Krater 1: Daar’s ‘n skroef los!

Toortsie se dit was naamrukweek, oftewel, die dag toe en my naam krater gemaak het. Ok, hier gaat ons!

As jong juffrou  in die tyd van die mini’s jare gelede, moes jy jou staan en veral jou sit, baie goed ken.

Om te sit met die mini’s ( en die kuise sedes) van toentertyd, was geen grap nie.Om heeldag entoesiasties voor ‘n klomp hoerskoolkinders te staan ( op jou platformskoene) en vir hulle Langenhoven te leer, ook nie.

Die kinders het in my klas by sulke los tafeltjies met ysterraamwerk en houtblad gesit. Voor in die klas was een of twee lee tafeltjies- almal sit mos altyd so agter as moontlik. In my onskuld leun ek later gemaklik teen een van die tafeltjies tewyl ons ou Neelsie se skrywes bespreek.

Die volgende oomblik skuif die blad( wat al die tyd los was) weg en hierdie waardige juffrou val agterstewe eerste in die gat van die ysterraamwerk, daar waar die blad moes wees! Daar hang ek toe! Met my kniee omtrent by my ore, probeer ek al hangende die ysterraam vasgryp, en uiteindelik kry ek myself weer uitgehys, my ego aan flarde en die klas bulderend aan die lag.

Wat kon ek doen? Ek moes maar saamlag, maar ek wonder vandag nog watter interessante anatomielesse hulle dalk in hulle Afrikaanse klas gekry het….

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in idioomstories, kraters en ander skandes (humor), skoolstories. Bookmark the permalink.

10 Responses to Krater 1: Daar’s ‘n skroef los!

  1. toortsie sê:

    Ek is seker dat jy van daardie dag af AL die seuns se gunstelingjuffrou was!!!
    Ek sien dis krater 1…. is daar nog op pad???

  2. BB sê:

    Oits!! 😯 Ek kan my net daai lawaai voorstel!! Val is ALTYD embarassing! Ek het eendag oor Kerkstraat gehol virre bus en my spykerhaak het op die pasnatgereënde wit middelstreep gegly en ek ‘slet’ (skuus my Frans- maar daai tyd val jy nie) in die middel van Pretoria se hoofstraat neer in spitsverkeer met my spierwit mini en geteasde kop besig om my pose te try hou terwyl ek regop steier! Baaaie embarassing!! 😳

  3. Terug pieng: idioomspeletjie | Seegogga se Bloggie

  4. travel460 sê:

    Seegogga! Ek is morsdood as ek so iets voor hoërskool kinders oorkom. Met nogal ñ mini-rokkie aan! Lag nou te lekker vir dié prentjie.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s