I believe I can fly 5 -en toe doen hy dit weer!

Nouja, Bekkie het hom noual bewys as ‘n voëltjie wat weet hoe lekker dit is om buite in die sonnetjie te wees, maar darem ook veilig by sy ma in die huis. En hy hou baie daarvan om haar siel uit te trek!

So maak ek en my man ons Sondagoggend gereed vir kerk. En iewers tussen my tandeborselry en grimering aansit, word dit buitegewoon stil in die huis. Al die vernsters is toe behalwe die katte se venster, maar ek kry dadelik hond se gedagte. Ons soek en roep, maar meneertjie is skoonveld.

En uiteindelik antwoord hy – iewers van êrens ver oorkant die straat af.  Ek weet nou al ek moet net in die erf bly, en roep. Gewapen met ‘n grondboontjiebotterbroodjie,  loop ek dus in die tuin en vertel die hele wereld hoe heerlik  dit smaak. En Bekkie kom kyk, eers uit die hoogte van ons jakarandaboom agter in die erf.bekkie 11.jpg

( spot the bird: so ‘n kwart van bo af, en ‘n derde van links af  5 voor 12 vd middel af.) Hy was eers hoër, maar ek het eers later onthou vd kamera.

bekkie 12

Toe verwerdig hy hom om na ‘n nader boompie en laer te kom, want grondboontjiebotterbrood is mos baie lekker. Teen hierdie tyd het die kerk al lankal begin.

bekkie 1.jpg

Gewoonlik vlieg hy self kombuis toe, maar ek het buite gestaan en  toe hy sien hy kry nou genoeg aandag en die brood gaan lekkerder wees as die son, klim hy op my hand en sit stroopsoet terwyl ek kombuis toe stap waar hy toe sy beloninkie kry.

Agterna, net toe dit amper tyd is vir die kerk om uit te kom, sit en pronk hy in die eetkamer, baie in sy skik met homself dat hy ons so rondgejaag het.

bekkie 4

(en as julle wonder oor die skewe prente teen die muur, Bekkie hou daarvan om hulle rond te skuif as hy op hulle gaan land….)

Om van Bekkie se vroeere en groter avonture te lees, klik hier:

https://seegogga.com/2014/11/30/i-believe-i-can-fly/

En hier:

https://seegogga.com/2017/03/23/i-believe-i-can-fly-3-ofterwel-die-dag-toe-ek-op-worcester-se-sypaadjie-kampeer-het/

bekkie-2.jpg

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels, Voels en beginsels: I believe I can fly and tagged , , . Bookmark the permalink.

15 Responses to I believe I can fly 5 -en toe doen hy dit weer!

  1. Bekkie is ‘n handsome outjie, ‘n pragtige kleur. Grondboontjiebottertoebroodjie sê ek jou nogal 😀

  2. Miriam Otto sê:

    Dit is nou nog die beste rede wat ek gehoor het om nie kerk toe tegaan nie😂

    Sent from my iPhone

    >

  3. katrina sê:

    Oulik! Ek ‘n Gertruida gehad wat weggevlieg het toe iemand wat wou help haar skrikgemaak het. My hart pyn nou nog…

  4. Terug pieng: I believe I can fly 3 ( ofterwel: Die dag toe ek op Worcester se sypaadjie kampeer het) | Seegogga se Bloggie

  5. Terug pieng: I believe I can Fly nr 2: ‘n Saak van beginsel | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s