend as die 3 in 1.’n Mens kan egter ook die twee in een gee. Ek het bv geweier dat julle die kinkhoes kry, aangesien daar epilepsie aan jule pa se kant van die familie was, en die kinkhoesinenting epilepsie kan aanhelp. Ek dink egter dat julle te ver verwyder is daarvan, en dat dit veilig behoort te wees vir julle babatjies. Dit kan ook wees dat die inenting met die jare verbeter het. Kinkhoes is potensieel dodelik vir babatjies, dus met mens mooi dink voor jy dit weier.Vra die kinderarts. Polio inentings word ook hierdie tyd gegee. Op ongeveer 9 maande tot 1 jaar kry babatjies die maselinenting. Dis ‘n taamlike kwaai inenting. Dit is belangik dat julle ‘n jaar later die volgende 3 in 1 gee, die MMR, nl masels, duitse masels en pampoentjies( rubella). Vir alle kinders is masels baie gevaarlik en die booster is nodig. Vir dogtertjies is die duitse masels baie nodig om probleme later  tydens swangerskap  te voorkom en vir seuntjies is die pampoentjies inenting baie belangrik omdat pampoentjies onvrugbaarheid tot gevolg kan he. Dit is baie belangrik dat julle seker maak van die ouderdom waarop die inentings gegee moet word.

Nouja, as mens aan siektes dink, wil ‘n mens sommer weghardloop. Ek wil egter een laaste tip gee. Daar bestaan ‘n inspuiting, berri-globien, wat ‘n bloedproduk is, wat weerstand versterk. Dis ongelooflik fantasties en word in ‘n reeks van so 3 gegee. ‘n Mens hoop dat dit nooit nodig sal wees om dit  gebruik nie, maar hulle het dit wel vir jou gegee toe jy gediagnseer is met te min yster, Leanie.( Jy het baie gesukkel met diaree as babatjie.) Dit het jou behoorlik laat huppel en gesond word. Ek weet nie of dit noodsaaklik was dat jy dit kry nie, maar wat ek wel weet, is dat dit Lientjie se lewe gered het.  Toe sy as 7mnde oue babatjie ernstig griep kry, en haar koors elke 4 uur oor die 40grade was vir 5 dae lank, het ek besef dat haar liggaampie nie sterk genoeg is teen hierdie siekte nie en die dr gevra om dit te gee.(Ek het mos gesien wat dit aan jou gedoen het) Hy het nie gedink dit sal help nie, maar het dit uit desperaatheid probeer- met onmiddellike ongelooflike resultate! Die koors het dadelik dramaties begin sak en die siekte gedraai. Dit was ongelooflik en die dokter sowel as ek het iets geleer. Onthou dit as dinge begin desperaat lyk.

Verder moet ‘n mens natuurlik aanvanklik baie skoon werk met sulke klein babatjies, maar ek glo daaraan dat babatjies geleidelik kiembestand moet raak. Daarom kan ‘n mens hulle aanvanklik op hulle kombersie op die grond laat le en skop,. maar as hulle begin omrol, is dit goed dat hulle bv op die mat of gras ook rol. Ek glo nogal aan ‘n babatjie plat op die vloer of grond. Sodoende leer hy teksure, vorms, kleure , geure en ook kieme ken. So ontwikkel hy ook sy fyn en groot spierbeheer. Loopringe is absoluut UIT, en so ook Jumping jims, maar dit ‘n hoofstuk op sy eie: klik  hier om meer daaroor te lees: Dis nie doodsake as hulle soms ‘n ding in hulle mond druk wat julle as nie absoluut skoon beskou nie.  Hulle gaan dit in elk geval doen, en sodoende bou hulle weerstand op.

Nouja, al hierdie siektes het my nou skoon uitgeput. Gelukkig is julle babatjies baie goed beskerm met al die moedersmelk wat hulle kry!

Sterkte en baie liefde.

Mamma

Om die volgende brief te lees, klik hier.

Posted in ouma se bababoek ( ouerleiding) | 5 Kommentaar

KRATER 7: Ander kraters wat ek ken……

Ag, wat sal ek nou se? Lag ek vir die kraters wat ek teekom?? Ja natuurlik! Sien ek dus neer op hulle? Nee, glad nie! Maar die lewe is so ernstig en so ‘n kratertjie of twee kikker mos mens se dag op! En hulle kan mos maar vir my ook lag, wat,  ek gee glad nie om nie!

