Hi mev. huganit? xwl net weet of d hysi bd see d nawk vanaf Sat8 beskb of oop v bespr is. ds net x n my girlfriend. Danku.
Hi Smitti x jamme, ma hys kla bespr. Grute.
Hai A. wmj? Hu laat mut ek ko?.
Hi G, 4nm byi bukwinkel. Vmi. Sl jy vnaand hie?
Nee, xam!
Ok sien later. g2g.
k lief jou
xxxxxxx
In Bybelse tye het die mense mos geskryf sonder klinkers. Daarom dat mense vandag nie weet of hulle moet praat van Jehova of Jahwe nie. Soos die beskawing gevorder het, is meer letters gebruik en was daar geen twyfel oor die korrekte woord asook die korrekte spelling van daardie woord nie.
Toe kom die selfoon. Na baie eeue se ontw., = os nou we da wa alle onodige letrs wegelat wrd.
Eintlik moes ons dit geweet het. Het George Orwell nie in die vyfigjare al in sy boek, 1984 geskryf van die Newspeak wat sal ontstaan nie? Orwell was meer reg as wat ons gedink het. Hy het net die mensdom bietjie oorskat. Hy moes sy datum so ‘n bietjie later gemaak het.
Liwe blog vrind, Wt dink jy vd nuwe taal? Sms taal = vi my wondelik, al sukkl ek nog so n biki. K dnk dt h geko om te bly 4sure. lol.
Alles het ‘n tyd en ‘n plek. Ek gebruik self sms taal vir informele sms’e. Ek dink wel dat sms taal net op sms’e moet bly. Dit het nie plek op geskrewe nota’s, blogs of blog kommentaar nie, al doen jy dit van ‘n selfoon af.
Hoekom het die oumense dit nie sommer vir telegramme gebruik jare terug nie?
Kry ‘n mens nog so iets soos ‘n telegram?
Dit sou telegramme darem baie goedkoper gemaak het. Ek dink ook sms taal hoort net op ‘n sms tuis. Ek moet egter toegee, ek is dol oor smse.
Ek merk tog op dat die afkortings al meer en meer in gewone skryfsels , ja ook hier op die blogs, voorkom. Dis baie moeite om uit te skryf as jy gewoond is aan baie sms! En watter ma wat kinders op universiteit of koshuis gehad het, sms nie?
Julle sal dit nie glo nie, maar MY kinders sms vir my die woorde voluit – want MA is te stupid om die taal te leer!!! Ek was nog nooit goed met tale nie – o.k. musiek is ook ‘n taal en ek kan dit lees en vertolk. en ek kan bietjie engels praat en so amper afrikaans…. maar verder? O Wee!!!
Ek is een van daardie sms’ers wat alles probeer se in een sms, so ek hou die letters dop. As dit beteken dat ek ‘n paar klinkers moet weglaat, dan is dit nou maar so, maar dit moet steeds maklik verstaanbaar wees. Soms moet ek omtrent kopkrap om sms van familie/vriende te verstaan. Ek dink dus dat mens nie altyd moet tik soos jy dit verstaan nie, maar dink aan wie jy dit stuur en of hulle dit sal verstaan.
Seegogga – 10/10 vir die skrywe!!
Ek flippin VERPES daai taal. As jy nie ordentlik kan praat nie, moet dan GLAD NIE met my praat OF my sms nie. Sorry, maar dis hoe ek daaroor voel. G’n wonder ons kinders kan nie meer ordentlik spel nie 👿
Ek sukkel ook BAIE met die sms-taal! Ek moet ‘n sin ‘n paar keer lees voordat ek dit verstaan. Ek wens soms ek kan my eie gesig sien as ek dié ding probeer ontsyfer.
Ek dink hierdie “taal” is verantwoordelik vir ons kinders en tieners wat so swak spel.
Xena, Olga, toortsie, knipoog, Son en sonlig. Baie dankie vir julle saamskrywe. Ek dink ook telegramme sou meer kon se en goedkoper gewees het! ek dink sms taal het gekom om te bly. Het julle al agtergekom dat alles deesdae in afkortings is? Die ACVV het geld ingesamel vir mense wat aan MS ly en die DBV se BBP het ‘n ete gehad. Ek het ‘n ADSL lyn op my PC en more gaan ek PE toe omdat my GP vir my ‘n EKG, ‘n EEG wil gee.RIP.
NS RSVP asb.
Ek het erens gelees dat die onderwysers kry sms taal wat plek plek in kinders se opstelle inglip. Sommige onderwysers laat dit maar so deurgaan, ander nie. Persoonlik tik maar die woorde uit as ek sms.
Hallo Stefanie, Ek dink sommige van die afkortings sal later net so algemeen wees soos die aanvaarbae afkortings wat tans in die woordeboeke is. Taal ontwikkel en verander, so ook afkortings. Dis as’t ware ‘n nuwe soort snelskrif.
Ehe!
Ek help met ‘n beradingsdiens op Mxit vir tieners en dit is regtig egtig hoe hulle skryf. Ons almal sit daar aan diens en probeer die helfte van die aand ons bes om hulle net te verstaan…. Gekukkig hoef ons nie so terug te tik nie!!! 😉
Ek haat dit, ek het genoeg moeilikheid om te spel op ‘n goeie dag. As jy nou nog aspris letters laat weg val is ek in my maai in.
Dit lyk na Grieks, ne! maar sommige van die afkortings is heel oorspronklik..bv A3 Adrie, of mid8 vir middag