I believe I can Fly nr 2: ‘n Saak van beginsel

20150930_164014Soos baie van julle al weet, het ek ‘n klein papagaaitjie, Bekkie, ‘n blou Indiese Ringnek. Die vabond reël my lewe!

Ek glo nie daaraan om voëltjies se vlerke te knip nie, net soos ek ook nie daaraan glo om kinders se bene af te sny nie. As die voëltjie dan nou eendag iets moet oorkom omdat hy kan vlieg, is dit jammer, maar is dit ook reg so. ‘n Mens kan nie ‘n hele lewe se pret en plesier wegneem omdat jy bang is jy kom iets oor nie.

Byvoorbeeld: My goeie nefie, Derick,  hou baie van duik, en gaan gereeld by Valsbaai en ander plekke duik: presies daar waar al ‘n paar haaiaanvalle was. Op ‘n vraag waarom hy dit dan nog doen, want dit is dan nou so gevaarlik, het hy die volgende geantwoord:” Stel dit nou so. Om motor te ry, is baie gevaarlik. Daar sterf jaarliks duisende reisigers in motorongelukke op die paaie. Tog hou ons almal aan om motor te ry.”

20150930_164019Die antwoord sê so baie: ‘n Mens kan nie ophou lewe omdat jy bang is jy hou op lewe nie!

Bekkie is reeds 11 jaar oud en hoewel hy eintlik net in die huis mag rondvlieg, het hy al verskeie kere ‘ontsnap’ en ook verskeie noue ontkomings gehad, soos die dag toe die valk hom gejaag het, die dag toe die stortreën hom oorval het en die dag toe die man hom gevang het.  Maar daardie storie het ek reeds hier vertel.

Intussen was daar nog ‘n dramatiese dag in ons twee se lewe. Maar hierdie blog is nou al so lank, ek dink ek vertel dit in die volgende bloggie.

Hierdie bloggie gaan mos meer oor die beginsel van die saak.  Voëls moet vlerke kan sprei en vlieg. Kinders moet speel, boomklim, swem, grootword , uit die huis gaan en hulle eie lewe lei.  Ons moet die avonture wat na ons kant toe kom, aangryp en dit ervaar. In die proses stamp ons soms tone, val, maak ongelukke, beleef baie hartseer en ja, soms sterf ons. Maar om so bang te wees vir die lewe, dat jy jou hele lewe lank net in een kamertjie sit, is nie lewe nie.

Lewe die lewe! Voluit!

Voël liefhebbers is gewoonlik gekant teen dieremishandeling en almal gaan tekere oor honde wat in agterplase vasgemaak staan aan toue. Dis nou teen die wet om honde se ore te knip of hulle sterte af te kap.

Dis net: Waarom word papagaaie piepklein uit die nes gehaal en “handgrootgemaak?” Dit beteken eintlik heeldag alleen in ‘n boks , met slegs hantering tydens die voedingstye, Geen liefdevolle cuddling van ‘n mamma wat dikwels bedags en die ganse nag op hulle sit  met haar sagte warm lyf en donsies nie. ( Stel jou voor alle kindertjies word op ouderdom 1 jaar uit julle huise gehaal en in kinderhuise gesit? Nee?  Nou waarom word dit met voëltjies gedoen?) Daar is bevind dat die vereplukkery wat so algemeen by African greys is, uitsluitlik voorkom by handgrootgemaakte voëls.  Dit kom glad nie voor by voëls wat deur hulle voëlmamma gootgemaak is nie. Hierdie praktyk is nou reeds in Holland verbied, maar sover ek weet gaan “diereliefhebbers” die res van die wereld voort met hierdie wrede praktyk – all in the name of love.