S0 het ek ‘n vriendin, destyds joolprinses, pragtig en fyn. Toe sy en my ander ‘Varsity vriende kom kuier, is Elize in die proses om ‘n inplantaat te kry. Sy moet tydelik een valstandjie dra, maar die ding pla, en soms word hy uitgehaal. Na ‘n heerlike kuiertjie in ‘n “coffeeshop” is Elise skielik ontsteld- haar tandjie is weg! Ons is terug koffiewinkel toe soek soek hoog en laag. Naderhand word die kelnerin bygesleep, en Elize verduidelik met erns:'” Het jy nie dalk so ‘n pienk ding gesien nie? So ‘n snaakse pienk ding met een tand in?”

Die kelner se gesig het boekdele gespreek, en ons ander het gerol van die lag tot by die motor, waar ons Elise se tand gekry het, netjies op die agterste sitplek.

By Jack’s ons nightspot, sien ons ook hier en daar eienaardige goeters. So kom ek en my man een aand net na toemaaktyd daar. Die ligte brand nog en die kroegman is seker besig om te sluit, want sy bakkie staan daar buite en ‘idle.’ Ons wag dat die alarm se blou liggie moet aangaan en hy uitkom, maar niks gebeur nie. Naderhand besluit ons om in te gaan en kyk wat van hom geword het. Daar sit hy heerlik en kuier met ‘n vriendinnetjie oor ‘n glasie sjerrie. “Maar jou bakkie staan dan en idle hier buite!”

“Dis nie my bakkie nie” se hy verbaas.

Ons gaan almal buite ondersoek instel. Binne in die bakkie sit ‘n man agter die stuur, sy hand nog so half op die sleutel,  en hy snork soos hy slaap. Erens, daardie oomblikkie tussen die aanskakel van die motor en die wegry, het hy aan die slaap geraak. Ons het hom probeer wakkermaak, maar hy was ver weg in droomland. Ons het maar sy motor afgesit en mbv die deurknoppies hom binne-in sy bakkie toegesluit. Ek wonder nou nog hoe laat hy toe wakker geword het, en wat hy gedink het toe hy sien waar hy is!

By Jack’s bly die mense soms tot laat in die nag, meestal om te dans en te gesels, en dan vergeet mens soms iets daar. Dis nie ongewoon dat ons die volgende dag opgeklop word om af te gaan Jack’s toe nie. Soms word daar ‘n trui of baadjie vergeet, ‘n handsak, en dikwels ‘n selfoon. Soms ‘n motorsleutel of twee.

Maar vanoggend kom daar vroegerig ‘n man hier aan. – of ek nie asseblief gou Jack’s vir hom wil gaan oopsluit nie?  Hy het iets daar verloor : SY TANDE! 

Nouja, die ou het toe gelukkig weer sy stelletjie tande gekry (op die vloer naby die kroeg- hy gooi hulle soms in sy drankie , se hy) en hy weet nie eers dat hy my dag gemaak het nie.

 Dit laat my mos nou dink aan ‘n straatsmous wat my nuwe skoonseun nou die dag op Ashton raakgeloop het. Hy het ‘n foto laat neem van hom by die stalletjie, want al het Ashton so ‘n ‘grend’ naam, se hierdie swart intrepreneur se besondere stalletjie net een ding: Jy is nou in Afrika!

Posted in kraters en ander skandes (humor) | 12 Kommentaar

Ouma se bababoek, brief 9. Geloof

Liewe Leanie, Annika En Lienkie

Ek was nog eintlik besig met kerngedagtes, toe kom die tweelinkie al, en moes ek gou eers ‘n paar praktiese tips uitdeel. Maar nou is dit tyd om terug te kom na die grootste kernwaarheid: Geloof.

Ons glo in ons huisgesin aan God, die almagtige liefdevolle Vader, Jesus Christus, Sy seun, en die Heilige Gees. Ek glo ook dat daar min mense is wat hierdie band met hulle God meer nodig het as juis ‘n mamma en pappa. Om kinders groot te maak sonder ‘GELOOF’  is net vir my ondenkbaar. Ons is net nie goed genoeg en sterk genoeg nie, en ek kry ouers wat dit prober doen, baie jammer.

As jou babatjie huil en jy weet nie wat om te doen nie, BID! As hy siek is en jy is bekommerd oor hom, BID! As hy slapies en hy is vir jou so mooi dat jou hart wil breek, BID! As hy op sy eerste wankelrige treetjies die wereld vol gevare binnestap, BID! Bid elke dag vir jou kindertjies. Bid hardop sodat hy( hulle) dit hoor, sodat hulle van babatjiedae af weet waar hulle krag vandaan kom. Noem hulle by die naam in jou gebede en dra hulle elke dag op aan God. En dank God elke dag vir sy genade.

