Seevakansie 2010

Ek tik die titel hierbo, en skielik lyk die datum so indrukwekkend. 2010 klink so belangrik, glad nie so ‘n tussenin datum soos bv 2009 of 2011 nie. Nee, deadcentre 2010. Dit moet mos belangrik wees.

Wel ek kan julle verseker Desembervakansie 2010 op Struisbaai en Agulhas was loshande die vakansie met die meeste: slegte weer, reen( elke liewe oggend!) koue en wind, slegte humeure en ontevrede vakansiegangers.

Ek het 3 akkommodasieplekke wat ek verhuur, en vestom my elke keer aan die verskillende tipes vakansiegangers. In die begin van die vakansie was dit nie so renerig nie, maar so effe winderig- ook nou nie volle sterkte soos ons die hier kry nie, maar heeltemal te sterk vir die Transvalers wat glad nie weet wat wind nou eintlik is nie.

Die een vrou het ‘n gepynigde en gestresde uitdrukking op haar gesig. Hulle wil so graag gaan swem en stap, maar kan nie, want die wind waai. Ek vertel haar hoe lekker dit is as jy stap en die wind stoot jou so van agter af, of jy le so op hom as hy jou van voor af kussing. Trek net ‘n trui aan as jy koud kry. Sy kyk my vies aan oor ek so nonsens praat. Ek vertel ook dat die water dikwels warmer is wanneer die wind buite waai – gaan swem! En natuurlik kan ‘n mens mos maar swem as dit effens reen- jy word mos ‘n elk geval nat! Sy kyk my wantrouig aan. Ek sien sy glo my glad nie.

Ek vertel van alles wat ‘n mens kan doen-winkeltjies, klim die vuurtoring, gaan grot toe, gaan kersfabriek toe ens ens…… Die mense is vroeer weg- hulle kon nie “cope” nie.

Vanoggend, na ‘n hoeveelste dag van reen, het 2 ander groepe ook vroeer opgepak- agv die weer.

Tussen hulle, so ‘n die middel van die vakansie, het ek twee ander gesinne gehad. Die wind het gewaai, dit het katte en honde gereen, die krag was op Nuwejaarsdag af en Struisbaai en L’Agulhas het die donkerste nag in jare gehad- donkermaan , geen sterre( bewolk) en geen elektrisiteit nie. Maar hulle het HEERLIK vakansie gehou!

Hulle het lekker bordspeletjies gespeel, na mooi plekkies gery, en braaivleis gehou met klomp kersies op die donker nag, en die ervaring en die rustyd saam met hulle kinders gate uit geniet! Hoe anders as die suurknolle wat dink ‘n mens kan niks anders doen as om die see te le en tan nie?

Die lewe is nie altyd soos jy dit bgeplan het nie. Daar gebeur oral goed wat jy nie voorsien nie en glad nie wil he nie. Jy kan toelaat dat dit jou lewe versuur, of jy kan kreatief wees en die “onaangename” ding in iets positiefs verander- en jare later nog met aangename herinneringe sit.

So sal die een gesinnetjie jare later nog lekker gesels oor ” die aand toe ons met kerslig gebraai het”. Ek self dink aan my besondere Europese vakansie toe ek 6 weke lank met net een stel klere rondgetoer het, omdat die lugredery my tas weggeggooi het; ek lag nou nog oor die pap wiel wat ons eenkeer in die middel van niks gekry het; en dink met ‘n glimlag terug aan die naweek toe ons Cathedral Peak gaan klim het en dit die volgende dag katte en honde gereen het. Ons het heeldag onder ‘n krans in die slaapsakke gele en stout grappies vertel.

Daar is ook ernstige terugslae wat jou werklik beproef – die dood van ‘n geliefde, egskeiding, ens. As mens nie die beste kan maak van hierdie klein katastrofes nie, hoe gaan jy die werklike groot krisisse hanteer?

Kom ‘n bietjie by en waardeer die lewe!

En met hierdie noot wil ek se: Welkom 2011!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., Seestories. Bookmark the permalink.

14 Responses to Seevakansie 2010

  1. Ingrid Marais sê:

    Nou praat jy gogga, ek sou nogal so ‘n stil vakansie geniet het. Soos die Amerikaners sê: if life gives you lemons – make lemonade, veel beter as om te sit en verknies oor dinge waaraan jy niks kan doen nie. Mooi 2011 vir jou.

