Ons het gisteraand na hierdie splinternuwe dokumenter op Netflix gekyk. Dit is die ware verhaal van die buitengewone vriendskap van Craig Voster en ‘n seekat.
Saam met verteller Craig Voster kry ‘n mens die kans om’n besoek af te lê in ‘n wonderwereld reg hier by ons voete- by Valsbaai, om presies te wees.
Craig neem ons na “the enchanted forest.” En daar leer ons ‘n alien ken – ‘n wese anders as alle ander wesens op aarde. En ‘n mens kan nie help om vir haar lief te raak nie.
Wow! Wat ‘n pragtige film. Nie net is die fotografie pragtig nie, en nie net leer ‘n mens baie van hierdie uitsonderlik intelligente dier nie, maar jy leer haar persoonlik ken, jy raak betrokke! Wie het nou gedink n seekat het persoonlikheid?
Ek kan hierdie uitsonderlike film aanbeveel vir oud en jonk. Ek kan net hoop dat hulle eendag vir hom die Oskar sal gee wat hy verdien.
Hieronder is n voorskou, maar dis die hele fliek met sy interessante wendings wat n mens betower.
Ek gaan beslis kyk. As ek nie hier mag nie, gaan ek tuis soek.
Ek hop jy kry dit
Ek is van plan om hierdie naweek daarna te kyk, het dit in die week raakgesien.
Hoop jy geniet dit.
Dit lyk inderdaad interessant Seegogga, ek sal sommer vanaand nog gaan kyk. My man het baie daar visgevang in die diepsee en ek is seker hy gaan baie hiervan hou.
Ek hoop julle geniet dit Hester.
O ons het dit vanaand gekyk en baie geniet. Dankie dat jy dit aanbeveel het.
Bly julle het dit geniet, Hester. Dit was vir my baie spesiaal en ook die pragtig wonderwereld van die bamboes bos onder die water.
Dankie, sal daarna kyk.
Hoop jy geniet di, Kameel.
Dankie seegogga, het dit saam my man gekyk en baie geniet.
Bly te hoor, Kameel! Dit was bir my nogal besonders