Terug na REBUS: slot episode van Jumanji

Die Goue Vroue is op ‘n avontuur in Afrika. Elkeen is die outeur van haar eie storie. Maar die Jumanjibord gooi ons rond. Lees al die avonture hier:  https://fresh.inlinkz.com/party/222c461d2afc4999aca03fa567cd84ea

Elkeen kry haar beurt om die dobbelsteen te gooi wat hulle in ‘n nuwe ondervinding bring. Voor almal nie die dobbelsteen gegooi het en hulle die eindpunt bereik en JUMANJI! skree nie, kan hulle nie teruggaan Rebusfontein toe nie. Intussen storm elkeen van die diere waarmee hulle te doen kry, met ‘n verwoestende spoed Rebusfontein toe en skep daar chaos.

Jumanji, ‘n spel vir die wat soek om te vind, ‘n manier om hulle wêreld te verlaat. Jy rol die steen om jou teken te skuif. Dubbels kry nog ‘n beurt. Die eerste speler om die einde te bereik wen. Aan die ander kant: Avontuurlustiges, pasop. Moenie begin tensy jy beplan om klaar te maak nie. Die opwindende gevolge van die speletjie sal eers verdwyn wanneer ‘n speler Jumanji bereik en die naam uitroep.

Seegogga hou die dobbelstene vas. Sy is heeltemal verbouereerd.

Waar is die Jumanji bord? Hoeveel moet sy gooi m die einde te bereik? Sy tel 9.

6 en 3. Sy gooi bewerig. 2 en 5.

NEE! Sy gryp die dobbelsteentjies voor dit behoorlik val en gooi weer. 4 en 5.

Ag nee… of wag – 4 en 5 is mos 9?

JA! Yes!

Die son stroom in ‘n geel straal deur die bome en voor hulle sien hulle – die deur!

Die Goue Vroue juig uitgelate. Maar toe hulle na die deur toe storm, verander die juigkrete in gille.

Voor hulle is ‘n diep afgrond.

“Ek het gedink dis te maklik”, fluister Seegogga. Sy moet nou vinnig ‘n plan maak. Daar is min dinge so destruktief soos bobbejane.

Seegogga is nie atleties aangelê nie en sy het nog nooit vergespring nie, maar onnosel is sy darem ook nie.

“Julle ouens, gee gou vir my julle buffies terug.”

“Nooit: sê Toortsie. “Ek gebruik dit as ek gaan stap.”

“Myne is effens uitgerek van al die probeer”, se Woordnoot huiwerig.

“My legwarmers? Gaan ek nie vries nie?”vra Appeltjie.

Uiteindelik kry Seegogga die vroue bedaar.

“Kyk, as ons nou die buffies so deur mekaar ryg, en lussies maak, dan vorm dit mos ‘n ketting van buffies. Sien julle? Nou sit ons net een van tannie Frannie se broodjies of blink klippies in die voorste enetjie en gooi ons slingervel na daardie boom daar naby die deur toe.

Wie sien kans?”

Toorts duik agter die ander weg. Seegogga wens sy kan ook so verdwyn, maar sy staan met die geel en wit buffietou in haar hande. Sy hoop net iemand kan daardie boom se tak raakgooi.

Uiteindelik tree Christa vorentoe. Sy gooi –mis.

“Ons moet dit net regkry, julle, ander gaan ons nooit hier uitkom nie!”

Uiteindelik, nadat byna almal probeer het, gryp VirgoC die tou. Met ‘n kragtige gooi tref sy die tak en die voorste  buffie haak aan hom vas. Sy trek die buffieketting om te toets. Ja, hy is stewig.

“Maar is dit sterk genoeg vir ons?”bekommer San haar.

“Ek verseker julle die Goue Vroue buffies is onbreekbaar”, bemoedig Seegogga.

Sy voeg daad by die woord en haak Appeltjie aan die laaste buffie vas.

“Nou  swaai jy soos Tarzan na daardie boom toe, Appeltjie, en”dan gooi jy die ketting weer terug.

“O ek wou nog altyd gebungy-jump het”, juig Trommeltjies.

Seegogga en Toorts hou Appeltjie vas, trek haar effens terug en stoot haar dan vorentoe.

“AA-HIA-HIA-HIA –HIAH” gil Appeltjie en land sierlik aan die anderkant.

Een vir een swaai die goue vroue en Seegogga is laaste.

“Ooo, nes Tarzan!” gil sy . Net toe breek die tak.

Tarzaaannnnnnn! Gil Seegogga en sy voel hoe sy val en val en val…..

Meteens gryp ‘n paar sterk arms haar vas. Dis sowaar einste Tarzan aan ‘n  bobbejaantou wat haar opraap en veilig aan die anderkant besorg.

Die goue vroue oe en a en Seegogga is nie seker of hulle dankbaar of jaloers is nie. Die man is MOOI!

Almal staan by die toe deur in die gras.

“Tarzan!” Skree Seegogga en Appeltjie.

“Nee, julle moet ‘Jumanji’ skree,” betig Una en Toortsie.

“Jumanji!” Skree die goue vroue uit volle bors, maar Seegogga en Appeltjie klou weerskante styf aan Tarzan se gespierde arms vas.

‘’n Ritmiese trommelklank kom aangesweef en toe swaai die deur oop: REBUSFONTEIN!

‘Kom saam asb Tarzan, kom help ons!” fluister Seegogga.

Tarzan, superhero wat hy is, tree deur die deur. Voor hulle lê die pragtige wonderdorpie in die laatmiddagson.

