Dit is stil hier op my bloggie, en eensaam. Ek sien sommer die kliek en besoekers is weg. Die kommentaar ook. Ek self is ook nie eers hier nie.
Rede? Ek probeer my boekie klaarkry! ‘n Mens ou dink ‘n boekie wat ek ‘n hele paar jaar gelede geskryf het, is mos klaar? Moenie glo nie! Eers word die tikfoute uitsorteer, en geproeflees. En weer. En weer. Die bronnelys is ‘n tameletjie. Ek het mos nie aanvanklik gedink ek gaan die uitgee nie. Van bladsy nommers is nie sprake nie, selfs om die uitgewers se name in die hande te kry, is ‘n nagmerrie. Nou moet besluit word oor die font. Watter grootte font? Ek wil dit ook in kursief gedruk he. (Almal kyk my verslae aan. WAT IS DIT? Italics, man!) Gaan ek hartjies binne gebruik? Of diertjies? Of niks( dis die minste werk)? Ek moet ook ‘n superman prentjie teken- van die kant af. Ek soek superman op die internet. Daar is slegs prentjies van voor of van skuins voor. Niks van die kant af nie, dus, teken suster!
Dan is daar die buiteblad. Ek het die prentjie, maar hy is te kort. En te blou. En die swart is nie oral ewe dik nie. ‘n Ekspert help my met sy fancy programme op die rekenaar. Is die skrif reg? Die kleur van die letters? Is die prentjie nou lank genoeg sonder te veel pienk strepe in die lug? Hoe gaan die agterblad lyk? Wat moet daarop geskryf word? Waar kom die barcode? (Langsaan sien julle eewn vd proewe, voordat hy reg gemodify is) Watter soort papier gaan gebruik word? Watter grootte boek gaan die wees? Ek het gedag A5. Nou hoor ek C6 is blykbaar die gewildste grootte. Mens kan dit in jou handsak sit. Ag, dan maar weer bladuitleg oordoen……Decisions, decisions.
Liewe blogvriende, wees asb geduldig en hoop dat die eindproduk nie ‘n flop sal wees nie, en dat dit voor die einde van die eeu gereed sal wees om te publiseer! En is daar ooit iemand wat ‘n kopie wil he? Sommige van julle het wel so gese. Julle kan my gerus laat weet, en ek sal julle almal kontak met prys ens sodra ek weet. Ek hoop soo dis voor Kersfees!
hello hello!!!! het gewonder wat gaan aan! het al ‘n paar keer kom loer… sterkte met die boek, jy weet mos ek stel belang!!
Hello, Toortsie, ag hoe bly is ek om ‘n stemmetjie hier te hoor!
Sterkte met al die werk. Dink net as die boek op die rak is moet jy dalk rondtoer en boeke teken.
Sjoe, ek is nog nie daar nie. Ek weet wel ek moet baie hard werk as ek wil he iemand moet dit koop. Ek het voorheen ‘n kinderboekie( aktiwiteitsboekie so uitgegee). Hoop maar net ek kry kostes gedek,.
ek dink ek onthou daardie boekie…. my kinders het dit gehad!
Wou maar net ‘n slaggie kom hello sê. As jy soms bietjie afvat van die boek, kom draai maar by ons! ons verlang na jou
Ek’s amper terug. Maar sonder die vooraf geskryfe boekbriefies gaan dit moeilik wees om elke dag iets te post. Maar toemaar- ek dink!!!!
Hello . Ek kyk nou rond want ek wil graag n boekkie skryf maar dit blyk baie ingewikeld te wees . waar begin ek wat doe ek . Ek is nou na die lees van die boonste paragraaf meer deermekaar as n vekleurmanetjie op n warm smartie kartonnetjie . A jy dalk weer eendag kom inloer laat asb nog wenke . baie dankie jy het n pragtige web werf.
Hallo Victor, welkom by my blog! Lees gerus ook die blog : skrywerontwikkeling by wordpress asook: karin writes dangerously ( wordpress) dit is blogs spesifiek oor skryf. Dan is dit ook blykbvaar ‘n goeie idee om die uitgewers te nader en en uit te vind ewat hulle graag wil he. Ek het my boekie self uitgegee en het dus met al die vrae gesit wat ek hierbo vra. As jy ‘n uitgewer het, doen hy al die praktiese goed. Sterkte met jou boek!
Ek wou graag by jou Maslow blog kommentaar lewer, sê dat ons mos maar almal soms op en af klim. EN weer op, en weer af.
Sterkte met die boek.
Ek wou ook by jou Sondagaand blog kommentaar lewer. Net om te sê dis nou woorde wat jy in die wind gestrooi het, wat by my aanklank vind! Ek verstaan so goed.
Ek wonder hoekom kon ek nie daar kommentaar lewer nie? Is nog nuut op WP.
Hallo Maankind en Annemari, dankie vir julle kommentaar! op een of ander manier hier die regmerkie by”allow comments” verdwyn by die maslov blog. ek het dit nou teruggesit en mens kan weer daar kommentaar lewer! ek weet nou net nie hoe om hierdie kommentaarsoontoe te skuif nie, maar sal probeer!