Shop vir ‘n ruimtepak!

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Die Goue Vroue gaan die Ruimte ontgin! Maar nie net die Goue Vroue nie, enige een wat graag deel wil wees van hierdie ervaring, mag saamskryf! Laat weet net vir een van ons en ons sal jou graag verwelkom. Nuwe mense bring altyd nuwe idees, nuwe entoesiasme, nuwe gees. Ons skryf in geen spesifieke volgorde nie, maar soos wat elkeen van ons aandui dat sy graag volgende wil skryf. Vier dae word toegelaat voor ‘n volgende persoon haar storie plaas sodat almal genoeg tyd het om dit te kan lees. Dit sal goed wees as ons stories by mekaar kan aansluit. Komaan dames, kom ons kyk wat die ruimte ons bied. The sky is NOT the limit! Veral nie vir die Goue Vroue nie!Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.

Toortsie nooi my mos toe saam ruimte toe! En toe ek sê dat ek gou ruimteklere gaan koop, kry ek die opdrag dat ek sommer vir haar ook ‘n silwer ruimtepak moet koop.

En toe gaan ek shop.

Ek gaan na die modernste winkels toe waaraan ek kan dink, maar die winkelassistente kyk my almal aan of ek kens is. Nee, hulle hou nie so-iets aan nie. Is dit dalk vir ‘n maskerbal of ‘n kinderpartytjie? Dan kan ek dit by n propwinkel gaan soek. By een winkel hoor ek hoe die verkoopsdames giggel toe ek omdraai. Duidelik dink hulle ek het ‘n skroef los.

Op pad na ‘n ander inkopiesentrum, sien ek ‘n klein deurtjie langs ‘n woonhuis. Daar is ‘n kennisgewing:

“Alle naaldwerk. Your wish is our command.”

Ek stop. Agter die toonbank sit ‘n klein grys vroutjie. Ek wou eers terugdraai, maar die manier wat sy glimlag, laat my stilstaan.

” Laat ek raai- jy soek ‘n ruimtepak of 2?”

Hoe op aarde het sy geweet?

“Ek het net die regte ding vir jou”.

Sy buk af en in ‘n silwer trommel haal sy ‘n syagtige silwer ruimtepak uit. ” One size fits all” sê sy en wys hoe die ruimtemateriaal rek en krimp soos jy daaraan trek.

Dis pragtig!

“Hoeveel van hierdie pakke het u?”

Net soveel soos jy nodig het!” glimlag sy tevrede. “Ek het gewonder wanneer julle eendag gaan kom”

“Maar hoe het u geweet?” kan ek nie help om te vra nie.

“Die uile, Faye en die feetjies, en ‘n bont koei en die man op die maan het al almal my vertel dat dit net ‘n kwessie van tyd is voor julle dit gaan nodig kry”.

Sy vertel dit asof dit die alledaagste ding is om te sê. Ek sien nou vir die eerste keer dat haar hare nie grys is nie, maar silwer. En dis of daar ‘n lig uit haar hele gesiggie straal.

Sy vou die ruimtepakke liefderik op en pak 14 in die sak. “Kom maar terug as julle nog benodig, nè! Geniet die reis en sê asb groete vir maanman en my ander vriende!”

Nou kyk die Goue Vroue so!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in blogspeletjie, feeverhale en ander stories, goue vroue, Los opdrifsels and tagged , . Bookmark the permalink.

24 Responses to Shop vir ‘n ruimtepak!

  1. Toortsie sê:

    Ekhet gedink die jonges by wie jy was sou nie weet waarvan jynpraat nie, maar daai dame is meer as spesiaal! Ai ons lyk ekstra mooi! Dankie Seegogga.

  2. Una sê:

    Ek lyk defnitief baie beter in my ruimtepak as in my gewone kasklere! Wonder nou of ek my man dalk Woensdag daarmee op die lughawe kan inwag… Baie dankie, Seegogga, dis lieflik.

  3. appeltjie sê:

    One size fits all want dit rek en strek . Wat n wonderlike idee. Dit lyk uitmuntend

  4. Ons is verby sexy. Dankie Seegogga. Lyk my ons sal in die toekoms nog baie by die silverkop vroutjie moet gaan aanklop vir ons spesiale behoeftes.

  5. Ai-ai, Seegogga, hoe bewonder ek tog jou beeldende talent – daardie goue/silwer/blink vrou is eenvoudig pragtig! Ruimte, hier kom ons…

  6. sonell sê:

    Ek laaaaaf dit!!! Ons lyfies lyk fiets en fiks 😄

  7. VirgoC sê:

    Hiert jy!!! Kyk ons lywe!!!! Ek dra net daai pakkie van nou af en klaar. Seegogga, dankie dat jy die pakkies gekry het. Ons kan mos mooi moleste maak daar vêr😁👽🛸

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s