Ich komm nur von Deutchland. Wir waren 2 Tagen bei unsere Vreunde in Munchen . Sie waren wunderbar freundlich. Sie haben uns nach die Marienplatz genommen. Da klommen wir ein”tower”, st Peter “tower”. Wir gingen auch nach die Hoffbrau Haus wo wir Schweinen braten essen. Wir haben auch naar Nieuw Zwanstein und Linderhoff gegehen. Sehr, sehr schon! Am Abend waren wir in ein echte Biergarten.
Der Mann kan sehr gut English sprechen, aber sein Frau kan nur English sprechen soals ich Deutch sprechen kan. Wir haben es in der Schule gelernt- 43 Jaren jetst. So sprechen und lachen wir die ganze Zeit!
Entschuldigen mir fur die Deutch. Ich vergessen viele Worter und ich weiss nicht wie ein Umlaut hier zu machen. Aber ich probierte! Danke schon, Herr Maritz!
Nouja, na die 14 verdiepings ou trappies, kon mens uitkyk oor die hele Munchen, en in Linderhoff het ek koning Ludwig baie jammer gekry. Hy was ‘n eensame siel met wonderlike drome, maar sy volk het hom nie verstaan nie( en hy seker nie vir hulle nie) en so is hy uit die weg geruin. Vandag word hy ge-eer vir sy wonderlike nalatenskap wat vir sy land baie geld inbring. ‘n Besoek aan Linderhof is absoluut die moeite werd. Die interieur is pragtig en die mensgemaakte grot is “the stuff dreams are made of”. Nieu Swanstein se buitekant was Walt Disney se inspirasie toe hy die prins se kasteel moes skets vir Cinderella. Pragtig verby.
Na ‘n heerlike treinrit deur die Alpe, land ons toe tienuur die aand in Triberg, in die Swartwoud. Dit reen. ‘n Verlate huurmotor staan by die stasie. Die neem ons na ‘n jeugherberg en ry fort. Na vele geroep en geklop. maak ‘n onvriendelike omie die deur oop?Ja? Ons soek mos slaapplek! Nee, se hy, die Herberg is toe, hier is niemand hier nie. “Maar u is tog hier?” se ek op my beste Duits. ‘Nein!” se hy ewe ontstig.
Ons moes maar in die reen die bult afstap oor brue en watervalle na ‘n dorpie vol koekoekhorlosies( pragtig), waarin almal reeds geslaap het. Uiteindelik land ons toe so 12 nm by ‘n outydse hotelletjie in die hoofstraat, hotel Baren( met umlaut op die a) waar ‘n ou tannetjie vir ons oopmaak. Te heerlik om weer droog te wees! As jy daar slaap, gee hulle die volgende dag vir jou ‘n kaartjie. Met die kaartjie het jy 24 uur toegang tot al die museums, busse en treine in die hele Swartwoud. Ons het heerlik rondgery en gekyk en geeindig by Schiltach, seker een van die mooiste dorpies in die hele Duitsland.
Nouja, na ‘n bootrit op die Rhein( ingesluit by ‘n mens se euro rail kaartjie) met ‘n kasteel op elke koppie, is ons weer terug in Holland. Hierbo is ‘n foto’tjie van Schiltach, waar julle gerus kan inloer as julle hier rond kom!
Ek kan nie nalaat om die lof te besing van die eurorail nie. Dit klink na baie geld, maar dis absoluut die moeite werd en hoewel ons nog net die helfte van ons tyd daarop opgebruik het, het ons al dubbel die geldwaarde gekry.
Hierbo is dan die foto van Schiltach. Die herbergie met die groen luike hier heelvoor, maak egte heerlike Swartwoudkos teen baie bekostigbare pryse en groot porsies. Lekker!
Wow, jou Duits is nog goed 🙂 Super, ab jetzt können wir nur Deutsch reden miteinander 😉
Bly julle geniet Europa. As mens lank hier woon raak mens dit op ‘n manier gewoond, maar ek dink tog gereeld daaraan hoe interessant en mooi dit hier is.
Auf Wiedersehen!
Guten Abend Karen? Wo wohnen sie? Woon jy dalk in Duitsland? Dis regtig mooi en anders hier. En is jy dalk ‘n genetikus? Ek geniet jou skryfels oor die diere en genetika baie. Schlafen sie wohl!
Ag, jy toer lekker!!! Wonderlik! Geniet elke oomblik!
Ja, ons het ook Eurail as ‘n absolute bargain ervaar
Huh? Mamsie? ‘n Nuwe blognaam, of wat?
Lekker gewees om ‘n stukkie Duits te lees. Bly jy onthou nog so baie Duits, Wonder hoe dit met my sou gegaan het 🙂
Hahaha
Geniet!
Nee, maar jy praat mos deesdae Arabies( of is dit nou in hierogliewe?) dws as jy nou is wie ek dink jy is! Welkom hier op my blog!
Guten tag, mein liebe Anna-Marie! Mein Deutsch is genauso “vrot” Ich verstehe Deutsch ganz gut, aber ich spreche es nichts so gut. Ich habe an der Schule Latein gelernt, and deshalb kenne ich KEIN Grammatik….und mein “die, der und das” uberhaupt nie! (Maar niemand sal dit waag om voor my in Duits te skinder nie!)
Ach, ja, Sud-Deutschland (kan ook nie die umlaut vind nie) ist wonderschon. Janine und Rudolf sagen es ist aber sehr teuer….in vergleich mit England. Kanst du das glauben! Sud-Deutschland is aber Turisten Deutschland.
Es scheint ein herrliche Tag zu sein. Winter, ja, maar Sonnenschein. Lekker.
Sal op die uitkyk wees vir ‘n skype!
Liefdegroete
Ingrid
Wilkommen hier Ingrid!, maar aangesien julle die Duitse boffins is en ek die Afrikaanse een, sal ek maar voortskryf in Afrikaans. Ons skype weer een van die dae lekker. Groetnis! Anna-Marie
Poskaart mooi. Ek moet egter toegee, ek is ruimte so gewoond, ek glo as ek daar moet woon sal ek vasgedruk voel. Suid Afrika (gaga regering ten spyt) bo.
Ja, SA is mooi op ‘n ander manier. Hier in Holland plant die munisipaliteit bv self rooi malvas in blombakke en kom lewer dit af op die sy[paadjies, en nemm weer die ou uitgeblomde blombakke weg! Ek neem aan hulle doen dieselfde in Duitsland , want langs die rivierbruggies is daar oral blomme.
Aktief. Xxx