Vannaand moes ek ‘n tweede gedig op Facebook plaas in ‘n gedigplaas-uitdaging. Ek plaas dit sommer ook hier.
My keuse is’n gedig van Adam Small. Hy het destyds by Maskew Miller gewerk en toe hy tydens besoek op Kimberley was, het ek hom gevra om my Afrikaanse matriek en 9’s te kom toespreek oor sy gedigte en veral ook sy boek Oos Wes Tuis Bes Destrik Ses. waaroor ek mal was en was nuut op die rakke was. Di was April 1975. by die Elizaberth Conradieskool vir fisiese gestremde leerlinge. Dit is nou net mooi 40 jaar gelede!
Ek was so opgewonde dat so ‘n beroemde dramaturg en digter bereid was om ons te kom toespreek. Ek het ‘n mooi tafel gedek met allerlei lekker eetgoedjies en die hele personeel ook genooi om te kom luister en na die tyd saam tee te drink en gesellig te verkeer.
Adam Small het baie mooi met die kinders gesels en vir die gehoor van sy gedigte voorgelees en verduidelik. Hy het ook my boek geteken. Toe dit teetyd is , verdwyn al die personeel soos groot spelde en ek en Adam Small bly feitlik alleen agter by die teetafel.
Na die tyd vind ek uit dat die personeel smoorkwaad was omdat ek sowaar vir hom uit ons gewone teekoppies uit laat drink het en nog verwag het dat hulle ook saam moet drink in dieselfde lokaal.
Ek hou so baie van hierdie gedig oor die afbreek van distrik 6. Niemand kon dit mooier gesê het nie..
Proud ou gabou
pathetic pêllie
stil ou
djy fancy djy staan nog
one-way
djy fancy nog; one day, one day?
‘Is wishful thinking daai
proud ou gabou
pathetic pêllie
quiet ou
djy word gedemolish sê ek vi djou!
Wat was djy?
‘n Cash-store?
‘n Kerk?
Ma daai was once upon a time, pêllie,
once upon a time…
Nou wiet ek nie exactly wát is onse crime
ma ek en djy
is suppose’ om te wiet crime doesn’t pay!
So pêllie,
dis geskryf en gesign en dis ‘n must
djy sil vanish hieso in ‘n cloud of dust!
Hoor djy die perepote van die bullodozers?
Ek sil djou mis…
Nou sak djou kop
Nou briek djou hart
Ko lat ons hyl dan, ma nie te hard nie
oor mense wat mal is, pellie,
soes djy val…
dja, mál, pêllie
En nou is ou Antjie Krog, wat ook so pragtig dig, weer mal.
Die sondes van die vaders…
Wonderlik, Seegogga! Sodra mens te naby aan die waarheid kom, sal hulle se jy is mal!
sjoe, Andre dis net erg hoe mense van een uiterste na ‘n ander omswaai.
Kleinlik van jou kollegas.
BAIE kleinlik! Ek was verstom.
Ek hou van
Ek is hopeloos te vlak om poësie te waardeer. Ek het iewers ‘n gedig van Adam Small gelees wat my ‘n gly in hom gegee. Dieselfde paadjie wat Andre P. Brink ook by my geloop het.
Dit moet besonders wees om ‘n skrywer van wie jy hou te ontmoet.
(presies 5 maande. 😉 )
Adam Small het gedig oor oa onregverdighede. Sy drama, Kanna hy ko hystoe word beskou as seker die heel beste drama in Afrikaans. Daarvoor moes hy jare gelede die Herzogprys gekry het, maar dis nie aan hom toegeken nie, agv Apartheid. Dis nou eers verlede jaar of die jaar vantevore aan hom toegeken
Hoe eng en kleinlik was ons lewens nie destyds nie. Ek kan my voorstel hoe verlee dit jou moes gemaak het.
Ek was baie skaam, Olga. Dat hulle veral nou werklik verwag het dat ek vir hom ‘n ander bekertjie moes gee!
Reblogged this on Seegogga se Bloggie.
Ek is nie goed met gedigte nie, maar hierdie een verstaan ek ook! Pragtig!
Ja, hierdie gedig is vir my na aan die hart.
Ek verstom my gewoonlik oor hoe ons mensdom verskil. Daar was jou fokus, en jou kollegas s’n. So asof ons soms op totale verskillende planete leef.
Sjoe ek wad rerig geskok! Het hulle regtig verwag hy moet op die agterstoep uit n gechipte bekertjie staan en drink? Ai d mensdom darem!