En weet julle wat? Ek het dit al klinkklaar en duidelik ervaar: Ons Vader luister na ons smekinge, hy verhoor ons gebede- miskien nie altyd op die manier wat ons graag sou wou he nie, maar hy doen.

Ek moet hier vertel vn Annika se oortjies. Jy het mos op 2 mde ouderdom begin met ‘n chroniese middeloorontsteking wat net nie wou opklaar nie. Boonop was jy mos allergies vir alles. Dit was antibiotika, verkouemedisyne en antibiotika vir 2 mde lank, tot ons op die ou einde by ‘n oor-, neus- en keelspesialis geland het. Gedurende daardie tyd het jy mos nooit geslaap nie, Annika( en ek ook nie!) en was pal op die arm.

Toe die ONK se medisyne ook nie werk nie, besluit hy summier om pypies in die ore te sit- sommer dieselfde aand nog en ek moet jou half 6 by die hospitaal he. Ek is hoogs ontsteld huis toe :grommits! Ek het lank gewerk met kinders met pypies in die ore en weet hoe daar nie mag water in die ore nie, hoe hulle uitval en daar weer ingesit moet word en sommer net hoe die arme kind ‘n hele gekiedenis van ore  opbou( en gepaardgaande leerprobleme).Dan is daar nog die baie gevare von vroee narkose….. En ek weet een ding: EK SIEN NIE KANS NIE!

Toe eers besef ek dan ek nog nooit met erns vir Annika se oortjies gebid het nie.

Ek bel die dokter: ek gaan nie nou vandag pypies laat insit nie,  gee asb medisyne vir nog een week, ek wil eers gaan bid.

Die ONK was baie gaaf. Hy besluit op medisyne vir nog 10 dae en na 10 dae kon hy dit self nie glo nie: Annika se oortjies is heeltemal gesond. Maar dis nie al nie: Tot op hede ( en jy is mos nou 26jr oud, ne Annika?) het Annika nog nooit weer oorinfeksie gehad nie. Nog NOOIT WEER nie!

Nouja. Nou die dag het ‘n vriendin ‘n brief gestuur wat hulle moes lees op haar kleinkind se “namegiving” seremonie. Haar kinders is nie gelowig nie.  Dis ‘n pragtige brief vol mooi wense dat hy omring sal wees van mense wat vir hom lief is en op wie hy kan vertrou en by wie hy krag kan kry, sodat hy kan groei tot volwassene met wysheid en insig ens.

Ek kon nie help om die ou babatjie jammer te kry nie. Mense is ongelukkig so feilbaar. Hulle maak foute, het gebrekkige oordeel, hulle trek weg of sterf. Daar is net EEN op wie mens volkome kan vertrou en wat altyd vir mens die regte pad sal wys en wat jou nooit sal verlaat nie: God.

Saam met God kry julle as ouers krag , rus en vrede wat alle verstand te bowe gaan. Mag dit goed gaan met daardie pragtige twee bondeltjies lewe.

Baie liefde

Mamma

Om brief 10 te lees, klik hier.

Posted in ouma se bababoek ( ouerleiding) | 12 Kommentaar

Die taal van die ouderdom

                             Memories

Summertime’s so long ago

it’s now winter in my soul.

The future holds so little charm

but sweet memories are a balm.

Memories of days gone by

memories of you and I:

A bond so unique, so rare,

                                                          with such a lot of tender care….

                                                So here I sit day by day

                                                   dreaming the time away,

                                                        missing the summers of long ago,

                                                it’s now winter in my soul.

Posted in die tale wat ons praat, English blogs, gedigte en rympies (seestrome van verlange) | 4 Kommentaar

Ouma se bababoek, brief 8. ‘n Paar praktiese tips en dag versus nag

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

Goeie aarde, hierdie bababoek is baie deurmekaar, want die tweeling het mos bietjie gou gekom en die ouma het ‘n bietjie stadig geskryf, dus is alles glad nie in volgorde nie.

Dus skryf ek gou hier ‘n paar praktiese dinge, al het ek nog basiese beginsels at ek wil beskryf.  Jy weet dit seker al Leanie, maar aangesien jy, Annika, nou daar help en jy, Lienkie, nog dalk ook eenfag Mamma gaan word, skryf ek dit maar.