Waarom knip mense voëls se vliegvere? Om die voël te beskerm dat hy nie wegvlieg en deur ‘n kat of valk gevang word nie? Lees asb hierbo oor die lewe met sy gevare. Hoeveel keer het ek al gelees hoe so ‘n voëltjie  se vere verkeerd geknip word, en hy dan bloei? Dis ook baie pynlik as die skag van die veer oop is. Hoeveel keer moet ek nog hoor van so ‘n voëltjie wat val en homself ernstig beseer? Hoeveel korter is so ‘n voëltjie se lewe nie agv gebrek aan die regte oefening nie?  Ons praat nie eers van verlies aan lewensgenieting nie. Waarom doen ‘diereliefhebbers’ hierdie onreg aan hulle voëltjies?

Waarom word voëltjies soms  jaar in en jaar uit stoksielalleen in piepklein hokkies gehou ?

En waarom is daar nie ‘n wet daarteen nie?

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels, Voels en beginsels: I believe I can fly and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink.

15 Responses to I believe I can Fly nr 2: ‘n Saak van beginsel

  1. Terug pieng: I believe I can Fly nr 2: ‘n Saak van beginsel | Seegogga se Bloggie

  2. seegogga sê:

    Ai Toorts, ek het ook maar eers oor hierdie goed begin dink nadat ek die papagaaitjie ( met geknipte vere) present gekry het.. Ek is baie lief vir hom, maar persoonlik dink ek nie hulle behoort as troeteldiere aangehou te word nie. Die beperkings vir hulle is net te groot.

  3. travel460 sê:

    Is dit nou lekker om weer by jou te kan lees. Ek voel ook maar soos jy oor voëltjies, het self al die kinders sn laat wegvlieg. Ek weet dit is dalk nie wys nie, maar ek sukkel om te aanvaar dat hulle in hokkies moet bly. En as Camo, die bearded dragon so oor die dam sit en uitstaar, dan kielie my vingers om deurjie oop te vergeet.

  4. seegogga sê:

    Ai, ja, die moeiliheid is dat hierdie nie sy area is nie, en dat hy waarskynlik nie sal oorleef nie. In Bekkie se geval is hy so mak dat iemand anders hom net sal vang, soos ook al gebeur het.

  5. balijati sê:

    Nog nie so oor voels gedink nie, maar jy praat waar ten opsigte van honde se sterte en ore to voels. Selfde ding as jy nou so dink. Tog regverdig mense dit.

    • seegogga sê:

      Voels, veral papagaaie is hoogs intelligent- dalk slimmer as baie honde . Hulle word ook baie baie ouer. Kan jy jou d frustrasie en verveling indink van n klein hokkie jarelank? Soy jy graag wou vlieg as jy kon?

      • balijati sê:

        Defnitief. Die slegte is as dit n voel is wat nie in ons wereld kan oorleef nie. Om hom dan vry te laat, is sy doods vonnis. Gelukkig hou jy jou outjie tuis.

      • seegogga sê:

        O Avontuurlustige Bekkie glip soms uit. Lees hier: https://seegogga.com/2014/11/30/i-believe-i-can-fly/ en een vd dae vertel ek van sy groot avontuur, verlede jaar. Maar hy wil nie weggvlieg nie, hy wil sommer net bietjie ondersoek. Ek het hom al so bo in die boom dopgehou en glo hy sal in die natuur kan oorleef, behalwe nou vir katte en valke en moedswillige buurmanne.

  6. Ek stem heelhartig saam. Voëls hoort nie in hokke nie. Leeus en tiere ook nie. Geen dier nie.

  7. Louwie sê:

    Stem saam met jou. Geen voël, dier of kind hoort in `n hok nie. Dis mishandeling en dis onmenslik. Selfs visse in `n vistanks is `n onding. Soos jy sê; die goedjies moet vlieg, hol, swem of wat ook al daar in hulle eie omgewing. En moet nie dat ons oor jag begin praat nie!

  8. Terug pieng: I believe I can fly nr 1 | Seegogga se Bloggie

  9. Terug pieng: I believe I can fly 3 ( ofterwel: Die dag toe ek op Worcester se sypaadjie kampeer het) | Seegogga se Bloggie

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s