Wat? Rule the world???

Om te blog of nie?

Ek is maar ‘n klein bloggertjie. In vergelyking met ander bloggers het ek maar min rooi kolletjies. Daar is nog steeds nie ‘n kolletjie in Frankryk nie, en ek wil so graag daar ‘n kolletjie he. In vergelyking met die meeste van julle ander bloggers het ek maar min besoekers per dag.

Maar as ek na die stats kyk ( en ek is versot daarop om daarna te kyk) , sien ek goed, soos bv dat daar gister 84 mense gelees het wat ek geskryf het, en 82 eergister. Nou terwyl ek hier skryf , het daar alreeds 31 mense vandag iets van my skryfsels gelees. Wereldwyd, nie net hier in SA nie. En van einde verlede jaar af, toe ek begin blog het, is my goeters reeds meer as 6030 keer gelees-tot in Ysland!

Dan is daar die soekenjins.  Mense soek iets op die internet-weird goeters, en kom dan op my blog af( en julle s’n sekerlik ook). Die blogs is goed verteenwoordig en as jy net ‘n woord tik wat in jou blog voorkom, pop hy op en iemand lees hom.

Dis vir my ongelooflik, ek wat altyd lief was vir skryf, maar nooit rerig my daarop toegespits het nie, ek wat nie eintlik so ‘n goeie skrywer is nie ( het in my jong jare stories probeer sonder veel sukses), sommer net ek, hier op die punt van Afrika, ver van die gewoel van die wereld af.

Sonder ‘n keurder, ‘n redakteur of ‘n sensor wat my werk afkeur, redigeer of dwing om te verander, kan ek vir die wye wereld se net wat ek wil. EN HULLE LEES DIT!  Ek kry wel geen geld daarvoor nie, maar ek hoef ook geen geld uit te gee om fotograwe te betaal of handewringend te sit en hoop iemand koop my boek nie.( die internetuitgawes sou ons mos in elk geval he of ons nou blog of nie…) Skielik, met die klik van ‘n knoppie, het ek verander in ‘n internasionale skryfster! Netso! En as ek nou in Engels geblog het, dan was die Kaap nog meer Hollands.

As ek , hierdie klein bloggertjie, nou so internasionale status bereik het, hoeveel te meer nie julle ander ouens met die baie rooi kolletjies en die groot daaglikse leserstal nie? Besef julle watter impak julle op mense se lewe kan he met julle blogs? Besef ek? Watter verantwoordelikheid!

Daagliks lees mense hoofstukke van ma se seksboek en nou ook die bababoek. Is ek nie dalk besig om droog te maak op groot skaal nie? Kan ek dit waag om my beskeie menings die wereld in te stuur, menings wat dalk ‘n groot effek op ander se lewens kan he mbt hulle houdings teenoor seks, of die manier waarop hulle hulle babas grootmaak? Dis mos GROOT issues?

Ek het myself nou lekker banggepraat hier. Ek wou graag hierdie skrywe positief beindig het.

Iets soos:” Dink wat ons se, ons kan ‘n verskil maak”.

Of: “watter wonderlike kans om mense te bereik en positief te beinvloed” .

Maar ek sit nou eers bietjie verskrik hier.  Om te blog is ‘n groot veantwoordelikheid!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

11 Responses to Wat? Rule the world???

  1. Dit laat my nou dink aan Pikkie wat ‘n disclaimer op haar blog gesit het oor min of meer dieselfde rede.

    Inligting wat ‘n mens op blogs kry, moet jy maar vat soos inligting op wikipedia. Met heelwat sout. Dit kan iemand dalk in die regte rigting stuur, maas soos jy reeds gesê het, die inligting word nie nagegaan of geredigeer nie.

  2. Hallo Seegogga! Van nog ‘n rooi kolletjie af… Lees my blog, ek ken al die antwoorde, van .00000001 % van alle vrae!

  3. Vlam sê:

    Nee, hoor, daar voel ek soos Steve (Hofmeyr, natuurlik! 😉 ). Ek wil en is niemand se rolmodel nie. As ek die dag wil gal afgaan, dan wil ek nie nog worry of onskuldige kinders my vloekwoorde gaan lees nie. Dis ‘n vreeslike ding as mens begin om jou woorde te tel, want die of daai kan aanstoot neem/dit sal nie ‘n goeie voorbeeld wees nie. Maar dis hoe ek daaroor voel, ander sal seker verskil.

    Toevallig het ek gisteraand gaan kyk na die goed wat die search engines by my uitbring. My hare het gerys, maar plek-plek moes ek lag ook! Goed soos brandboude, mandela siek hond, rooi kombersie, koekie loer 😯 sweetgaatjies pictures, gatgogga, jou woord jou dessitse woord…die lys gaan aan en aan…

    Amusement. Dis wat my blog is vir my.

    • seegogga sê:

      Ek moet se, dit fassineer my ook- die goed wat die mense soek. Soms gaan tik ek daardie selfde woorde in om te kyk waar ek uitkom – en dan staan my blog sowaar ook daar- met woordjies wat ek nie eers geweet het ‘n verband het met die soek-woorde nie.

  4. toortsie sê:

    Interessant. Ek weet nou al van 3 mense wat vandag oor blogging skryf!! Dit wys jou net wat na aan ons harte lê.
    Seegogga, eendag, lank lank gelede het jy as ‘n klein bloggertjie begin. Maar jy is dit al LANKAL nie meer nie! 80 lesers is FANTASTIES!
    En ek dink nogals ons afrikaanse blogs word goed gelees. Die engelse blogs het soveel kompetisie, dit moet net baie langer neem om raakgesien te word. Ek het gister iemand skryf dat hy gemiddeld 2 lesers per dag het. (‘n engelse ou).
    Nee wat, jy DOEN GOED! En ek is MAL oor blog!!

  5. seegogga sê:

    Hallo Toortsie, ek het ook daardie statisitek gedoen. Gemiddeld word elke blog deur 50 mense gelees, en gemiddeld is daar net 27 besoeke per dag elke dag vandat ek begin blog het, maar dit het nie so goed geklink nie, tot los ek dit maar uit! Dankie vir jou mooi woorde. Ek dink steeds dis nogal ‘n verantwoordelikheid.

  6. klippie sê:

    Ek is net so mal oor blog en ek het nooit gedink dat ek ooit eendag iets sal skryf wat ander sal lees nie. Gelukkig het my kinders my in hierdie tydverdryf ingedwing (amper!) en nou is ek versot daarop. Baie geluk, Seegogga, ek glo jy sal nog baie meer groei.

    • seegogga sê:

      Ek is baie beindruk met jou skrywes, Klippie!Jy skryf pragtig en onderhoudend Jou kinders het ‘n goeie ding gedoen! Ek hoop jy gaan nog baie interessane goeters skryf!

  7. seegogga sê:

    A-ha! Uiteindelik ‘n rooi kolletjie in Frankryk!

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s