Slaaptyd: Deesdae glo die wat weet, dat babatjies op hulle ruggie moet slaap. Vroeer was dit taboe en moes hulle op hulle sy of maag slaap. Julle het op julle sytjies grootgeword. Een slapie op die reggtersy, die volgende slapie op die linkersy.Geen kussing word gebuik nie,omdat die babatjie mag versmoor. Aangesien ‘n babatjie vanself altyd met sy koppie sywaarts le, is rug seker reg, maar ek dink tog mens moet seker maak dat hy nie elke keer sy koppie in dieselfde rigting draai nie. Ons wil nie skewe koppe he nie! Ek glo ook nie sywaarts is verkeerd nie, dit voorkom dalk weer plat koppe!. As ‘n babajie styf toegedraai word soos pasgebore babatjies gedoen word, sal ek nie die maagligging aanbeveel nie. Dit moet erg ongemaklik wees. Sodra hy egter los le en self sy koppie kan lig en beweeg, geniet hulle soms hierdie maagligging, soos klein Markus ook in die hospitaal gedoen het. Maar dan moet sy armpies en beentjies los wees sodat hy hulle kan beweeg soos hy wil.

Sing gerus vir jou babatjie. Jou stem maak hom rustig en later assosieer hy waarskynlik ‘n sekere liedjie met slaaptyd. Wieg? Vroeer het hulle mos wiegies gemaak wat soos ‘n swaaitjie liggies een en weer geswaai het, en dan het die babatjie salig geslaap. Hulle hou hulle daarvan om gewieg te word of heen en weer ‘n stootwaentjie gestoot te word. Dis egter soms ‘n tydsame proses en daar was selfs een of tweekeer wat ons met die motor om die blok gery het om jou aan die slaap te maak, Leanie!  Die ideaal is seker dat ‘n mens die babatjie in die cot sit en dat hy self so aan die slaap raak. Ek kon dit nooit regkry nie, behalwe met Annika wat om een of ander rede nie van wieg gehou het nie. Ek moes wel sing vir haar. Met my stemprobleem van destyds het “doedoe babatjie”  en lamtietie damtietie alles so op een noot uitgekom- ‘n basnoot!, maar babatjies is nie kieskeurig nie, hulle wil net daardie liefde en nabyheid he.

Ek glo GLAD NIE daaraan om ooit ‘n babatjie in ‘n cot te sit en te laat le en huil tot hy slaap nie. Ek dink dis gemeen en wreed en ek kan nie glo dat party bababoeke dit voorstel nie. Ek was eenkeer in ‘n huis waar ek ‘n mamma dit  sien doen het en ek wou mal word. Ek dink dit druis in teen alles wat liefde en versorging beteken, en is doodseker daardie arme kindertjies het ‘n sielkundige knou gekry.

Wakkertyd. Geleidelik bly babatjies al langer en langer wakker. Nou is dit speeltyd. Snaakse geluidjies mooi prentjies , sagte speelgoedjies, musiek ag, alles waaraan jy kan dink  en baie praat! Babatjie kan gestimuleer word met kleure, teksture, vorms, klank en taal, want dis mos wat alle boeke voorstel: Stimuleer jou babatjie soveel moontlik en bevorder so sy intelligensie. Dis wel waar, maar wat die boeke nie se nie, is dat normale speel en troetel nog meer waardevol is as enige iets. Ek het altyd my verstom hoe jou pa met jou kon speel, Leanie, en jy was maar  2 weke oud!  Lag, snaakse geluidjies en grappies en hy het dit net soveel geniet soos jy!

‘n Klein woord van waarskuwing. Met klein babatjies moet mens nie  rof speel deur hulle bv te vinnig te beweeg nie. Dis gevaarlik as hulle koppies te vinnig ruk.

Die probleem met ‘n mamma wat self huiswerk doen, is dat tyd so beperk is en die  werk so baie. Hierdie wakkertyd van die babatjies is egter belangriker as ‘n netjies huis, belangiker as fyngebak of ingewikkelde kos op die tafel. Daar het tannie Letta en haar ouers ‘n goeie voorbeeld gestel. Die huis het gedurig vol speelgoed gele, dit was moeilik om een mis te trap. Die kindertjies was meestal maar vuilerig met deurmekaar hare. Eenkeer het ‘n potplant in haar sitkamer omgeval en die grond het uitgeval. Die volgende week was die hopie grond steeds daar op die vloer, maar nou was dit ‘n sandput. Tannie Letta was miskien ‘n uiterste geval, maar haar kinders was sielsgelukkig en emosioneel gesond en het ook later op universiteit baie goed gevaar.

Jou kindertjies is nou nog te klein vir sandputte, maar hulle  is nie te klein om mee gespeel te word nie!

Dagtyd en nagtyd . Die mens is ‘n dagdier, daarom kan ons nie in die donker sien nie. Die koms van elektrisiteit het ons ure verskuif, maar ons is biologies steeds nes die hoenders. Donker:slaap, lig:wakker. Daarom slaap ons ook baie lekkerder in die donker, en daar is selfs navorsing gedoen wat bevind het dat dit werklik donker moet wees as mens behoorlike slaaprus  wil kry vir volgehoue goeie gesondheid.

