Reader appreciation award en sewe sondes

Nie minder nie as 3 wonderlike bloggers het vir my ‘n toekenning gegee en gevra ek moet skryf . Hulle is OLGA, wat wonderbaarlik haar ring weer tussen ‘n klomp tydskrifte gekry het; Toortsie, my baie spesiale Overberg vriendin wat my leer blog het en altyd so mooi positief is; en Maankind, ons eie Overberg e-boek spesialis.

BAIE DANKIE VIR JULLE NOMINASIES! EK VOEL GEËERD!

En nou moet ek produce! Ek weet ek het al voorheen oor die goeters geskryf, maar waar???? So hier gaat ons.

1. Vir my is niksdoen lekker. Daar is niks lekkerder as om sommer net niks te doen nie. My gedagtes dwaal hulle eie dwale of ek sit of lê sommer net in ‘n beswyming. Ek doen dit elke aand as ek ‘n halfuur lank in die bad lê totdat die water te koud word.

2. Ek is verslaaf aan soetgoed al weet ek ek mag nie dit eintlik eet nie. Sjokolade, lekkers, en mmmmmm merengues! Ek is mal oor merengues en koop soms ‘n pakkie en eet dit in een sessie op.

3. Ek glo nie in onnodige werk nie. Ek stryk nie lakens of selfs klere nie, (net soms my man se hemde) en ek glo nie ek het al ooit my nagklere opgevou voor ek dit onder die kopkussing ingedruk het nie.  Kon nog net nooit die nut daarvan insien nie. My arme ma het al die jare my tevergeefs probeer leer om netjies te wees.

4. Ek is nogal goed in Wiskunde en wiskundige probleemoplossings, maar kan geen getalle of telefoonnommers onthou nie. Ek dink my brein het besluit dis onnodige inligting, Daarvoor is my telefoonboeke en deesdae die selfoon memory mos daar. Ek onthou ook nie afsprake en  verjaardae nie. As my foon my nie inlig nie, is dit nag.

5. Gee my ‘n kwas en verf, en ek is in my element. En as ek klaar met oorgawe geverf het( mure, rame, beddens, vloere, skilderye, dekor of watookal), is daar verf aan my hande, op my klere, in my hare, op my gesig en waarskynlik op die vloer ook. Maar hoe meer vol verf ek is, hoe lekkerder het ek geverf. Ek kan ook glad nie verstaan hoekom mense so tekere gaan as ek die slag ‘n bietjie blou verf in my hare het nie. Ek self is gewoond daaraan.

6.Ek kies sommer vanself altyd die kant van die underdog, die af-vlerk eendjie, die uitgestotene die andersdenkende.  Dit het dalk te doen met die feit dat ek Maatskaplike werk studeer het, maar dit het waarskynlik ook te doen met sommer ‘n koppige teen die stroom skop. Ek kan dit nie verdra as mense snobisties is en hulle verbeel hulle is beter as ander nie.

7. Ek loop met baie drome en goeters wat ek nog wil doen, idees, ens, maar min word tot uitvoering gebring, want ek is nogal geneig op uit te stel. Tans is ek besig om ‘n liedjie te maak. Ek het hom eintlik al gemaak en ek dink nie hy is te sleg nie. Maar gaan ek nou ooit sover kom om hom vir iemand te gee om te sing en begeleiding by te maak?????

Sjoe, uiteindelik klaar! Hoop nie julle het intussen aan die slaap geraak nie,want julle moet nou hier lees of julle die  reading appreceation award gekry het! Die meeste van julle het dit nou al ontvang, maar ek sal probeer.

Eerste gaan aan Tamatieland, ‘n jonge dame met besondere idees, goggabyt, wat deesdae te besig is om mamma te wees om te blog, Karen, wat altyd vir ons sulke interessante dierenuus stuur, Dirkie , wat nog jonk in die blogwereld is, en Hanlie Green wat nou net begin het met die allerlieflikse foto en kos blog. Sy is ‘n uitstekende fotograaf en ek moet ook ‘n bietjie met haar spog, want sy is my niggie.

Hierdie is ‘n blogspeletjie en julle moet net asb die reels volg om deel te neem.                       1. Kopieër en plak die toekenning op julle blog.                                                                             2 Gee erkenning aan die wat dit vir jou gegee het deur hulle te link( of te tag of watookal met daardie kettingdingetjie)                                                                                                   3.Skryf oor 7 van jou sondes, of 7besonderse dinge van jouself, en                          4.Nomineer 5 ander bloggers vir die toekenning. 

Nou toe, daar het julle dit! Lekker blog!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

9 Responses to Reader appreciation award en sewe sondes

  1. Toortsie sê:

    Geluk! Jy het die toekennings verdien!!

  2. Kameel sê:

    Bly jy het die gordyn so ‘n bietjie gelig…. gaan nou altyd aan jou dink wanneer ek my pajamas bêre 😉 Hou ook van in die bad in ‘n beswyming lê, en soetgoed…. so jy gaan van nou af baie op my gedagtes wees.

  3. Olga sê:

    Ek kan sweer ek het laasnag some time hier 5c en ‘n “like” gelos. Krappie, het ek gevloek en jy my uitgevee?

    • seegogga sê:

      Hasai nee, Olga sal nooi so-iets doen nie. Ek hert nie ‘n 5c of ‘n like gekry nie. Maar my laptop se nou aanmekaar vir my dat ek my browser moet upgrade anders gaan ek goed verloor, onder andere my blog! Maar ek kry nie die upgrade reg nie, en het nou chormoe install sonder veel sukses want nou is dit ‘n deurmekaarspul. nou blog ek soms op chrome. Ek sal gaan kyk of my like nie daar is nie, want ek LIKE van like! like maar asb weer!

    • seegogga sê:

      Nee, Olga, ek dink jy het gedroom. Stuur daai LIKE!

  4. MaanKind sê:

    Mooi, maar hierdie goed het ek van jou geweet, behalwe (sidder by die gedagte!) die nagklere wat jy so instop!

    • seegogga sê:

      Ai, ek kan mos nou nie help dat jy heldersiende is nie, Kindjie! Wat kan ek nog se? Ek doen graag soduko’s, maar glad nie blokkiesraaisels nie, ek is gefassineer deur olifante – van kleinsaf. Maar deesdae is ek baie bang vir hulle want hulle het ‘n aksie teen mense ontwikkel. Ek hou baie van die fliek, Life is beautiful, maar kon nog nooit verstaan wat die mense in Dr Chivago(sp?) sien nie en ek kyk geen sepies nie. Ek beskou dit as ‘n belediging vir my intelligensie. Gee my liewers ‘n mooi fliek.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s