Hieronder is n prentverhaal deur Jenny-Jinya . Klik op die eerste prentjie om die hele storie van begin tot einde te sien.
Hoe voel jy oor hierdie storie?
Voëltjies is nie gemaak om troeteldiere te wees nie.
Dink asb tweekeer voor jy n voëltjie as troeteldier koop. Neem aan, red en voed mense op.
Ek sla gaan lees, lanklaas iets nuuts van jou gekry. Hoop nie ek mis die plasings nie. Ek geniet jou skrywes baie.
Christa, ek sukkel om hierdie prentjies te laat werk. Dis iets wat ek op ‘n papagaai facebookgroep gekry het en wat my regtig geraak het. Hoop jy ky die storietjie gesien.
Ek kon toe en dit is hartseer, maar, daar is sulke stories oor hondjies ook. Mense moet geleer word voor hulle diere koop. Ek dink altyd hulel gaan oppas omdat hulle gekoop het. Hulle wil nie
Dit is so. Maar dis ook so sat papagaaiw se storie erger is en sat baie ” goeie” mense wat goed na hulle trowteldiere kyk,, nie goed na hulle voëltjues kyk nie- hulle besef nie dat dit n diertkie is wat baie intelligent is, wat baie mors, wat graag goed wil stukkend kou en wat baie raas en wat graag wil vlieg nie. Dus koop hulle entoesiasties, maar vind uit hulle kan dit nie hanteer nie, en gee voeltjie weg of sit hom alleen in spens of gooi n handdiek oor sodat hy moet dink dis nag, ens. Voektjies is NIE troetldiere nie, nie geskik om in huise en hokke tecwoon nie, al praat hulle so pragtig. Hulle is meestal hulle lewe lank hokgebonde en sieldodend verveeld, bv soos n olufant in n hokkie so klein dat hy net n paar treetjies kan gee vir 80 jr lank.
Dit is regtig baie erg, Seegogga, mens sal almal sommer wil vrylaat.
Dit is my wens dat daar treng wette oor die aanhou van voëls ingestel word, maar tans is dierebeskermings irganisasies net bekommerd oor Honde en katte en doen jie genoeg moeite met voëls nie.
Dit is nie reg nie, ons sal pln moet maak.
Die storie het my nogal geraak. Self het ek 2 pappegaaie wat in ‘n hok is. Dis weliswaar ‘n groot hok en buite op die stoep, maar nog steeds aanhouding. Ek sou hulle baie graag wou loslaat in die huis, hulle was op ‘n stadium baie mak, maar ons het ook 9 honde, so vir hulle eie veiligheid moet hulle in die hok bly. Ons gee hulle genoeg aandag en die een het die ander leer praat
Ek self het op n stadium 3 katte gehad, en het nou 2. Miskien kan jy so 1x per week die honde uitsluit en die papagaaie n bietjie loslaat? So n uur lank? Het hulle baie speelgoed? Ek selfhet Bekkie wat meestal los vlieg binneshuis, maar hy het ook sy hoktye soos bv nou, want ek is besig om te raam. Hy sit egter hier by my en gesels en is heel tevrede want hy weet dis nou werktyd.
Daar is baie speelgoed in hulle hok. Ek het nou al geleer dat daai mieliestronk speelgoed nie werk nie, hulle stroop die mielies in ‘n halfuur af. Die stoep is toegemaak met canvas, so dis warm in die winter, maar lente en somer is dit oop, so hulle kan die tuin sien en beleef. Dis seker nie die beste nie, maar dis die beste wat ons kan doen
Ja dis mos way hulle graag eil forn= destroy! So eintlik werk dit bsie goed!
Kry by n boer n pasr ou mielies, of stop lee toilettolle op met n neut binne in of mask iets toe in lee eierdose. K dit vir bekkie iets in n margarienbakkie of n boksie. Hy hou daarvan om dit oop te mask.
Die storie het my ook geweldig geraak- meer as d werklike papagaaie wat ek dikwelss in hokkies sien!
Ek absoluut haat ‘n papegaai in ‘n kou. Hulle is wilde diere wat oop lug nodig het om in te vlieg. My eie familie het vir jare ‘n papegaai en nog ‘n papegaai en nog ‘n papegaai gehad. elke keer het die arme voël uit die hok gekom en dan weggevlieg. Net om doodmoeg in ‘n boom te beland en dan weer uiteindelik gevang te word. Die laaste een is nou nog weg. En my hard juig vir hom. Maar voêls hoort nie in ‘n hok nie. Ek haat daardie depressiewe uitddrukkings in hulle oë.
So bly jy sien dit in! Hulle is NIE troeteldiere nie, maar geniet geen beskerming soos ander wilde diere nie. Ek wens so daar wil wetgewing intree oor die grootte van hokke, ‘n verbod oo die knip van vliegvere en die handgroormaak van kleintjies. Ek glo darem dit sal eendag gebeur
Ek het ook tweekeer voëltjies as troeteldiere gehad en hulle vreeslik oulik leer praat. As ek vandag daaraan dink, dan besef ek dit was verkeerd. Ek het onlangs gedroom van my eerste voëltjie, dat ek weke lank vergeet het om vir hom kos te gee. Miskien was dit in my onderbewussyn dat ek skaam moes kry oor my domheid. Dankie hiervoor. Dit laat mens dink.
Ek het as kind ook budjies gehad wat net dag en nag in n hokkie gesit het . Ek het eerlikwaar nie van beter geweet nie. En ek glo baie ander mense weet ook nie van beter nie. Iemand moet die mense wakkermaak. Ek dink hierdie storietjie help nogal. Ek het nou my Bekkie en hy vlieg los rond, maar dit is nie goed genoeg nie. Voëls hoort saam met hulle swerms in die natuur
Terug pieng: ‘n Lang pad – toortsie.com
Hartseer.
Jare en jare se hartseer
Sies tog.
Terug pieng: Boompies vir Rebusfontein – toortsie.com