Vriendskap met n seekat- resensie van ‘n ongewone dokumentere fliek

Ons het gisteraand na hierdie splinternuwe dokumenter op Netflix gekyk. Dit is die ware verhaal van die buitengewone vriendskap van Craig Voster en ‘n seekat.

Saam met verteller Craig Voster kry ‘n mens die kans om’n besoek af te lê in ‘n wonderwereld reg hier by ons voete- by Valsbaai, om presies te wees.

Craig neem ons na “the enchanted forest.” En daar leer ons ‘n alien ken – ‘n wese anders as alle ander wesens op aarde. En ‘n mens kan nie help om vir haar lief te raak nie.

Wow! Wat ‘n pragtige film. Nie net is die fotografie pragtig nie, en nie net leer ‘n mens baie van hierdie uitsonderlik intelligente dier nie, maar jy leer haar persoonlik ken, jy raak betrokke! Wie het nou gedink n seekat het persoonlikheid?

Ek kan hierdie uitsonderlike film aanbeveel vir oud en jonk. Ek kan net hoop dat hulle eendag vir hom die Oskar sal gee wat hy verdien.

Hieronder is n voorskou, maar dis die hele fliek met sy interessante wendings wat n mens betower.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

12 Responses to Vriendskap met n seekat- resensie van ‘n ongewone dokumentere fliek

  1. Ek gaan beslis kyk. As ek nie hier mag nie, gaan ek tuis soek.

  2. Una sê:

    Ek is van plan om hierdie naweek daarna te kyk, het dit in die week raakgesien.

  3. Dit lyk inderdaad interessant Seegogga, ek sal sommer vanaand nog gaan kyk. My man het baie daar visgevang in die diepsee en ek is seker hy gaan baie hiervan hou.

  4. Kameel sê:

    Dankie, sal daarna kyk.

  5. Kameel sê:

    Dankie seegogga, het dit saam my man gekyk en baie geniet.

Laat 'n boodskap na HesterLeyNel Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s