‘n Pasgebore babatjie slaap egter dag en nag omtrent eweveel. Hy moet  geleidelik leer dat nagtyd uitsluitlik slaaptyd is en dagtyd wakkertyd.  Daarom speel mens bedags met hom die kort rukkies wat hy wakker is, en gesels met om en wys vir hom goedjies.    Ek glo nie daaraan om hom bedags in ‘n donker kamer te laat le en slaap nie. Dis mos dag. Hy moet ook leer om te slaap met al die gewone daaglikse geluide wat bedags plaasvind- mense wat gesels, radio wat speel ens. As hy net gewoond is om in stilte en donkerte te slaap, sukkel die mamma baie en sluip jy heeldag soos ‘n skelm in jou huis rond of sit daar, te bang om te roer! As hy wil wakker word, moet hy maar wakker word, dis mos dag!( Maar ek weet uit ondervinding dat ‘n mens soms enigiets sal doen, selfs sluip, net om nie babatjie wakker te maak nie, omdat jy so min tyd vir jouself kry! )

Nagtyd is egter slaaptyd.  Die moeilikeid is dat babatjie nie altyd weet dis slaaptyd nie. Daarom glo ek nie daaraan om nou skielik die lig aan te sit as babatjie wakker word vir sy voeding nie.  Jy maak hom wakker! Jy maak ook jouself wakker! Dis goed om erens ‘n ganglig te laat brand sodat jy darem kan sien wat jy doen. Sit vooraf die doekies  gereed sodat doekruil sommer maklik sonder enige gesukkel in die donker skemer kan plaasvind. Jy maak net sagte sjuu-sjuu en ander fluistergeluidjies as jy met ou babatjie werk, dis mos nou slaaptyd, nie speeltyd nie. Doekie geruil, babatjie gevoed en SLAAP. Daarom is dit baie makliker en vinniger as babatjie se cot langs jou bed saan en  jy self nie hoef op te staan nie. Elke opstaan maak jou verder wakker en jy verloor ongelooflik baie slaap. As die doek nie sopnat is nie, tel sommer babatjie by jou in die bed sonder dat jy opstaan of doekruil en slaap salig verder terwyl hy drink en self lekker slaap. so kry julle almal meer rus.   Babatjies is die beste nabootsers denkbaar. As julle slaap, slaap hulle ook salig.

Dis nou  wetenskaplik bewys dat babatjies by die mamma langer slaap, meer drink, en rustiger babatjies is en later meer selfstandige en onafhanklike volwassenes. Ek het dit prakties self evaar met julle 3, net jammer so min mense wil dit glo, omdat hulle al die jare so aparte slaap verkondig het en self so grootgemaak is. Hoe meer ek na verskillende bevolkings kyk, lyk dit vir my of dit slegs die hoogontwikkelde blanke rasse het wat hierdie verkeerde tradisie van aparte  babakamers het vir pasgebore babatjies en self onder hulle glo die meeste mammass steed dat die wiegie langs die die bed moet staan..

Wees tog nou asseblief  modern en luister na hierdie nuutste tegnologie( wat eintlik so oud soos die aarde self is, ne!) en sit die cot lang jo bed- met albei babatjies in. Hulle kan koppenent , voetenent slaap as jy hulle nie langs mekaar wil het nie, maar langs mekaar is ook nie verkeed nie- hulle is mos boeties! Beproef dit as jy moeg is. Op hierdie blog was dit vir my opvallend dat daar nie een persoon is wat besware teen saamslaap geopper het nie, maar dat daar heelwat voorstanders daarvan was: Almal mammas wat uitgevind het wat die maklikste en beste vir hulle gewerk het. So word mens ook nie kwaad as jou babatjie wakker word nie, want hy pla regtig 100% minder! En jy het meer krag omdat jy lekkerder slaap! En almal voel veiliger, liefdevoller, gelukkiger en meer uitgerus.

Badtyd: Ai watter heerlike tyd om met jou babatjie te speel! Ongelukkig het ek al dikwels agtergekom dat hospitale nie altyd vir die nuwe mamma mooi leer nie, en dan is die babatjie ongelukkig as hy bad, en dis niks lekker nie. Dis baie belangrik dat die babatjie die hele water-ervaring moet geniet, en hulle doen dit ook, as ‘n mens net reg te werk gaan.

