Vakansie by die see is meer

Dit word herfs en die paasnaweek lê voor. Dikwels verander die weer dramaties met paasnaweek, omdat dit altyd dan volmaan en dus springgety is. Hieroor wil ek graag met voornemende vakansiegangers gesels.

Die see is fassinerend en wonderlik. En die ideale vakansie is ‘n vakansie by die see. So glo baie mense, en daarom loop ons stranddorpies elke Desember vakansie en Paanaweek oor.

Maar wat maak dit dan so wonderlik? Ja, Somer, son, sand en see, sekerlik! Maar daar is soveel meer: Samesyn, ontspanning, speel, rus, pret, familiebande, herlaai – noem maar op. Daar is so baie.

Baie mense het net een ding in hulle kop: Om te swem en te “tan”. Ongelukkig speel die weer nie altyd saam nie. Dikwels waai die wind. Soms is dit koud, veral saans, En ja, dit kan selfs reën ook!

Veral binnelanders is dan erg onthuts. Hulle hele vakansie is bederf! Hulle gaan onvergenoegd huis toe en sê soms: “Daardie plek sien ons nooit weer nie!”

So het ek een naweek mense gehad wat die Vrydagmiddag ingeboek het. Die Saterdagoggend 6vm skakel sy: Die wind waai. Hulle gaan nou maar oppak en ry ,want ‘n mens kan nie so duur betaal en dan die hele naweek in die huis sit met 2 seunskinders nie.

” Moenie in die huis sit nie!” was my antwoord. “Gaan stap buite en voel hoe die wind jou stoot! Of gaan lê op die wind! Gaan klim die vuurtoring! Gaan drink sjampanje op die Suidpunt van Afrika! Gaan kyk na die wrak! Gaan kyk na die reuse branders as die wind woes waai. Gaan kyk na die bootjies by die hawe en laat die kinders op die strand rondhardloop. Kinders is baie minder gepla oor die wind as grootmense. Gaan vang klipvissies! Gaan kyk hoe lyk die skeepswrakmuseum op Bredasdorp! En sommer ons kersfabriek ook. Dwaal rond in ons skulpwinkeltjies. Gaan kyk na die grot by Waenhuiskrans. Gaan proe wyn op ons wynroete!”.

Ek dink ek het dalk bietjie te sterk oorgekom. Die arme vrou het nie antwoord gehad nie. Maar weet julle, hulle het toe die hele naweek gebly – en laat weet dat hulle dit geniet het ook!

Daar is soveel meer wat jy ook binneshuis kan doen – goed waarvoor jy nooit tyd kry nie. Bou ‘n legkaart, speel kaart, geniet dit om net jou kinders te gesels en te speel. En ja, ‘n mens kan ook swem in die reën! Jy gaan nie natter reën as wat jy is nie en die water voel dikwels warmer op sulke dae.

Die see is wonderlik en die wit sand heerlik om op te lê en sonbrand en dis heerlik om op die strand te stap, maar ‘n seevakansie is baie meer as net dit.

Ons hier by die see het al geleer om vrede te maak met die wind en die 4 seisoene wat ons soms op een dag het. Die kitesurfers wens weer die wind wil waai, en die ouens wat snorkel en duik steur hulle glad nie aan temperatuur of wind nie.

En ons waardeer elke dag die voorreg om hier te kan woon .

17545551_10155087654226866_3565784521830281464_o

20160322_095114

VLUU L210  / Samsung L210

.

20160102_195150

Wil jy n bietjie see toe kom? Klik hier en kies vir jou ‘n plekkie:

https://seegoggaaccommodation.wordpress.com/accommodation/

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., Overberg, Seestories and tagged , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

24 Responses to Vakansie by die see is meer

  1. Dis so waar! Hoeveel keer moet mens dit herhaal? Dalk hang ‘n besoek aan die see af van die besoeker se gesindheid. Dis amper soos kerk toe gaan. Mens kom nie om deur die see bedien te word nie! Kom net om te bewonder, En jou positiwiteit sal jou die wonder laat ontdek!

  2. Ek het in What’s in a name – it may depend on your frame (of mind)!
    http://wp.me/p3bnM2-Hj
    mooi fotos oor die grot geplaas
    Ja vakanie gaan nie net oor vooropgestelde idees nie

  3. Net so! En as mens tuiskom vra almal eerste “En het julle darem lekker weer gehad?”

  4. travel460 sê:

    Seegogga, jy het my nou ook ge-inspireer. Dink die Kaapse see roep my…o, ek vergeet ek was nounet by ń see. Die dam gaan maar moet opmaak.🌹 Jy het baie goeie raad vir die vakansiegangers gegee.

  5. BB sê:

    Ek wens…. as ek kon het ek môre getrek. Intussen doen ons ‘n paar lang naweke per jaar. En ons dae is propvol daar, ongeag wind of weer 😀

  6. Kameel sê:

    Baie goed gestel seegogga. Ek “like”

  7. aj vosse sê:

    Ja… om by die see te bly is ‘n vooreg… en ek belowe, ek stem met alles wat jy skryf saam!
    Kinders gee vere om vir ‘n ou bietjie wind!
    Hier by ons het ons net een reel… trek reg aan en gaan uit! Ek was al in die sneew op die strand! Daar is altyd ‘n foto of twintig om te neem… en die bestes is altyd in ‘n storm… of net daarna!
    😉

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s