wie sit dit op?

Die internet het my nog altyd verstom. Wie sit al die inligting op? Eingiets onder son waaroor jy meer wil uitvind , is hier.  Tik net jou vraag, of jou trefwoord, en siedaar! Daar is bladsye en bladsye vol inligting!

Ek het seker so twee jaar gelede om een of ander rede geskryf oor die deurmekaar tale van kleur  en die kleurwiel bygesit. Sedertdien het so baie mense daarop gekliek en allelei snaakse vrae gevra, bv “watter kleure moet jy meng om rooi te kry?” of “wat is komplimentere kleure?” dat ek maar stilletjies gegaan het,’n bietjie meer bygewerk het en die bloginskrywing meer gebruikersvriendelik gemaak het met meer inligting  vir die surfers.

Veral die afgelope paar dae word die deurmekaar tale van kleur druk gelees. En vannaand terwyl ek so daaroor loop en peins, tref dit my : wie sit al die goed op die internet?

Maar mense, dis mos ONS!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

7 Responses to wie sit dit op?

  1. Toortsie sê:

    Ja!!! Dis ONS!
    ‘n Paar jaar gelede as my kinders inligting op die internet gesoek het vir hulle skooltake, en hulle het ‘n afrikaanse woord ingetik, het jy by Hollandse goed uitgekom. So lekker dat ons nou al enige Afrikaanse woord kan intik en oom Google weet van hom! 🙂

    • seegogga sê:

      dis nogal verstommend hoeveel Afrikaans daar deesdae op die internet is . En nou het OXFORD UNIVERSITY PRESS, wait for it: ‘n Afrikaanse woodeboek uitgegee!!! Hulle het dit nog net in 3 tale gedoen, Engels, Swahili en AFRIKAANS! Ek se mos dis die nuwe wereldtaal!

  2. Kameel sê:

    Ook al gewonder oor die internet wat van alles onder die son weet. Wie het ons om te bedank? Die mensdom lyk dit my….. 😆

  3. Slakkelak sê:

    En JUIS omdat dit ons is wat dit opsit, moet mens maar leer om nie net alles blindelings te glo waarop jy afkom nie. Hierdie deel van tegnologie is vir my wonderlik

  4. seegogga sê:

    Nee, maar so is alles wat ‘n mens lees – ook in boeke en tydskrite, ook maar ne! Ek dink rerig internet is vir my ook wonderlik -= fantasties

  5. aj vosse sê:

    Nes jy sê… dis net ons!! 😉
    Maar… dis mos die pret, is dit nie?🤔
    As jy nie iets byvoeg nie dan het ek niks om te lees nie?😲

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s