Toets eerstens die water met jou elmboog, nie met jou hand nie. Die water moet veltemperatuur wees en jou elmboog sal skaars voel dat hy natword as die temperatuur reg is.  ‘n Nuwe babatjie skrik maklik vir nuwe goed. Daarom draai jy hom eers in sy doekie toe sodat hy veilig voel, en dan laat sak jy hom met toedraaidoek en al STADIG in die water in in jou arm. Hy moet dit skaars voel. Nou vou jy die doekie STADIG oop sodat hy geleidelik aan hierdie nuwe sensasie gewoond raak. Sjoe! Iets voel mos nou baie lekker! Siedaar babatjie geniet die bad! Na ‘n paar keer so, is die doek nie meer nodig nie, en babatjie is dol oor badstyd!  As jou babatjie dit nie geniet nie, doen jy erens iets verkeerd. Begin die volgende dag dan voor af, soos bo beskryf. Badtyd is speeltyd! Wanneer die outjie nou reeds gewoond is dat dit lekker is in die water, kan begin word om dun straaltjies water op sy koppie te gooi sodat dit sommer oor sy gesiggie ook loop. Pasop om hom nie skrik te maak nie. Hy moet egter gewoond raak aan water oor sy kop en gesig. Hy moet mos eendag hier in die see kom swem. Badtyd is gewoonlik VOOR ‘n voeding net voor slaaptyd. As babajie se velletjie  lekker skoon is en lekker skoon kleertjies aan het, slaap hy gewoonlik heerlik. Daarom is badtyd tradisioneel saans so 5-6nm se kant. Dis egter nie die wet van die mede en perse nie!Hou egter altyd jou badtyd op dioeselfde tyd van die dag. om ‘n mate van roetine te probeer bewerkstellig. Sommige mammas voer ook hulle babatjie’n bietjie voor badtyd. Ek self het dit nooit gedoen nie, ( nooit daaraan gedink nie!),maar as julle uit daardie water uitgekom het, was julle altyd dadelik rasend honger!

Maak seker dat jy nie produkte gebruik wat jou baba se velletjie irriteer nie. Gewone aquasroom is die minste irriterend en ook die goedkoopste. Aquasroom vorm die basis van alle rome, maar sonder die byvoegings. Baie babaprodukte bevat bv  lanolien, iets waarvan Annika se velletjie nou net mooi niks gehou het nie.

Drinktyd. Nouja, ons weet noual dat voeding op aanvraag die regte ding is. Normaalweg ruil mens doek om net voor voeding, omdat baba meestal aan die slaap raak terwyl hy drink. Ja, moedersmelk is so goed soos slaapmedisyne! As jy babatjie egter te honger raak, voer maar eers. Ek het gehoor babatjies kry iets soos maagpyn as hulle honger is. Hulle is nie soos ons wat kan uithou nie, hulle wil kos he: NOU!!!

Wanneer baba borsmelk drink , is sy koppie gewoonlik vanself in die regte posisie, nl effens hoer as die res van sy lyf. As hy egter bottel drink, is dit belangrik dat jy hom ook so vashou. Moenie jou babatjie neersit met ‘n bottel nie, hy het die koestering nodig. Verder moet hy nooit plat le en drink nie. Die melk loop dan by sy oorpypies in en hy kry maklik oorontsteking, wat baie seer is. As jou babatjie niks makeer nie, maar die heeltyd vasgehou wil word en kerm as hy le, is oorpyn dikwels die oorsaak. Dis seerder as hulle le as wanneer hulle regop gehou word.

Dan moet die bottel ook in die regte posisie wees,nl die melk moet die tietie heeltemal vul en nie net halfpad nie, ander sluk hy wind.- met ongemaklike nagevolge.

Die meeste babatjies is maar geneig tot windjies  na ete en moet eers ‘n bietjie liggies op die ruggie of onder die boudjies getik word om die windjies te laat uitkom. As so ‘n windjie opgebreek is, voel babatjie sommer baie beter en slaap lekkerder.

Maar wag, dit lyk my so na badtyd hier, en dus se ek eers totsiens, tot volgende keer. Dis tyd dat ek weer ‘n basiese beginsel neerskryf , ‘die belanrikste een van almal. Tot volgende keer dus, goeienag.

Baie liefde

Mamma

Om brief 9 te lees, klik hier.

Posted in ouma se bababoek ( ouerleiding) | 1 Kommentaar

Ouma se bababoek, brief 7: Update oor borsvoeding, reels, en roetine.

Liewe Leanie, Annika en Lientjie

Ag hierdie ouma is tog so bly die ou tweelinkie is uit daardie nare broeikaste en by die huis! Die beste broeikas is die wereld is mos die baba se eie mamma!

