Rebusfontein, Bredasdorp en ‘n avontuur of twee

 

VLUU L210  / Samsung L210

Liewe lesers, kom klim vandag saam met my op die giggelgroenbus. Ons gaan ‘n bietjie toer!

Ja, expect the unexpected! Ons reis deur die land van Noord na Suid, vind sommer uit van die besienswaardighede daar waar ons stop, maar beleef veral avonture! Ja, Waenhuiskrans en die Suidpunt gaan ook besoek word. Pasop – daar gebeur goeters! Julle is welkom om saam te ry en ons virtuele avonture te beleef!gert se hawefoto

Julle sal nie vreemd voel nie. Twee Bredasdorpers ry saam: Anna-Marie Groenewald (Seegogga:  https://seegogga.com/   )

en Madele Burger ( Toortsie:  https://toortsie.com/  ).

Klik  hier onder om op te klim en saam te toer en gaan asb elke keer terug na die link toe om die volgende plek te besoek.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Nou gaan ons verder- na Rebusfontein!

coronamona hoostuk 1 001

Wat? Het julle nog nooit van Rebusfonein gehoor nie? Kom ek vertel. Rhebusfontein is ‘n wonderlike dorpie met die mooiste droomhuisies denkbaar. Daar gebeur alles net soos jy dit wil hê. Jy word bedien deur dit mooiste aantreklike Lorenzo, Jack of all trades, en jy sit graag op jou voorstoep, eet die lekkerste koekies, of dalk Tiramisu en drink ‘n glasie Franjeliko ( of witblits) soos die gevoelente jou lei. O-ja, en dan los jy sommer ‘n liefdesverhaal en ‘n who-done-it moordstorie op – of gaan steel dalk die Krugermiljoene , of vang vir ou Coronamouna. Sowaar!

Rebusfontein het al internasionaal aandag getrek en is groot lof toegeswaai. Aangesien twee Bredasdorpers ( Toortsie en Seegogga) reeds inwoners van Rhebusfontein is, en nog Bredasdorpers moontlik op pad is, is dit dus goed om van te weet.. Lees gerus hier oor die wonderlike plek.

https://sevencircumstances.com/2019/09/29/what-is-it-about-rebusfontein-and-the-king-louis-viii/

Liewe lesers, net ingeval julle dink dat ek die kluts heeltemal kwytgeraak het, moet ek julle vertel van die Towerinne. ( Ha!)

Die Towerinne is ‘n groepie dames wat oor die aarde versprei is – al die pad van Kazakstan, Dubai en Nieu-Zeeland af, tot in Suid Afrika – ja en ook op Bredasdorp!. Almal praat Afrikaans en almal blog. Hulle het mekaar meestal nog nooit ontmoet nie – behalwe nou op Rebusfontein. Tog werk hulle nou saam om Coronamouna onskadelik te stel. En hulle HET saam die Krugermiljoene gesteel! Dis juis hoe hulle hulle naam gekry het, want die skatte was versteek  op die plaas,  Towerkop.

Kom ek verduidelik weer; Die groepie onskuldige en wetsgehoorsame bloggers het ‘n uitdaging van Hester ( https://www.hesterleynel.co.za/ ) gekry. Kom almal wat wil, ons skryf ‘n gesamentlike storie –  Elkeen kry ‘n beurt om ‘n hoofstuk te skryf. Daar kan jy skryf wat jy wil. Die ou wat na jou skryf, moet aangaan met die storie soos  hy nou dink. En dit het gewerk! So het die avontuur begin.

Rebusfontein, ons wonderlike virtuele dorpie  is geskep, sover ek onthou  deur Vuurvliegie ( lekker vurige afffere: https://lekkervurigeaffere.blog/en/ ) as geskenk aan onsself. Op Rebusfontein het ons al ‘n dinee vir interessante karakters gehou, almal van Nelson Mandela af tot by koning Louis viii. Ons het ‘n kunsuitstalling gehou, amper in ‘n sirkus deelgeneem en ook ‘n liefdesintrige en moordverhaal wat in die ou tyd afspeel, opgelos – vir my ‘n pragtige storie: Die storie van die vervalle biblioteek. 20191020_173406Die van julle wat nou ekstra tyd het, kan gerus hierdie lekkerlees storie lees wat dalk nog later ‘n boek gaan word. Klik hier en dan lees jy dit hoofstuk na hoofstuk. Die towerinne is die hoofkarakters wat die storie en die moord ontrafel. Lekker lees!

https://fresh.inlinkz.com/party/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313

Tans is ons besig om die Coronaverskrikking onskadelik te stel. Ons het dit nog nie reggekry nie, maar daar is hoop. Lees gerus hoe ver ons al gevorder het hier, en klik so elke paar dae weer hier om te kyk of die volgende hoofstukke al verskyn het. Geniet dit!

https://fresh.inlinkz.com/party/c0342166738644c9875c54b4f5669017

Hierdie towerinne storie of dalk al ons stories gaan heel moontlik Maandaande vir die Suid Afrikaners in Skotland op die radio wereldwyd uitgesaai word! In Afrikaans!

Volgende keer vertel ek meer oor Bredasdorp se bloggers en ook die towerinne.

Om ander Rebussers se vertellings ook te geniet, klik hier:

https://fresh.inlinkz.com/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1?visitor3

 

 

 

 

 

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., feeverhale en ander stories, Los opdrifsels, Overberg, rhebusfontein and tagged . Bookmark the permalink.

5 Responses to Rebusfontein, Bredasdorp en ‘n avontuur of twee

  1. Dis sekerlik die heel beste verduideliking van ‘n uiters ingewikkelde saak!

  2. woordnoot sê:

    Mooi Seegogga….as ek nou net n gewone blogger was sou ek nou ingeklim het en als van die 1e hfst al gelees het😅

Laat 'n boodskap na woordnoot Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s