Kraterstorie vir vrouedag

Na aanleiding van Toortsie wat van die tee vergeet het, en Maankind wat sê dat ons meer moet lag, gou-gou hierdie storietjie van my my goeie vriendin, Elise.

Nou kyk, Elize is die fynste en mooiste mensie denkbaar , intelligent, talentvol en ‘n goeie kunstenaar, maar soos ek, het sy een klein swakheidjie: netheid. G’n mens kan tog kuns doen en nog netjies ook wees nie, ne.

So is sy eendag besig om pottebakkerswerk te doen. Sy is baie lief vir blou en die pragtigste bakke en potte word met fyn delftblou patrone en Elize-blommetjies versier. Sy het haar ou kuns-oorjassie vol klei en verfkolle aan, en het blou glaze in haar hare, oor haar wang, jas en hande.

Dit raak laat, maar sy is begeesterd. Uiteindelik besluit sy dat sy nou iets moet doen voordat haar kinders dalk omkom van hongersnood, en Elize vaar die kombuis in, kry ‘n paar weense worsie in die yskas en ‘n blikkie baked beans, wat sy so tussen die 3 kinders se borde verdeel.  Net toe lui die voordeurklokkie.

Haastig trek sy haar jassie uit( maar vergeet van haar blou hare) en pluk die deur oop: Daar staan ‘n vreemde man en vrou, die vrou met ‘n pragtige lang wit rok aan en in haar hande ‘n yslike bos blomme.

 Nouja, Elize se man het ‘n belangrike pos in ‘n prominente firma beklee , en het van tyd tot tyd ander belangrike vennote uitgenooi vir ete.

“Toe gaan ek maar gou kombuis toe en  skep van die baked beans en weense worsies so uit die kinders se borde uit in ander borde in, en maak gou slaai by. Maar ek dink hulle het dit agtergekom…..” sê sy ewe nadenkend.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in kraters en ander skandes (humor). Bookmark the permalink.

4 Responses to Kraterstorie vir vrouedag

  1. MaanKind sê:

    Ek wou ook nog by Toortsie vertel, een aand bel ‘n goeie vriend (enkel) en vra wat eet ons.
    MK: Net bietjie leftovers, jammer man, ek kan jou nie vanaand kosgee nie.
    V: Maar as jy toast bymaak, kan ek seker maar kom?
    MK: OK, dis rég, maar dan moet jy brood bring…
    Needless to say, ons het heerlik gekuier om net toast en bietjie oorskietkos.

    • seegogga sê:

      Baiekeer is sulke etes mos die heel lekkerste. ne. Op die ou einde is dit die geselskap wat tel, nie die kos nie. Maar ek vertel gou nog ‘n kosstorie op my volgende blog.

  2. toortsie sê:

    Ek kan net dink hoe lekker mens by so ‘n bloukop kan kuier! Maar dan moet jyself ook ‘n bloukop in jou hart hê, dink ek!!
    Wanneer het jy so baie geskryf. Toe ek nou kom loer is hier sowaar 4 goed wat ek nog nie gelees het nie!! Maar ek gaan NOU DADELIK!!

  3. seegogga sê:

    Weet jy hoe skuldig voel mens as jy ‘n paar dae nie geskryf het nie? Veral as daar op ‘n goeie Maandag in die 80 klieks op jou blog is en jy weet dat jou jongste inskrywing al meer al twee weke oud is? Net daarna daal die leserstal tot omtrent 0 .Almal het nou gesien hier gaan niks aan nie. En dan ry jy Kaap toe en die dinge gebeur en jy het stories om te vertel!

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s