Maar nou kom al die verantwoordelikhede skielik op jou en jou man af, Lienkie, en dis nou sommer dubbele verantwoordelikede vir julle, wat nie ervare ouers is nie!

Daarom wil ek jou nou sommer eers gerusstel Lienkie.

Ek weet dat die hospitaal sekere standaard roetines het. Dis, in teenstelling met wat julle dink, nie noodwendig die heel beste vir die babatjies nie, wel die maklikste vir die hospitaal. Die verpleegster het eenvoudig nie tyd om 24uur lank een babatjie op te pas nie. Hulle het nie tyd om met ‘n duppertjie voggies in die mond te drup nie, of heeltyd te monitor  of rond te dra nie. Sekere praktiese gewoontes word ook in bababoeke geskryf en ek het dit ook al vir jou vertel, maar reels is mos gemaak om gebreek te word- deur niemand minder nie as die baba self!

Ek kry nou die dag so ‘n-mail grappie. Daar staan geskryf: New ruler of the world. Onder die opskrif is ‘n prentjie van ‘n babadogtertjie met ‘n dummie in die mond en rattle in die hand. Inderdaad!!! Julle gaan van nou af regeer word! En julle het sommer twee wereldleiers!

Dit werk so. Tradisioneel slaap die babatjie 4 uur lank . As hy wakker is, word hy mee gespeel en weer drooggemaak net voor sy volgende voeding, omdat hy gewoonlik aan die slaap raak terwyl hy drink, en dan wil jy hom nie pla nie. As ‘n babatjie slaap- los hom uit! Moenie slapende honde wakkermaak nie! Dan slaap hy soet vir die volgende 4 uur.

Maar ai, dit werk ongelukkig net nie so nie! Die babatjie is die nuwe ruler en hy besluit dalk hy wil elke 2 uur kos he, of selfs weer na ‘n uur!! ( of ‘n halfuur!) Hy besluit dalk om sy roetine te wissel deur net een uur te slaap, of hy besluit dat hy na hy gedrink het ‘n hele ruk eers wil kreun en steun. En jy as mamma sal vriendelik dog ferm gedwing word om dit maar so te aanvaar, dis nou te se as jy ‘n gelukkige babatjie wil he.

Daarom wil ek vir jou die raad gee. Dis goed om elke dag op dieselfde tyd badtyd te he, gewoonlik net voor jy graag wil he dat hulle die aand moet slaap, want hulle slaap gewoonlik lekker na bad en voer. Daar is egter mense wat dit verkies om hulle babatjies soggens te bad. Dis  goed om te bad voordat jy voer. Sommige  babatjies word egter so gou honger dat dit beter is om hulle te voer of halfpad te voer VOOR  jy bad. Dis goed om doek om te ruil voor jy voer, maar sommige babatjies is so honger dat dit beter is om hulle eers te voer voor die doekruil. Dis goed om die babatjie elke aand op dieselfde tyd te laat slaap, maar sommige babatjies is net nie dan vaak nie! Dis goed om hom elke keer sy200ml( of wat ookal ) te laat dink, maar babajies is nie altyd ewe honger nie!!

Dus wil ek vra: laat jou lei deur jou babatjies. As hulle honger is, voer. Moenie hulle laat wag nie, hulle moet dan nou juis gewig optel! Moenie jou vasstaar teen milliliters nie, kyk of jou babatjie tevrede is, en genoeg piepie.   Moenie bekommerd wees oor doeke, volumes en horlosies nie, wees bekommerd oor jou babatjie se geluk. Daar is niks wat so ontstellend is vir baba sowel as mamma, as ‘n huilende, ongelukkige babatjie nie. Ek self het eenkeer my bloes oopgeruk dat die knope die kamer vol spat, omdat jy van honger gehuil het, en ek nie die knopies vinnig genoeg kon oopkry om te voer nie. Die mamma het ‘n dierlike instink wat nie onderskat of onderdruk moet word  ten koste van die babatjie nie.

In Suid-Afrika is daar op elke dorp ‘n kliniek en tradisioneel neem die mamma elke week haar babatjie kliniek toe. Dan word hy geweeg en ondersoek en sy gewig word op sy gesondheidskaart ingevul. Daar kry hy ook sy inentings op sy tyd en die suster is daar om om by te staan met enige vrae. Dit word elke week gedoen en dis ‘n gratis diens. Ek weet nie hoe dit in ander lande is nie, maar vind asb uit. So leer mens ander mammas ken, en word jy elke week gerusgestel dat jou babatjie na behore groei.

‘n Groot probleem vir nuwe mammas is om te weet hoeveel hulle babatjies drink as hulle borsvoeding doen. Dis regtig nie so belangrik nie!  Voer hom so dikwels as wat hy wil drink, selfs al is dit net ‘n bietjie op ‘n slag. Hy sal kla as hy honger is en tevrede wees as sy magie vol is.

