wanneer is ons kommin????

Ai, OLGA het mos vir my huiswerk gegee: ek moet nou vertel hoe commin ek is. Maar ek glo mos nou nie eintlik ek is commin nie, ne! Of is ek?

O gaats, ja. Ek is mos mal oor my pantoffels- egte skaapvel wat my vriendin se fabriek maak, en sedert ek dit in die tagtiger jare ontdek het( die 1980’s nie my 80’s nie, ne!), was ek nog nooit sonder ‘n paar nie. Ek verkoop dit selfs van my huis af. En ja, ek dra hulle dikwels sommer bedags ook noudat dit so koud is. En ja, ek het al vroegogend met hulle afgestap na die kafeetjie op die hoek……

Wat doen ek nog? Ek praat soms met kos in my mond. Dis moeilik om te wag tot jy klaar gekou het, as jy entoesiasties oor iets is.  Maar ek probeer…..

Ek koop lekkers in Spar en dan maak ek die pakkie ook en loop so en eet tussen die rakke en gee die lee papietjie of half lee sakkie in by die betaalslag.

Ek steur my glad nie juis aan kleur nie- ek glo in die natuur pas alle kleure bymekaar, dus gee ek nie om vir pienk en oranje saam of blou en groen of whatever nie! Solank dit lekker dra!

Al die prente in my huis hang skeef- en vra vir Toortsie, hier is baie, want ek is ‘n prentramer en ons almal het op ‘n stadium geskilder. Maar so what! Wie het gese hulle moet lynreg hang? Ek het al eenkeer almal doelbewus skeef geskuif na dieselfde kant toe sodat die mense kan ophou kla en dinge in ‘n nuwe perspektief sien.

Maar se my, maak dit my commin? Wie het so besluit? Wie se die ou wat dink ek is commin, is nie dalk eintlik die commin ene nie? Wie het besluit of iets kitch is of nie? En waarom glo ons hom?

Alice Elhai( ag ek weet regtig nie hoe om haar naam e spel nie en ek gaan nie nou opsoek nie- min tyd) is ‘n beroemde SA waterverfkunstenaar. Sy het graag woestyn en seelandskappe geskilder en ‘n paar keer hier by ons by Waenhuiskrans ook kom skilder.  Ons amal weet dat waterverf dun en deursigtig aan die papier gewend word soos die ou Engelse kunsenaars doen. Alice doen dit ook. Maar daar waar die branders op haar prente breek en die wit skuim spat, sit sy daardie selfde waterverf dik-dik klonte aan, nes olieverf. En sy se:”Who made the rules?”

Ek vra nou vir julle vannaand mbt tot die commin -ding: “Who made the rules???”

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

13 Responses to wanneer is ons kommin????

  1. murphy sê:

    Elkeen mag sy eie reëls maak! En ek is baie dankbaar daaroor, wan anders was ek gereeld in die bollie.

  2. Ek dink dit is die toppunt van kommingeit om koud te kry omdat jy een of ander beeld wil voorhou.

    • seegogga sê:

      ek dink geen meisie op pad na haar matriekafskeid in die middel vandie winter en geen winterbruid gaan jou glo nie! Ek self dress op vir die koue- he dikker en warmer,
      hoe beter!

      • As jy dom genoeg is om in die winter te trou . . .

        My een vriendin het in die winter getrou – spesiaal omdat sy opsluit ‘n mantel in plaas van ‘n sluier wou dra. Dit was nogal cool en sy het nie koud gekry nie.

        Skole is besimpeld met hulle winter afskeide. Ons s’n was einde September. Jy kan opdaag in jou nagrok en jou metgesel se baadjie steel soos dit kouer raak. 😉

      • 😳

        Nagrok moet eintlik aandrok wees. Jammer. 😳 😆

  3. seegogga sê:

    My arme 3 dogters s’n was almal einde Julie, begin Augustus. Ek hoor die hierdie jaar bietjie later- SO sEPT SE KANT, MAAR Sept hier in die Kaap is diwels ook steeds winter. Maar liewer dood as uit die mode, as jy jonk is, ne!

  4. toortsie sê:

    en jy wou my natuurlik tag toe was ek tydelik “uithuisig???”

  5. seegogga sê:

    Welkom terug!! Ons mis Toortsie!!!

  6. MaanKind sê:

    Love jou malva! Ek is bly ek het jou ontdek!

Lewer kommentaar