Wel, my super power is beslis nie om te link nie, of te tag nie- ek weet ook nog steeds nie heeltemal wat die verskil tussen die twee is nie. My super power is net mooi alles behalwe rekenaarvaardigheid.
My rekenaarvaardigheid is eintlik omtrent net so goed soos my balvaardigheid. ( ‘n Woordjie waaroor my dogter se studentemanne baie gespot het….) Ek kan tot vandag toe nog nie ‘n bal vang nie en ook nie eintlik gooi nie. Die kombuis sug as ek instap en mors, en die naaimasjien kruip veilig in sy boks weg, bang ek sien hom raak.
Maar ek KAN inspring en doen as dit moet ( solank dit nou nie balvang is nie). So het ek, akademiese wrak en al. al karre gestoot, wiele omgeruil, bome gesaag, spykers in mure gekap, ingewikkelde houtwerk gedoen, gebou, restourante bestuur, nagklubs en kroeë, loodgieter gespeel, elektrisieën, mechanic, dokter, veearts, verpleegster, fisioterapeut, onderwyseres( ja, selfs liggaamsoefeninge onderwyseres en netbalafrigter!), arbeidsterapeut, en veral huisbediende, wasvrou, kinderoppasser, ma, ouma, sielkundige, aktrise, kok, kunstenares, ramer, restoureerder, musikant, skrywer, haarkapper en wat nog. NOEM DIT EN EK DOEN DIT. Sommer digter ook, né! (solank dit nie ‘balspeletjie is nie).
Die lewe gooi mens soms in die diepkant in. En dan moet jy swem of sink. EK SWEM. Miskien nie altyd ewe goed nie, maar tot dusver kon ek nog altyd swem. so miskien is dit my superpower. Ek “Keep on swimming!”
En gelukkig gebeur daar mos snaakse goed met my, en dit maak mos die lewe interessant. EK KAN VIR DIE LEWE LAG. Julle kan natuurlik saam met my lag as julle hier klik.
Met so ‘n geskiedenis van krater wees, het ek gelukkig ook ietsie van my pa geërf: EK VOEL VERE WAT ANDER VAN MY DINK. As ek my moes verknies oor wat ander van my dink, sou ek lankal ten gronde gegaan het. Solank ek vrede met myself het, ( en my hare, waarmee niemand ooit tevrede is nie), gee ek nie ‘n duit om vir ander so opinies oor my hare, klere, huis, gedrag, tuin, netheid ens nie.
So hier is dan die super duper ek
met die super duper power,
om nie te worry wat ander van my dink nie,
myself krater te maak,
daaroor te lag
en te survive,
met die hulp van Onse Vader, sonder Wie ek nie sou kon bly staan nie.


En ek is mal oor jou. Jy was die regte een om Saterdag mee lag-joga te doen. Niks fieterjasies, net dit voluit geniet.
LikeLiked by 1 person
So bly jy het my genooi. Nogal iets daar geleer met die lagjoga. En ek is net so mal oor jou.
LikeLiked by 1 person
Jy is beslis n super vrou met super kragte wat skrik vir niks behalwe die bal-vang.
LikeLiked by 1 person
ja , ek sal selfs meedoen, met die balstorie – so al koesende.
LikeLike
Ja wat, niks hoef jou teë te hou nie. My seun kan bv gladnie krieket speel nie want hy sien nie die kleiner bal nie. Hy was baie ongelukkig daaroor toe hy klein was en almal krieket gespeel het. (Hy het n oog probleem!) Gelukkig kompenseeer mense maklik om aan te pas.
LikeLiked by 1 person
So het ons almal ons eie goeie super powers. Ons moet dit net ontdek en vrede maak met d ander
LikeLike
Dis waar en partymaal vat dit lank om te aanvaar!
LikeLiked by 1 person
Netso!
LikeLike
Snaaks hoe ‘n mens altyd dink dat jy regtig geen talente het nie, maar dan, wanneer dit nodig is, weet jy joe om ‘m hamer en ‘n skroewedraaier te gebruik. Ons is te geneig om ‘n situasie te OORdink – soms moet jy net inspring en swem.
LikeLike
So waar.
LikeLiked by 1 person
Net hier haal kameel haar hoed af vir jou…. wat is ‘n hamer en ‘n skroewedraaier? Jy is ‘n vrou wat kan vasvat al kan jy nie ‘n bal gooi nie. Mooi so!!!
LikeLiked by 1 person
Ha ek is goed met hamers rn skroewedraaiers! Ek ry met ‘n “toolbox” in my kar rond en het selfs ‘n batteryaangedrewe skroewedraaier wat my dogter my eenkeer present gegee het! As jy rasmwerk doen of huise verhuur, het jy dit nodig.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n superpower wat saak maak!
LikeLiked by 1 person
‘n Mens besef nie jy het superpowers nie- totdat jy uitgedaag word om daaroor te skryf.
LikeLiked by 1 person
Dit is mooi. Om te kan lag vir die lewe wanneer dinge moeilik is.
LikeLiked by 1 person
Soms moet jy ekstra hard jou seëninge tel.
LikeLiked by 1 person
briljant – vrede met self is rerig op die beste van tye ‘n superpower!
LikeLiked by 1 person
Ja, daar kom n tyd wanneer jy jou tekortkominge in die oë moet kyk en daarmee vrede maak. Ek gaan nie skielik super gewild , geliefd, taktvol, in aanvraag, spitsvondig en glamourous en georganiseerd wees nie, maar dis ok. Ek het vrede gemaak daarmee..
LikeLike
🤗
LikeLike
Voorwaar ñ super-duper vrou, Seegogga. Ek hou veral van jou lag-power.
LikeLiked by 1 person
Dis beter as huil!
LikeLiked by 1 person
Dit kan jy weer sê!
LikeLike
Ek dink jy moet ‘n gedig skryf oor balvang! Indrukwekkende lys van supermagte
LikeLiked by 1 person
Ha hal, Abrie, iskien doen ek dit nog eendag.
LikeLiked by 1 person
In oorlewing hoef jy nie te kan bal vang nie, die skroewedraaiers en hamers sal hier wel saak maak. Mooi geskryf en hou daarvan dat jy vir jouself kan lag, dis n superpower op sy sigselwers..
LikeLiked by 1 person
Dankie vir d mooi woorde!
LikeLike