So vlieg ons toe ewe hartseer terug SA toe, en land in Istanboel! Wat ‘n belewenis!
Dit het so gebeur: Toe ons so twaalfuur die nag in Istanboel moes oorklim, deel hulle ons mee dat die vulkaan se as naby Kaapstad is. Ons kan tot in Johannesburg vlieg, maar moontlik nie tot in Kaapstad nie, tensy ons op ons eie koste met ‘n ander lugredery soontoe gaan- of hulle kan ons die nag op hulle koste in ‘n 5ster hotel in Turkye laat oorbly en dan vlieg ons die volgende nag SA toe.
Nouja, ek was nog nooit een om nee te se vir ‘n avontuur nie. Op die lughawe koop mens ‘n visum vir 10 euro. Geen vrae nie, geen foto’s nie. slegs ‘n seel wat in jou paspoort geplak word en jy kan ‘n maand lank in Turkye bly. Dit hotel se kos was heerlik en die georganiseerde toe waarop ons toe die volgende gegaan het, ongelooflik.
Nie net is dit die enigste stad ter wereld wat op twee vastelande gelee is nie ( Europa en Asie, met die Bosperus tussenin), Istanboel was vroeer Konstantinopel en dateer uit ongeveer 11 eeue voor Christus. Geskiedenis drup it elke klip. Hier is die toring wat Egipte vir hulle present gegee het; daar is die ongelooflike oeroue ondergrondse waterstelsel wat nog steeds silwerskoon water het, gebou met “tweedehandse” ou pilare uit die oertyd, sommige met Medusa se kop op. Ons besoek oa die “blue mosque” en die Topkapi kasteel, waar hulle, glo dit of nie, selfs MOSES se staf in ‘n glaskas bewaar.
Ons toerleier met sy rooi sambreel, het sy hande vol om ons bymekaar te hou, want daar is massa mense, maar end goed alles goed, niemand raak verlore nie. Hy het ongelooflike kennis, ek wens net ek kan alles onthou wat hy gese het!
Ek bekyk die Turke deeglik, maar nie een van hulle lyk naastenby soos my half-Turkse vriend met sy turkoois oe nie.
Moeg, maar lekker,( ek het wonderlik baie Turkish Delight geproe uit die proebakkies op die lughawe…) klim ons daardie aand middernag op die vliegtuig. Die keer kry ons geslaap tussen die etey deur!
Terug is SA gryp die griep my vas en die foto’s en ek voer ‘n stryd met die nuwe laptop. Ek kry net aanmekaar “access denied”, maar nouja, drome kan niemand van jou wegneem nie, en tot ek weer vaartbelein is op die rekenaar:
oe, lekker! dis ‘n bonus 🙂
vriende van ons was die week daar vir hulle huweliksherdenking. sal moet gaan!
sjoe, jy’s vinnig, Karen, ek het omtrent nog nie eers gepubliseer nie! My Grietjie kat met die degeneratiewe gene ( of watookal) wat so vaalpienk en grys is, is gister van vooraf tot agteruit teen volspoed onderdeur ‘n motor. Ek het gesien hoe sy tol en rol, maar genadiglik het al die wiele haar gemis, en behalwe vir ‘n ghrieskol op die een boud, makeer sy op die aarde niks nie! Die kol is afgewas en sy is weer piekfyn!
haai, arme meisie-kat (met verdunde gene)! sien, word nie verniet “gelukskatte” genoem nie (die kar het seker stadig gery)…
KAT VOLSPOED, KAR MEDIUM. WONDERWERK
Oe! Ja, dit sal ‘n mens sommer elke dag laat smag na ‘n aswolk.
ja, so ‘n bietjie as doen nogal die ding!
Ek het al gewonder of jy gedefect het iewers heen!
Ek het mos so bietjie defect, maar ek is nou terug in die yskoue. Maar was jy nie ook so ‘n bietjie weg nie? En ja, Xena, aswolke het ook hulle voodele!
Hoeraaaa! Ek is SO TROTS op jou dat jy die dag in Istanbul gekies het! Good for you!! 🙂
Ag, dit was so lekker- ‘n plek waar ek nooit andersinds sou kom nie, en ek het nooit geweet die hele beskawing was omtrent daar nie.
Wonderlik! Ek sou wat wou gee om die stad eendag te besoek.
Die moiete werd!