Somtyds, as dit blues-tyd raak op ‘n Sondagaand, is dit swaar op positief te bly – oor my geldsituasie, oor die huis se instandhouding, oor die kinders se geluk, oor my sukses as moeder, oor my huwelik, oor die toekoms, sommer oor alles. Dis dan wat ek in ‘n bolletjie wil oprol en onder die bed gaan wegkruip.
En dan skiet ek ‘n (hele) paar gebedjies op en knyp my oë toe en trek my rug regop en besluit koppig ( ek aard mos na my pa): ek SALLIE! Ek sallie dat die lewe my onderkry nie. Ek sallie gaan lê nie! Ek sallie kyk na al die realiteite wat my in die gesigstaar nie, ek sallie moed opgee nie en ek sallie huil nie.
Ek moet net aanhou en glo. Maar somtyds, op ‘n Sondagaand, is dit bluestyd………

Gelukkig is dit nou Maandag… Hoop jy oel beter. ♥
LikeLike
Ek doen! Dankie Kindjie!
LikeLike
Maak nie saak hoe sleg die situasie is nie, dis hoe jy dit hanteer wat saak maak. En jy het duidelik die regte uitkyk. Moenie te hard wees op jouself nie, klein bietjie huil is nie altyd sleg nie. Sterkte!
LikeLike
Dankie Karen!
LikeLike
Ek lees gisteraand van Eugene Marais se bevinding (uit: Die Groot Verlange)dat diere (en 1 uit 20 mense, volgens hom) lei aan ‘hesperiese neerslagtigheid’ wat blykbaar basies beteken dat diere en ‘n persentasie mense depressed raak as die son begin sak. Ek beleef dit elke aand, nie net Sondagaande nie. Hoop jy voel beter.
LikeLike
Hallo Briefies, welkom by my blog. Ek is ook self baie erg oor Eugene Marais, en het Die groot Verlange jare gelede vir myself as geskenk gekoop. (Kan jy glo? Dit het baie duur gekos: R12!) Sjoe, dis erg om elke aand so te voel!
LikeLike
Dit is nou Maandagaand, en ek vertrou die Sondagaand blues is verby 😉 Jy mag maar bietjie huil, dit is nie swakheid nie… net bietjie mens wees. Daar kom altyd weer genade om voort te gaan!!!
LikeLike
blues darem weer oor- dis mos nou Donderdag en MEGAWEEK hier!
LikeLike