‘n Jaar gelede het ek ‘n nuwe selfoon gekry. En net daar het my lewe so n bietjie verander. Ek het naamlik die s-pen ontdek.
Wow! Dis ‘n wonderlike dingetjie!
Nie net kan hy, nes n gewone pen, vir jouself nota’s skryf nie, jy kan ook woorde op foto’s skryf, as jy sou wou, jy kan ook hierdie geskrewe woord in tikskrif verander. Jy kan met die fyne puntjie op die selfoon se lettertjies tik, nes ek nou hier doen, en dis makliker en gemakliker as met die duim.
Verder het die stokkie n klein byna onsigbare skakelaarjie in. Jy sit jou foontjie erens neer, gaan staan by jou vriende of troeteldiere, druk die skakelaartjie as jy gereed is, en siedaar! ‘n Pragfoto sonder dat iemand agter die kamera moet staan.
Maar die eintlike wonderlike ding is die nota’tjie wat die pennetjie kan skryf- in verskillende kleure in verkillende soorte penne en verskillende diktes.
En as jy nou ek is, toets jy mos die virtuele pennetjes uit. En speel. En so speel die Seegogga so n bietjie.
Dit sou seker by speel gebly het, maar toe kom daar mos ‘n kunsuitstalling by die Suidpunt en hulle soek soek geboue – dieselfde geboue wat ek geteken het toe ek met my s-pennetjie geteken het.
Sou ‘n mens dit kon afduk? Ja! Ongelooflik! Hierdie klein prentjies op my selfoontjie geteken verander in ‘n duidelike A-4 prent en ek glo hy sal nog grote ook kan gaan.
Ek is nog ‘n beginner en ken nie eers al die funksies van hierdie nota program nie, maar ek gaan oefen! En leer!
Die beste van alles is dat jy selfoon die heeltyd by my is. Sommer hier in my handsak. Ek kan speel net waar en wanneer ek wil: sonder ‘n tafel, verf, esel of enigiets. Netso! In die vergadering, koffiewinkel, spreekkamer, in ‘n motor, op die strand of in die bed – die wêreld is my oester.
Ek het nou intussen uitgevind dat n mens tekenprogramme op jou sel kan aflaai, maar die gewone note 10 light se notes program is tans oorgenoeg vir my.
Hier is ‘n paar prentjies. Ek is beslis nog n groentjie, maar die belangrikste is dat ek dit geniet!







WOW Seegogga, dit is ongelooflik pragtig.
LikeLiked by 3 people
Watter soort foon het jy?
LikeLiked by 1 person
Samsung note 10 lite. Dit het verlede jaar uitgekom net voor ek dit gekoop het en was bietjie goedkoper as die note 10.
LikeLiked by 2 people
Ek is lus om my MTN-nommer in ‘n ander foon te sit – gaan die foon bietjie oorweeg. My Apple pen het my R3 000 uit die sak gejaag. En kan nie saamgedra word nie.
LikeLiked by 1 person
Daar is nou sl blykbaar n note 20! Maar vlgende jaar as ek n nuwe kontrak moet uitneem, sal ek gaan loer. Hierdie sel se pennetjie druk hier onder in die sel in en gaan dus oral saam. En as jy hom nie gou terugsit nie en nie gebruik nie, vra die foon vir jou of jy jou s-pen het. Baie oulik!
LikeLiked by 1 person
Oulik, so mens kan hom nie verloor nie. My rekenaar se pen is altyd ingedruk, maar sy punt is so dik dat ek dit selde gebruik.
LikeLiked by 1 person
Hierdie dingetjie se punt se dikte stel jy op die sel.. jy moet kyk of jou rekenaar op sy stokkie se program nie ook die punt se dikte kan stel nie.
LikeLiked by 1 person
Die punt self is een belaglike groot ding wat lyk soos ‘n uitveër. My Apple pen het ‘n dun puntjie, soos ‘n regte pen. En sy dikte kan ek stel soos ek wil.
LikeLiked by 1 person
As dít is hoe ‘n groentjie teken, wonder ek hoe asemrowend dit gaan wees as jy ‘n pro is!
LikeLiked by 3 people
Ek us lui Toorts! Sulke 5minute sketsies is my ding. Jarre gelede was ek super presies….
LikeLiked by 2 people
Geen fout met 5 minute sketsies nie! Dis pragtig verby. Jy kandit dalk op kaartjies laat druk vir poskaarte of geskenkkaartjies of a5 prentjies en by Suidpunt Potpourri of Koekeloer verkoop.
LikeLiked by 2 people
Ja die huisie was eintlik n verjaardagkaartjue wat ek sommer vir n vriendin gewhatsup het. Ek het nooit geweet ek kan dit laat afdruk nie! ‘n Mens miet dit eers vanaf notes na jou gallery stuur enbdanbkannjy dit email na due drukker
LikeLiked by 1 person
Hier kom ‘n hele nuwe mark! 😁👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLiked by 1 person
Ek is gek oor hierdie sketse van jou!!!
LikeLiked by 2 people
Dankie Una
LikeLike
Jy het soveel talent, Seegogga!
LikeLiked by 1 person
Jy kan daai sketse raam en verkoop
LikeLiked by 1 person
Wouw jou sketse is pragtig Seegogga, mal daaroor. Dit lyk nie soos ń groentjie nie maar soos ń pro.
LikeLiked by 1 person
Dankie Trommels!
LikeLiked by 1 person
Dankie Appeltjie
LikeLike
Jimmel Seegogga…..jy kan maar hoor..dis pragtig,
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Woordnoot.
LikeLike