Soms wonder sy: is sy dan obsessief-kompulsief om so in die verlede rond te delf? Waarom was die John- ding die afgelope jaar so in haar gedagtes? Is dit normaal?
Soos dit gebeur in die lewe, het hulle albei getrou. Het die juffrou die deur toegemaak? Nee, maar daar was ‘n gordyn. Hulle was weereens daar waar ‘n grens getrek is. ‘n Mens kan nie in ‘n droom lewe nie.
Hulle het kontak verloor, gesoek, en nie gevind nie. Vir ander sou dit vreemd wees, en vir sy vrou was dit vreemd dat hy, John, soveel moeite gedoen het om vir haar, die juffrou, te probeer opspoor. Maar ander kon nog nooit die aard van die toegeneentheid tussen hulle begryp nie. Hoe kon hulle ook as hy en sy dit self nooit naam kon gee nie?
Ook hier waar die juffrou sit, weet sy dat hierdie vriendskap-liefde nie in woorde beskryf kan word nie: dat hy altyd met sy meisies uitgegaan het en sy gevoel het dit is reg, dat sy altyd haar kerels gehad het, en hy gevoel het dit is reg, maar dat hulle twee nader aan mekaar was as wat hulle ooit in hulle verhoudings met ander was, was nog meer reg.
Hier waar sy sit, wonder die juffrou of sy oordryf as sy dink dat sy net soveel deel van hom was as hy van haar? Selfs al sou hy dit eers veel later aan haar herken?
Dertig jaar het verloop. Die juffrou het oud geword, verweer deur die jare met hulle opdraendes, pyne en terugslae, getemper deur mooi oomblikke en hoogtepunte.
Maar die een ding waaroor sy al hierdie jare lank in stilte gewonder het, was dit hoe dit met hom gaan: John.
Terug pieng: Die juffrou deel 7 | Seegogga se Bloggie
Snaaks hoe daar skielike gedagtes uit die verlede kom, en dis nie altyd goed nie….
soms, soms nie….