Dit is baie belangrik  dat jy besluit of jy bors- of bottelvoeding wil doen.   Borsvoeding is natuurlik die beste, nie net alleen vir die voordele van die moedersmelk nie, maar ook vir die mond en kaakontwikkeling, die fisiese kontak en die emosionele sekuriteit wat daarmee gepaard gaan. Babatjies word verwar as jy in hierdie vroee stadium  die bottel bysleep, omdat die suigaksie verskil, en verwerp dan die bors, tot nadeel van homself. As jy onseker hieroor is, kontak La Lesche, maar ek het dit destyds geleer, en dit nou weer by die arbeidsteapeut gehoor. Bors en niks anders nie, as jy wil aanhou met borsvoeding. Borsvoeding stimuleer ook melkproduksie , wat weer goed is vir volgehoue borsvoeding, maar ook vir die hersel van jou figuur! Dit laat jou baarmoeder beter saamtrek, herstel  en krimp tot sy vorige grootte. Die wagwoord is dus: hoe meer hoe beter!

Ek sou se dat jy ‘n bottel net moet gebruik vir water of flou rooibostee, as jy dan voel jou babatjie het iets anders as melk nodig. Oefen ook met ‘n koppie as jy krag het, maar los maar liefs die bottelvoedings.

Ten slotte wil ek graag he jy moet weet dat ek hierdie goed nie sommer net se omdat ek so dink nie. Ek het lank gewerk in skole met kinders wat fisiese, neurologiese en/of emosionele probleme het. Saam met arbeidsterapeute, fisioterapeute , spraakterapeute en kinderartse en neuroloe het ons ‘n span gevorm waar die kind of baba en sy plan van aksie volledig deur die span bespreek en beplan is. Algaande leer ‘n mens heelwat van die moets en moenies, en ek hou ook daarvan om op te lees as ek nie weet nie. Verder het ek mos julle drietjies ook grootgemaak. Ek is die eerste een wat sal se dat ek nie weet nie, as ek onseker is. Ek glo daaraan om kenners te raadpleeg as ek nie is nie, en nie net voort te gaan soos tradisioneel die gebruike is nie. Ek glo dat ‘n mamma haar eie oordeel moet gebruik nadat sy seker gemaak het dat sy kennis het, omdat kennis( veral sielkundige kennis, want dis’n jong beroep wat dikwels op bespiegeling berus eerder as konkrete navorsing) wat ‘n mens inwin nie noodwendig altyd korrek is nie. So het hulle jare lank rigiede voedingprosedures beklemtoon, maar dit later weer verwerp en teruggegaan na die natuur. So is dit nou ook met die lawwe idee dat ‘n babatjie alleen heelnag in ‘n donker kamer moet le en slaap waar niemand kan hoor as hy ongemaklik is nie, of andersom die uitermatige gebrek aan dissipline wat deur Spock voorgeskryf is.

Ek glo dat jy moet teruggaan na die natuur, as jy onseker is( God maak nie foute nie) en dat jy moet konsentreer op jou babatjie en ‘n positiewe band met hom. So ontwikkel jou instinkte sterker. Die broeikas en al die pype en goeters het dalk hier bietjie ingemeng, maar dis nou  tyd om absoluut te konsentreer op jou babatjie. Jammer vir die wat nie saamstem nie, maar ek glo hulle het nou eerste preoriteit, bo ou man , jou kuiergaste of enige sosiaal aanvaarde konvensies. Hoe lank is die kindjie ‘n pap babatjie? En hoe lank moet hy leef met emosionele issues, positief of negatief, wat hy hier opgedoen het? Heelwat later, as jy en jou babatjies gevestig is in julle borsvoeding, julle emosioele bande en julle fisiese herstel, kan jy weer begin konsentreer op ander goed. Nou is dit jy en jou babatjies, Leanie, en moenie dat sosiale verpligtinge , huis skoonmaak, man of selfs ek inmeng nie. Klim in die bed (met jou babatjies) en slaap soveel jy kan, speel met hulle soveel as wat jy wil, troetel hulle soveel jy kan, laat hulle drink as hulle “e”se, en geniet hulle.

Later, geleidelik, sal jou lewe vanself na normaal terugkeer. Nou, vir die volgende maand of so is dit net baba en ma-tyd!

Baie liefde en soet slapies saam met die tweeling!

Mamma

Om die volgende brief te lees, kliek hier>

Posted in ouma se bababoek ( ouerleiding) | 6 Kommentaar