Laat agter drie, maar: Liewer laat as nooit! Agteros kom mos ook in die kraal en hoe later hoe kwater of iets in diervoege.

Ja , die see wag vir niemand   nie, en al is ek baie lief vir idiome, het ek hierdie idioomspeletjie gemis! Dus skryf ek hom sommer steeds, al kan ek hom nou nie eintlik link nie.  dus link ek hom sommer hier:  https://hesterleynel.wordpress.com/2017/08/30/le-jou-eier-enigste-haan-onder-die-henne/#like-14920

Ons het op skool idiome geleer dat dit by ons ore uitkom,  in so mate dat die idiome en gesegdes vandag nog sommer in my kop spring as ek ‘n storie vertel of lees. ( En dis mos ‘n goeie ding, of hoe?) Daarom het besonder baie van my bloggies idiome as name; daarom het ek ook jare gelede ‘n idioomspeletjie vir die bloggers  gemaak; en daarom het ek nou besluit om ‘n hele kategorie oop te maak met bloggies wat idiome as name het.

Dit sal ‘n treurige dag  wees as kinders ontmoedig word om idiomatiese taal te gebruik! Natuurlik sal sommige idiome later vanself in onbruik verval, en nuwes sal geskep word, soos die taal ontwikkel.  Dis mos goed en reg. Dis nou maar wors!

Met stampe en stote het ek nou (hopelik) al my idioomstories in een kategorie gesit – daar is sowaar 26. Kom mens oor die hond kom jy mos ook oor sy stert. As julle hier op die kategorie klik, is daar stories te kus en te keur.  (Die seerowerstories het nou nie idoom as naam nie, maar die idioom is destyds daar by elke storie ingegooi, omdat dit destyds daar so in my kop gekom het.)

https://seegogga.com/category/idioomstories/

Ek hoop julle kry lus of kans om hier en daar een te lees, en as julle  ook daar by kommentaar ‘n stuiwer in die armbeurs gooi,  sal ek deur die dak spring!.

 

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in idioomstories, Los opdrifsels and tagged , , . Bookmark the permalink.

15 Responses to Laat agter drie, maar: Liewer laat as nooit! Agteros kom mos ook in die kraal en hoe later hoe kwater of iets in diervoege.

  1. Terug pieng: Laat agter drie, maar: Liewer laat as nooit! Agteros kom mos ook in die kraal en hoe later hoe kwater of iets in diervoege. | Seegogga se Bloggie

  2. Terug pieng: Laat agter drie, maar: Liewer laat as nooit! Agteros kom mos ook in die kraal en hoe later hoe kwater of iets in diervoege. | Seegogga se Bloggie

  3. travel460 sê:

    Sodra ek kans kry, sal ek gaan lees.

  4. Toortsie sê:

    Oulik! Ek het gewonder waar is jy. 😁

  5. Gelukkig is hier ‘n administreerder wat kan skakels skep soos wat sy lus het, selfs vir iemand wat ter elfder ure (of daarna) ‘n lekker inskrywing stuur. Ek gaan beslis ook jou ander idioom-blogposte lees, net sodra ek hierdie onmoontlike stuk werk onder die knie kan kry. Werk meng in met my bloggery.

  6. Kameel sê:

    Ek moes vroeër daarvan geweet het dan het ek sommer my blog daar by jou gaan gaps 🙂

  7. Terug pieng: Toortsie is ‘n tiener | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s