Saterdagaand; Dis stil, dis laat, en my kinders wat kom kuier het, het gaan slaap. Die wind waai liggies en die hond verskuif van posisie. Iewers in die verte ry ‘n motorfiets. Stilte en vrede.
Maar vanoggend was Anene Booysen se begrafnis hier naby my op die hoek.
*****
Sondagaand: En nou is die weereens Sondagaand, stilte. Die kinders weg, die man weg, die radio weg, tv stukkend. Net ek en my diere – en ja, my laptop!
Maar ek vra myself af: Waar was daardie sekuriteitswagte toe dit nodig was? Ek dog hulle is sekuriteitswagte op die terrein. WAAR WAS HULLE???
Dis hartverskeurend treurig.
Maar elke moord is so
Ai, ja!