Die perfekte misdaad bly onopgelos.

Die perfekte misdaad bly onopgelos

Nota aan gereelde lesers: hierdie is afsluiting van ‘n bloggergroep se hoogs amusante  gesamentlike geskryfde misdaadstorie, geïnspireer deur Hester.  As julle lekker wil lag,  lees gerus ons 2 boeke wat gratis afglaai kan word as u op die skakels hieronder druk.

DIE PERFEKTE MISDAAD BLY ONOPGELOS

Verslaggewer: Seegogga, ons korrespondent aan die Franse Riviera ( Weens kommunikasie probleme is plasing van hierdie berig vertraag, maar die nuus is steeds relevant, dus word dit steeds geplaas. indien verder inligting beskikbaar word, beloof ons om u op hoogte te hou.)

Die misdaad wat die blogwêreld aan die gons het, bly steeds onopgelos.

By nadere ondersoek het die Polisie een enkele goue muntstuk gevind in die kluis wat deesdae agv die pragtige Balimeubels daarin as ontspanningslokaal asook vir funksies gebruik word. Daar was oral duidelike vingerafdrukke, maar die afdrukke kan nie geëien word nie, wat die vermoede laat ontstaan dat dit òf eerste oortreders, òf buitelanders is wat die misdaad beplan en uitgevoer het.

Die Toweropstal, , waar dit glo gereeld spook,  is uiteindelik met die roof verbind. ‘n Swerm perdebye wat duidelik lank reeds daar nesmaak, was ‘n duidelike teken dat daar jare laas mense binne-in die bouval was. Tog het ondersoek getoon dat die enigste manier hoe die rowers die kluis kon binnekom, deur ‘n tonnel is wat onder die skoorsteen van die toweropstel na de kluis loop. Dit het opnuut die gerugte van ‘n spokery laat opvlam. Die nuwe huurders wat eens wilde partytjies daar gehou het,  het spoorloos verdwyn.

Spore het wel gelei na Pollmanskop, die plaas van Pablo Escobar van Colombië.  Dit het aan die lig gekom dat hy ‘n druglord  en smokkelaar is. Toe hy dus met sy helikopter daar land, was die polisie gereed om hom in hegtenis te neem. Op onverklaarbare wyse is die polisie sowel as die buitelanders egter bedwelm. Toe hulle weer bykom, was hulle net betyds om te sien hoe die Pablo se helikopter opstyg, met ‘n Suid-Afrikaanse dame, Hester, by die kontrole. ‘n Hele paar mans in swart geklee het in hopies daar rondgelê. Aanvanklik is gedink dat hulle dood is, maar nadere ondersoek het getoon dat bloot te diep in die bottel witblits gekyk het.

Die plaas was verder verlate. Die bont byevoertuig wat voorheen daar opgemerk is, is ook weg. Dit kon nog nêrens gevind word nie.

Seegogga het self daar gaan spioeneer en was net betyds om te sien hoe buitelanders, waarskynlik die eienaar, Pablo, en sy manskappe uit ‘n helikopter klim, en hoe ‘n dame begin dans. Ek het onder ‘n bossie gesit en maar ‘n video geneem. Aan die einde van die dans  het sy geëindig in die arms van ‘n jong Latynse offissier. Hulle is droomverlore daar weg, duidelik baie verlief. Gerugte is dat sy en die offisier deesdae in ‘n pragtige Paleis in Oostenryk of Switzerland woon.

Die vermoede bestaan dat Pablo die meesterbrein agter die misdaad was, maar dat hy ontvlug het na ‘n onbekende bestemming.  Dit is moontlik dat die res van die inwoners ook ontvlug het.

“n Dame,  alom bekend as tannie Frannie,  het in die hospitaal beland nadat sy op onverklaarbare wyse ‘n goue muntstuk ingesluk het. Die muntstuk is een van die wat uit die bankkluis gesteel is, maar sy hou vol dat sy net soos gewoonlik ‘n toebroodjie geëet het, en niks van die misdaad weet nie.  Sy is op borgtog vrygelaat.

Nog geen spoor kon nog gevind word van die ander goue munstukke, diamante en papiergeld wat uit die kluis vermis word nie.

