The day after the night before

Ons is ‘n groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ‘n dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ‘n menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.Volg skakel https://fresh.inlinkz.com/party/7978d243e406473ca23727d75a9a2a46 om by die Inlinksblad te kom waar al die stories in hierdie reeks gelys word.

Seegogga lê en skommel in haar hangmat. Haar oë is toe. Sy neurie saggies “Thank you for the music…”

Nou en dan proes sy van die lag as sy een of ander snaakse insident onthou- hoe hulle in mekaar vasgedans het toe sy en Toortsie met die lyndans na links beweeg het en al die ander regs; hoe sy byna van Aalsie se verhoog afgeval het toe sy deurmekaar geraak het en gestruikel het op haar high polfaais; die goue vroue se oë toe hulle ontdek ou Pierce Broseman is sowaar ook daar. Sy hoor weer die kareoke stemme en die hartroerende duet van Una en Frannie.

Maar die heel snaakse was daardie gegiggel na die groen dip! Hoe meer ontsteld VirgoC raak, hoe meer lê ou Pierce en skaterlag. Hy en Appeltjie moes hulle naderhand met moeite aan die verhoog se pype ophys om weer staande te kom.

Hoe die arme man weer by sy helikoptertjie gekom het, weet sy nie, maar hy het plegtig verklaar dat hy by die lekkerste partytjie in sy lewe was in ‘n wonderwereld met die pragtigste vroue wat hy nog ooit gesien het. Volgens hom het hulle almal soos goud geskitter.

Seegogga giggel so in die hangmat dat sy amper ‘n bietjie van haar frangeliko uitstort.

Die son blink op die Rebusdam en Blommetjie, Kameel se psychedelic koei, wei tussen die kleurvolle blommetjies. Seegogga lê en dink hoe bevoorreg sy is om hier op haar hangmat te lê op haar bont stoep van haar eie Rebushuisie.

Sy dink aan Trommeltjies se mooi woorde vir almal. Sy wonder sommer oor die wonder van alles en watter avonture hulle nog gaan beleef.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories, goue vroue, rhebusfontein and tagged , , , . Bookmark the permalink.

30 Responses to The day after the night before

  1. appeltjie sê:

    Ek ook seegogga, ek wonder ook. Maar ons volgende avontuur moet net so n bietjie wag. Abba dwaal nog deur my kop

  2. Una sê:

    Jy vat my gevoel oor ons Rebus-wêreldjie en die Goue Vroue ook mooi hier vas. Ek moes ons fantasie-lewe gister aan ń vriendin verduidelik… Toe grinnik ek net en glimlag. Dis net ons klompie wat regtig verstaan, want Rebus is die plek in ons harte, in ons koppe, en in ons vingers.

  3. Toortsie sê:

    Oeeelekker. Ek sit en glimlag breed. En jou bont Blommetjie is uit ‘n ander wêreld!

  4. Jou skets is baie mooi Seegogga, miskien moet jy vir elkeen ń afdruk stuur. Jy het alles so mooi saamgevat en jou vingers het ons harte geskilder. Daai rit in die Zeppelin was epies.

  5. Uiteindelik weet ek hoe Blommetjie regtig lyk – mooier as enigiets wat ek in my verbeelding kon optower! 🤩

  6. Una sê:

    Jy teken flippen oulik en mooi, Seegogga, sommer so op die ingewing van die oomblik!

  7. Una sê:

    Wie se rooi polfytjies sien ek???

  8. Letty-Ann sê:

    Seegogga, ja ek hoor jou binnepretjie.Ek sien die glimlaggie om jou mond en ek herleef saam met jou die groot konsert hier waar ek en Tommie in my Rebushuisie sit en knaag aan ‘n stukkie beskuit.

  9. VirgoC sê:

    Dit is so lekker geskryd en ek kan jou eintlik sien in daai hangmat en jou giggel hoor:)

  10. woordnoot sê:

    Oe Seegogga…dis n mooi skets….en ‘n mooi nabetragting…epilogue…

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s