Onder die bome slaap die hyenas snorkend.

Op die gras wei die  blouwildebeeste, volstruise, ‘n paar zebras, Blommetjie en selfs ‘n paar renosters in vrede. ‘n Entjie verder pluk die olifante takkies van die bome af.

Die Rebusdam lê blou en blink, met dosyne pienk flaminke wat eenbeen staan en slaap in die vlak watertjies. Op die wal lê ‘n krokodil oopbek en droom. In die bome deursoek die bobbejane vreedsaam mekaar se hare.

Alles  is die voorbeeld van rustigheid. ‘n Paradys. Nerens is ‘n dinosaurus te bespeur nie.

Tarzan kyk tevrede rond.”Ek het gewonder waar my diere is, sê hy. Toe gee hy sy spesiale Tarzan kreet, gryp ‘n tak en swaai tot op ‘n olifant se rug. Soos een man volg al die diere vir hom deur die deur , terug na die oerwoud toe. Dis net die flaminke wat ‘n paar pienk sirkels in die lug maak, voordat hulle ook wegvlieg.

 “Rebus lyk eintlik leeg sonder al die diere,” merk Sonell op, maar dan kom Danie en al die ander troeteldiere aangehardloop.

Die goue vroue plop uitgeput maar gelukkig op Seegogga se stoepie neer. Almal het weer hulle buffies aan.

“Het jy nog van daardie wyn, Seegogga?” vra Una. Sy en Trommeltjies streel oor die blouwildebeeskalfie se lyfie. Hy sal seker later teruggaan – as hy groter is. Positief sit en speel met haar armband van olifanthaar.

Seegogga kry glasies en Toorts gaan haal ook gou ‘n tiramisu wat sy in die yskas gehad het.

Frannie vryf haar kat, Lelik. “Hy is mooier as daardie Luiperd,” dink sy.

Christa rol op die gras rond met haar 3 hondkinders.

Om een of ander rede sit Virgo C met ‘n blink kroodilvel handsak wat sy liefderik streel.

Aalsie lê en dink oor die dieretaal wat sy so maklik kon baasraak. Sy moet ‘n boek daaroor skryf, dink sy.

 Appeltjies kyk na haar pragtige foto’s. “Maar die mooise foto van almal, is die een van Tarzan,” dink sy  en roep vir Seegogga om te kom kyk. San en Sonell het elkeen ‘n pienk flaminkveer – San in haar hoed en Sonell in haar hare. Woordnoot troetel ‘n yslike volstruiseier.

Una kyk op: ” Kyk julle! Daar kom Kameel en Ekmyself ook aangestap!”

“Die Goue Vroue is weer tuis en veilig op Rebusfontein.

“Ek wonder wat gaan ons volgende doen” sug Tannie Frannie gelukkig.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in blogspeletjie, feeverhale en ander stories, goue vroue, Los opdrifsels, rhebusfontein and tagged . Bookmark the permalink.

47 Responses to Terug na REBUS: slot episode van Jumanji

  1. ekmyselff sê:

    Baie bly almal is veilig

  2. Letty-Ann sê:

    Hmmm.Bly Tarzan het weer ‘n draai op Rebusfontein kom gooi.

  3. Una sê:

    Jou plan met die buffies was puik!

  4. Toortsie sê:

    Seegogga! Wat ‘n wonderlike einde van ‘n wonderlike storie. Dankie Positief wat hierdie storie uitgedink het. Ja, ek wonder ook: wat is volgende. Adrenalienbelaai, dis al wat ekkan sê van hierdie een.

  5. Una sê:

    Heng, dit was nou omtrent vir jou ń gedoente, hierdie Jumanji-uitdaging. Kan ek asb nou net gaan stort, ek ruik ietwat af.

  6. Toortsie sê:

    Mag ek asseblief my buffies terugkry?

  7. VirgoC sê:

    Whohoooooooo, ons is terug op Rebus, dankie Seegogga….en my nuwe handsak😁. Nee kyk, gooi daai glas wyn, het nou een nodig na die wilde trip. Seegogga, jou plan was puik. Whohooooo GV, kyk vir ons, oorleef ons sowaar Jumanji, dankie vir julle🥂

  8. Puik Seegogga, daai buffie ketting was werklik sterk en doeltreffend. Dis heerlik om weer tuis te wees. Ek is dankbaar daai krokodil het saam met Tarzan gewyk, anders was ons nooit weer veilig by ons dam nie. Nou ja, wie het nou gedink ek sal die ma word van ń blouwildebeeskalfie.

    • seegogga sê:

      Daardie krokkie is weg! Maar kyk bietjie na Virgo se handsakkie. Ja, n blouwildebeeskalfie, sowaar! Ek is ook net so bly ons is terug.. Ek lê nou eers gou bietjie en rus in my hangmat om tot verhaal te kom.

  9. ‘n Fees, Seegogga, ‘n buffiefees! 😍 En kenmerkend van jou, gepubliseer in die middernagtelike ure 😘

  10. woordnoot sê:

    Ek wonder wie almal gaan saam my volstruis omelet eet….

  11. appeltjie sê:

    Dis briljant. Ek het elke woord opgeslurp. En hoe treffend het jy alles saamgevat .

  12. appeltjie sê:

    En hierdie kan dalk n gratis boek word ?

  13. So goed geskryf, Seegogga! Ek het heerlik gelees en jou blink plan baie geniet! En dis lekker om terug te wees op Rebus!

  14. Terug pieng: Is the sky the limit? – toortsie.com

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s