  2. Hand op – nog ‘n bederfde Transvaler. Daar is niks wat so op my battery piepie as wanneer die krag af is nie. Ek haat dit om in die donker te sit.

    Ek moet egter byvoeg dat die see niks van my hou nie. Ek kyk net see se kant toe, dan steek die onweerwolke op. My ideale vakansie word gemeet aan foto’s. Druk my in ‘n rigting waar daar stunning foto’s wag, dan is ek happy.

  3. Jan Twak sê:

    Die see is op sy mooiste in stormweer. As dit so “mistroostig” sal ek vir ure in my kar langs die see kan sit en lees, of net vir die branders kyk.

    • seegogga sê:

      Hallo Jan, welkom hier. Jy praat so na my hart. As mens so na hom kyk, en hy is so grys , met die ekstra wit skuim branders, dan dink ‘n mens mos diep dinke. Ek kan ure lank vir hom kyk.

  4. seegogga sê:

    Hallo Xena! Die see gee STUNNING foto’s wanneer hy so omgekrap is! Hou jy nie bietjie van my foto bo aan beriggie nie? Ai tog, jy gaan sukkel hier- hier is die krag GEREELD af- welliswaar nie meer so baie soos voorheen nie, maar tog nog steeds redelik gereeld…. Ons hou maar ‘n pak kerse aan vir ingeval…..Maar Xena, hier is nie net see nie, hier is ook stunning landskappe. As die weer ‘n mens omellie, klim mens net in die kar en ry. Daar is die mooiste valleie en blouste berge, lappieslande en goeters. Ek gaan volgend ‘n paar foto’s opsit wat ek giser geneem het- toe dit weereens wou reen.

  5. 😉

    Seegogga, ek het darem nie ‘n probleem met ‘n stormagtige see nie. Ek sit nie graag my voete in die see nie, ongeag of dit kalm of stormagtig is. Weet jy wat doen visse in die see? 😯

    Ek sien Bredasdorp in my toekoms, maar dit is nog vaaaaaaaag.

  6. BB sê:

    Ek wil Kaap toe trek! Ek gee nie om vir reën, wind, weer, stormpies – (winterreën is ook ok – dis reeds koud – it might as well rain and snow while we’re at it 😉 ) ek wil net GROOT ASB (Hemel, hóór U my???) Kaap toe trek!!! Eendag. Terwyl ek nog kan sien en voel en hoor en LOOP :mrgreen:
    Dankie!

  7. seegogga sê:

    Hallo Xena en BB.Ek moet se, dis nogal ‘n life changing experience om van bo af Kaap sekant toe te kom. Die Kaap is mos altyd in technicolour. Dit is ongelooflik groen, die huise ongelooflik wit, die berge ongelooflik blou. Ek is nog steeds mal daaroor, na die eerste.
    Dan is die taal mos anders. Dis mos gregrag lekka byri siee!
    En die see is ook ongelooflik. Gelukkig hoef jy nie te swem nie, Xena! Kyk is goed genoeg. Ek raak nooit moeg daarvoor nie, want hy is elke dag ‘n ander kleur, elke oomblik in ander vorm. Ma wag, miskien moet ek liewer daaroor blog……

  8. toortsie sê:

    Jy is BEHOORLIK geinspireerd na jou vakansie!!! Ons het toe nie by mekaar uitgekom nie, maar ek kom een Woensdag vir jou kuier op onse dorp.!
    Daardie nuwejaar wat die krag af was, het ons TWEE stalle gehad wat nie kon melk nie!!! Na baie gesukkel is die een stal se koeie gemelk…. Ons het die aand in die lekkerste weer buite op die stoep met kerslig gesit en eet… en half een die nag het manlief uitgery plaas toe om die ander stal se koeie te melk (die wat al die vorige middag 4 nm gemelk moes wees!!) – arme koeie! Ek gee glad nie om vir sleg weer nie – dan HOEF ek nie te gaan swem nie (hou in elk geval nie van swem nie), en mag ek kuier, boek lees, maak net wat ek wil!!

    • seegogga sê:

      Sjoe, hy moes seker wag tot die krag weer aangegaan het voor hy kon melk! Dit was rerrig ‘n heerlike aand. Merino het ‘n enjin gehad en ons was die enigste lig in die duisternis- en het tot laataand hamburgers op die stoep gemaak. Later, sommer tussen 2 snye vars brrood, want die dorp se buns was op…..
      Ma dis die goed wat jy onthou as jy oud is, nie die gewone alledaagse sleur nie.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s