Hier sit ek nou vir die soveelste keer voor my blog. Ek moet skryf- ma se bababoek( ek het voorafal ‘n paar goed geskryf, maar moet net eers die ou goed lees om in voeling te kom). treinstories- ek het nog 2 uit my prille jeug, maar hulle moet korter vertel word. en as ek hard dink sal ek dalk nog ‘n krater kry.
My mooi ma se seksboekie le hier- dit het so goed gegaan met hom by die hoerskool, maar nou moet ek mos na ander hoerskole toe gaan.
Ek wil skilder- het gedink dis tyd om weer te begin. O ja- en beelde maak. Ek het nou mooi gekyk op die internet hoe mens dit van sement kan doen. Ek moet hoeka vir die kersmark ‘n nativity scene doen.
Ons restourant moet ‘n nuwe image kry. My kop is vol Hollands en Duitse krulletjies , draaitjies en prentjies, maar ons is mos ‘n Suid Afrikaanse restourant watr nou aan spesialiseer in meer Suid Arikaanse kos- bredies, afval ens. Maar moet ek no regtig de breede en de smalle weg en wat is ‘n huis sonder ‘n moeder oral ophang? Ek is lus en verf blomme en hang spieels en verf die plek tukoois blou binne.
En voor die restourant nie weer aan die gang is nie, kan ek nie bemark nie, skryf nie, skilder nie, of beelde maak nie of hoegnaamd produktief wees nie. En wat as ek ‘n fout maak? En waar gaan ek al die geld kry vir wat ek wil doen?
Dus, bloggers en lesers wat vandag hier lees. soms moet mens afkom aarde toe. Soms vlieg jou gedagtes hoog, maar die praktiese ( lees: gebrek aan geld en tyd), laat jou afkom aarde toe. Soms is die moeilikste van alles jou eie besluite. Decisions! decisions! Soms is mens net sommer pleinweg te bang( en dalk te lui??) om te waag, te doen en te doen.
Dus, wees asseblief geduldig . My hart is in Holland, my kop in die wolke en my lyf en brein hier onder op die aarde. Vandag MOET ek daardie restourant tackle!!!!
Uummmm…. ek dink jy moet eerder Alt 0235 tik as jy wil hoërskool tik, veral gegewe die onderwerp ;P
235 e Nee dit werk nie, Leon! hoerskool sal dit bly, tot die kinders se groot vermaak
Sjjjt, Alt + 137 vir gewone rekenaars…
(Toemaar, my kop is net so vol projekte, meer goeters as tyd om dit te doen!)
Probeer Alt 137
Afhangende van jou keyboard moet jy dalk eers functions gebruik. Hoewel, juis om sulke skole te voorkom, word daar soms van ‘n hoofletter E gebruik gemaak vir die deelteken.
Of Krappie
As jy jou post tik, maak seker jou tweede ry icons is oop (as daar net een ry is, kliek die kitchen sink – dit is die een wat soos twee rye blokkies lyk). In die tweede ry is daar ‘n Omega teken (insert custom character). Daar is ‘n hele lys van snaakse letters soos ê en ë om van te kies.
e
37
37
137 neeee…..
Ha! Found it!!! Dankie X ena! Jy het my lewe verander. Van nou af gaan ek daai deeltekens, kappies en goeter gooi!!!!!
maaaaaarrrrrrrrr miskien moet jy by AL daai skole jou boekie gaan bemark!! 😆
Iets snaaks het gebeur. Ek kliek op lewer kommentaar, en ek kom by BOEKENSIE uit. vreemd???
O ja, die turkoois en blomme klink FANTASTIES!!
Wel, ek het natuurlik weereens die fout begaan om op boekensie te blog en met ‘n GROOT gesukkel het ek dit daar weggekry en myseegogga gesit. Ek hoop net dis weg by die boeke.Die mense sal dink ek verbeel my wat! Ja ek moet bemark as ek wil kostes dek- die energie en inspirasie is net bietjie laag tans…. Groetnis!