Ek het sersant Gibaba besoek tydens sy teetyd . “Ons is steeds besig om die saak te ondersoek, maar alle leidrade eindig net ‘n doodloopstraat”, het hy gesê en nog ‘n groot hap van ‘n heerlike skyf sterk gegeurde Tiramishu gevat. “Die vindingrykheid van hierdie skelms is vestommend. Dit wil regtig voorkom asof ons hier met die perfekte misdaad te doen het .”

 

Nota aan alle bloggers en ander wat hier inloer:

Om die ware misdaad en al sy lagwekkende absurditeite te lees, soos deur verskeie bloggers saam beplan en uitgevoer, kan u die boek gratis hier aflaai.

https://www.hesterleynel.co.za/2018/02/24/die-perfekte-misdaad-ons-het-n-boek/                   

U kan die opvolg hier aflaai:

https://www.hesterleynel.co.za/2018/04/15/die-voortvlugtiges-ons-het-n-boek/

Hierdie is werklik humoristiese leesstof en beslis materiaal vir ‘n slapstick komedie, indien u ‘n filmaker op soek na idees is.

Lesers wat die betowerende dans wil sien wat seegogga afgeneem het, kan op

hierdie skakel klik.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

24 Responses to Die perfekte misdaad bly onopgelos.

  1. Toortsie sê:

    Oulik! You rock. Nou moet jy sorg dat jy by die towerpaleis in Oostenryk uitkom. Dáár gebeur dinge!

  2. Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

    http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174

    Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) enLê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

  3. Jinne, Camilla se dans is ongelooflik! Ek sien dat selfs oom Putin van Rusland in haar betowerde gehoor was. Nee kyk onse Camilla het hogere bande. Nou wonder ek oor al haar verbintenisse…
    Fantastiese verslaggewing van hierdie klomp skelms se doen en late, Seegogga!

    • Kameel sê:

      Perdebytjie nou het jy my weer aan die lag. Putin.van Rusland sê jy. Miskien ken Camilla hom…. maar Kameel weet van hom niks. Gisteraand gesmile; besluit om sommer u-tube fliek te kyk. Daar is dit sowaar van ‘n gewone meisie en ou wat verlief raak en toe is hy al die tyd ‘n prins. By die paleis aangekom is daar toe ook ‘n mislike koningsmoeder. Die meisie maak toe net so baie flaters. Kry Camilla toe sommer jammer 😀😀😀😀

    • seegogga sê:

      Dankie Bytjie. Ek was self baie beindruk met Camila se vermoens.

  4. Kameel sê:

    Weer na die dans gekyk dit is darem net pragtig!!!
    Sersant Gigaba moes definitief die resep by Toorts gekry het… of sy voorsien hom skelm van die Tiramishu as omkoop geskenk. En dat tannie Frannie, die onskuldigste van almal nou op borgtog is…. die lewe is maar net nie regverdig nie. Dankie dat jy ons op hoogte van sake hou!!!
    Ons klomp Towerinne en Abrie sit nou in ‘n paleis in Oostenryk…. sjuut, moet dit nou nie aan die koerante uitblaker nie. Sien uit na jou skrywe rondom jou besoek aan die paleis 😊

    • seegogga sê:

      Sodra ek my Villa aan die Franse Riviera mooi ingerig het met Una se hulp, sal ek ek die kasteel se mure kom versier met ‘n paar mooi skilderye.

      • Kameel sê:

        Jong die klomp is almal by die paleis en was al klaar weer in die paleis se skatkamer…. en is nou met goud besprinkel 😯 Weet nie of jy by Linknetz gaan lees het nie. So lekker vir Scrapy se foto gelag…. dis klassiek. Jy hoef nie te kom werk nie, kom deel in die fun. Ek glo wanneer Una met jou Villa klaar is gaan dit baie mooi wees, maar daar gaan definitief goue artikels wees. Mooi aand vir jou daar doer in Frankryk 😊

    • – darem iemand wat met my simpatie het!

  5. Daardie dans het my heeltemal in vervoering!

  6. Sodra ek van die operasie herstel het, gaan ek spore maak – reguit Oostenryk toe!

  7. travel460 sê:

    Uiteindelik is ek ook bekend, al is dit nou ook as een van die vindingryke bende skelms wat die land so op hol gehad het. Vir wie mag ek dit vertel…?

Lewer kommentaar